Skrywer: Megan Zondagh

Swemgala: 7 Februarie 2025

Neem asseblief kennis dat ons jaarlikse Senior-Kleur Swemgala (Graad 4-7) volgende week Vrydag, 7 Februarie 2025, plaasvind. Dit is belangrik dat jou kind deelneem indien hy/sy vir die skoolswemspan wil swem. Motiveer asseblief jou kind/kinders om deel te neem. Die program sal op Whatsapp uitgestuur word. Groete,...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 31 Januarie 2025

Ek glo dat julle ook verbaas is dat vandag die laaste dag van Januarie is. Vir my voel dit asof die nuwe jaar skaars afgeskop het en môre moet ons vir Februarie welkom heet. Weet nie of dit iets met ouer word te doen het nie, maar tyd vlieg. Tyd het ‘n magiese kwaliteit, veral as ‘n mens met ‘n lekker taak of projek besig is. Geniet dus wat jy doen. Dit is presies waar ek as skoolhoof my tans bevind – ek geniet elke oomblik by die skool terdeë. Wat ‘n voorreg om deel van ‘n omgee-skoolgemeenskap te...

Lees Verder

Mobile Music Academy: Marimba Lesse

Mobile Music Academy bied op Woensdae, 16h00 – 16h30, marimba lesse in groepsverband in ons skoolsaal aan. Dit is ’n wonderlike geleentheid om deel van ’n unieke ervaring te wees, en jou musiek vaardighede in die proses te slyp. Kliek hier om die demonstraie te...

Lees Verder

Senior Koorkamp en Piekniek: 7 & 8 Februarie 2025

  Dit is weer tyd vir ons senior koor se jaarlikse koorkamp, en ons kan nie wag vir hierdie heerlike naweek van saam sing en musiek maak nie! Waar: LJvR Skoolsaal Tyd: Vrydag, 7 Februarie: 14h30 – 17h30 Saterdag, 8 Februarie: 08h00 – 13h30 Kleredrag: Informeel en gemaklik. Leerders slaap nie oor by die skool nie, maar gaan huistoe na afloop van die oefening. Kos: Ons vra dat elke ouer asseblief middagete en ‘n peuselhappie vir jou kind sal inpak vir Vrydag, 7 Februarie. Saterdagoggend begin ons stiptelik om 08h00, en ons sal vir die leerders tye gee om te ontspan tussen ons oefensessies. Ons sal 09h45 lekker vars waatlemoen vir die koorlede gereed hê, en teen 12h00 kry elkeen ‘n heerlike boereworsrolletjie. Pak gerus nog peuselhappies in! Maak seker jou kind bring genoeg water om gedurende die oefensessies te drink. Die snoepie is nie oop nie, en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat tydens die kooroefening of pouses nie. Piekniek: Vrydag, 7 Februarie: 17h30 – 18h30 Ons nooi alle senior koor-families uit om Vrydagaand na afloop van ons eerste oefensessie, saam te kom kuier op die skool se sportvelde. Bring ‘n lekker piekniekmandjie en iets om te drink! Ons is seker die kinders sal dit ook geniet om hulle dag op hierdie manier af te sluit. Sien julle daar! Ons vra ook dat alle...

Lees Verder

Ouer-kind Sportdag: Saterdag, 25 Januarie

Liewe Ouers, Baie dankie dat julle vir ons jaarlikse Ouer-Kind Sportdag ingeskryf het! Neem asseblief kennis dat die dag om 08:30 sal begin en rondom 12:00 sal eindig. Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees, asook boereworsrolle en pannekoeke te koop wees. Ons nooi julle uit om ons plaaslike verskaffers te ondersteun. Ons het ons bes gedoen om alle spanne soveel as moontlik speeltyd te gee, en ons vra vriendelik dat alle spanne teen 08:30 teenwoordig sal wees, sodat ons die program kan volg wat môreoggend aangekondig sal word. Trek asseblief gemaklik aan en let daarop dat daar geen toks toegelaat word nie. Alle nodige toerusting sal voorsien word. Ons sien uit daarna om almal te huisves en ‘n wonderlike dag saam te geniet! Sien almal môre! Groete,...

