Terugvoer: Oueropleiding met Carla de Beer en selfoonbeleid
Ons was so bevoorreg om Dinsdag, 22 Oktober, in die geselskap van die kundige op sosiale media gebied te kon wees. Carla de Beer het omtrent baie inligting en kennis aan ons oorgedra. Soos sy belowe het, plaas ons die wenke en inligting soos sy aan ons gestuur het hier. Ons skool het die nodige maatreëls in plek. Gaan lees gerus die slimfoon en -horlosie gebruiksbeleid vir leerders deur. Slimfoon en -horlosie gebruiksbeleid vir leerders Volgens departementele riglyne moet alle leerders se selfone tydens skoolure en op die skoolterrein (skoolgronde) afgeskakel wees. Leerders bring hul selfone op eie risiko skool toe en die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlies of beskadiging daarvan nie. Leerders moet soggens sodra die eerste periode begin hul fone by hul registeronderwyser inhandig sodat die onderwyser die selfone in die klas se kluis kan bewaar totdat die skooldag verby is. Geen oproepe/boodskappe mag tydens klastyd of op die skoolterrein ontvang of gemaak word nie. Indien daar ‘n krisis ontstaan, sal leerders wel toestemming ontvang om hul ouers te kontak, maar dan moet die oproep in die teenwoordigheid van die onderwyser (bv. net buite die klaskamer, in die gang) gemaak word. Indien leerders wel ‘n dringende oproep aan hul ouers wil of moet maak, gaan gerus na ontvangs om die skool se telefoon te gebruik. Indien leerders hul selfone...
Lees Verder