Baie dankie aan almal wat reeds by die skool se WhatsApp Community en relevante groepe aangesluit het. Indien jy nog nie die skakel na die Community gekry het nie, stuur gerus vir Suzaan ‘n boodskap (suzaan@jvrprim.co.za OF 067 435 4050) Neem asb. kennis van die volgende:

  • Ons gaan ouderdomsgroepe vir sportsoorte skep.
    • Die groepe gaan oop wees vir tweerigtingkommunikasie.
    • Die sportvorms wat ouers moet invul om aan te dui of hul kind(ers) aan ‘n wedstryd gaan deelneem, sal op die hoofgroep van die betrokke sport gestuur word.
    • Enige vervoerreëlings wat tussen ouers en onderwysers getref moet word of vrae van ouers kan op die ouderdomsgroepe vir die sport gekommunikeer word.
    • Moet asb. nie onnodige boodskappe hierop stuur nie. Slegs kommunikasie wat relevant is tot die betrokke groep sal toegelaat word. Indien ouers versuim om hierdie reël na te kom, sal hulle tydelik van die groep verwyder word.
  • Daar is ook klasgroepe vir graad 5 – 7 geskep. Sluit asb. so gou moontlik hierby aan.
  • Indien jy ‘n vraag het, gaan asb. na die relevante WhatsApp-groep en kliek op die groepnaam om die inligting te sien. Stuur gerus ‘n persoonlike boodskap vir die onderwyser wat ‘n admin op die groep is (e-pos of WhatsApp). Ons gaan vinniger kan antwoord as die boodskap dadelik by die regte persoon uitkom.