Karu Rademeyer en Sophia Derksen (gr. 7) het in Oktober verlede jaar die Suid-Afrikaanse Spraak- en Dramakollege se nasionale Mondelinge Kommunikasie-eksamen afgelê en die uitslae is vandeesweek ontvang.

Dié twee Jannies het reeds vanaf Januarie 2023 tydens ’n weeklikse les vir hierdie praktiese eksamen begin voorberei en dit saam met die junior dramagroep van die Hoërskool Jan van Riebeeck afgelê.

Die vlak waarop hul ingeskyf is, Intermediêr Graad 1 (Sophia) en Intermediêr Graad 2 (Karu), is dus reeds op die gr. 8 & 9-hoërskoolleerders se vlak.

Die eksamen behels ’n program wat elke leerder aanbied en die volgende insluit: ’n voorbereide demonstrasie of praatjie oor ’n interessante onderwerp, die voorlees en bespreking van ’n boek, improvisasie-standpunt of groepverhaalkuns, vrae en besprekings oor die aanbieding en dan het die onderskeie groepe ’n 20 minute-dramaprogram met ’n spesifieke tema aangebied.

Baie geluk aan die Jannies met puik uitslae behaal:

Sophia Derksen – Intermediêr Graad 1 – 91%
Karu Rademeyer – Intermediêr Graad 2 – 89%