Lees Verder

Verlore goedere: Nuwe Reëlings

Daar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly ‘n onnodige kopseer vir Jannies. As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om. Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings. Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word? Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer ‘n week aan leerders uitgedeel word. Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees. Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek. Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees.  Goedere wat na ‘n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word.  Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik...

Lees Verder

Ballet vir Dogters en Seuns

Ons is opgewonde om met julle te deel dat ons balletprogram vinnig vol raak! Ons moedig julle aan om jul kind so gou moontlik in te skryf, aangesien daar beperkte plekke beskikbaar is. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop vir jou kind om deel van ons balletprogram te wees...

Lees Verder

Marimba Club

Marimba Club is ‘n opwindende nuwe buitemuurse musiekaktiwiteit by ons skool. Hierdie program bied leerders die kans om marimba te speel, wat musikale vaardighede, spanwerk en kreatiwiteit bevorder. Dit is ‘n vrolike manier om musiektalente te ontwikkel en deel te wees van ‘n dinamiese groep. Ons nooi alle leerders uit om deel te neem en hierdie ervaring te geniet! Kliek HIER om die demonstrasie te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 24 Januarie 2025

Ek is baie opgewonde om die jaar saam met julle af te skop. Alle skoolaktiwiteite is met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang en alles loop klopdisselboom. Op Maandag, 20 Januarie 2025, het die buitemuurseprogram amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde oor die deelname van leerders aan die verskillende somersportkodes. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 21 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het: Rudi Badenhorst Jack Dawes Abigail Fourie Ben Esterhuyse Gusto Hoogendyk Nils le Roux Elisabet Marais Johannes Mouton Dané Olivier Vincent Oosthuizen Stella Pansegrouw Katryn Silvis Amelie van der Walt Annalene Viljoen Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkies te behartig. My beste wense vergesel die 2025 leerderraad vir die belangrike rol wat hulle vanjaar as leerderleiers by ons skool gaan speel. Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Donderdag, 23 Januarie 2025, bygewoon het, hartlik bedank. Al was daar elders musiekopvoerings, was dit werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil...

Lees Verder

Bekendstellingsfunksie Kosbestellings: Do, 23 Januarie 2025

Donderdagaand, 23 Januarie, is ons Bekendstellingsfunksie by die laerskool. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan kroeg beskikbaar wees. Kies asseblief uit die volgende ete opsies. Bestellings moet teen Maandagmiddag, 20 Januarie op Karri geplaas word.  Karringmelk gebraaide hoenderburger en tjips – R150 180g Beesvleisburger met roket, tamatie, cheddar en tjips – R165 Salmon “poke bowl” met avokado, julienne groente, gepekelde gemmer en Japanese mayonnaise – R175 Groente burger en tjips –...

Lees Verder

Jan Kas: Meer inligting

Aan al ons nuwe Jannies, baie welkom by ons! Jan Kas is Laerskool Jan van Riebeeck se klerewinkel.   Waar kan jy ons kry? Die Jan Kas Winkel > 52 Kloofstraat se ingang > Volg die oprit en gaan af by die trappe aan jou regterkant > Die winkel sit links op die hoek Aanlyn Winkel Ons het ook ‘n aanlynwinkel waar jy enige tyd van die dag ‘n bestelling kan plaas. Ons laai jou pakkie dan sommer by jou kind se klas af.  Maak asseblief seker dat jy jou kind se graad en klas by die notas invul,...

Lees Verder

 Geagte Ouers / Voogde  – 17 Januarie 2025

‘n Hartlike welkom terug by ons geliefde skool. Groot opwinding het geheers saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 17 Januarie 2025, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie. Selfs ‘n ligte reënbui vroegoggend voor skool kon nie die opwinding demp nie en vanaf 07:00 het ‘n asemrowende reënboog sy stille verskyning oor Seinheuwel en Leeukop gemaak om amper simbolies ons leerders terug by die skool te verwelkom. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons...

Lees Verder