Skrywer: Megan Zondagh

Junior en Senior Kooroptrede: Hs JvR Reünie Kultuurkonsert

Ons junior- en seniorkore tree binnekort op by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Reünie Kultuurkonsert. Hier volg die besonderhede: Datum en Tyd: 8 Mei om 18:30. Koorlede moet asseblief teen 18:15 by Hoërskool Jan van Riebeeck aanmeld. Die junior- en seniorkore sal na afsonderlike klaskamers geneem word, waar hulle sal opwarm en wag vir hul beurt om op te tree. Die konsert behoort teen die uiterste teen 20:30 klaar te wees. Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck Kleredrag: Formele somer skooldrag Die konsert is gratis, en ons nooi almal hartlik uit om dit by te woon en die musiek saam met ons te geniet. Kontak gerus vir Juffrou Rolene met enige verdere navrae....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 25 April 2025

Ek glo dat almal ‘n heerlike en geseënde tyd saam met familie en vriende oor die afgelope Paasnaweek geniet het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die Paasnaweek, veral gegewe die feit dat die paaie gedurende dié tyd van die jaar buitengewoon besig is en tragies genoeg dikwels kosbare lewens eis as gevolg van motorongelukke. Ek wil graag vir Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ bedank wat verlede week op Donderdag, 17 April, vir die Grondslagfase-leerders paaseiers kom uitdeel het. Ons graad 1-leerders was in ekstase om die sogenaamde Paashase in ‘lewende lywe’ te ontmoet en vir hulle drukkies te kon gee. Baie dankie aan die leerderraad van die hoërskool vir die wonderlike bederf – ons waardeer dit opreg! Neem asseblief kennis dat volgende week (Week 4: 28 April – 2 Mei) ‘n volledige week van skoolvakansie is. Hierdie welkome blaaskans sluit twee openbare vakansiedae en drie skoolvakansiedae in. Dit is belangrik dat ons nie die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Op 27 April vier ons jaarliks Vryheidsdag in Suid-Afrika – ‘n baie belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is ‘n geleentheid om ons leerders bewus te maak van die waarde van hierdie dag. Vryheidsdag is ingestel om die eerste post-apartheidverkiesings te herdenk – ‘n mylpaal op 27 April 1994, toe alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18, ongeag ras,...

Lees Verder

 Geagte Ouers / Voogde – 17 April 2025

Ons Kaperjolle het darem nét sy eie sjarme en nie eens gure weer kon op die dag die kosbare samesyn van ons skoolgemeenskap demper nie. Die heerlike kuier en samesyn is nog steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 12 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se sosiale kalender, veral vir ons leerders. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en hulle glad nie aan die reënbuie gesteur nie. Volgens die leerders was die besoek aan die spookhuis die gewildste aktiwiteit om te doen. Nie eers ’n skrikwekkende foto van die skoolhoof of gerugte dat spoke in die gange rondloop, het die leerders afgeskrik nie. Volgens die leerders was my ‘gedramatiseerder’ foto blykbaar nie vreesaanjaend genoeg nie en daarom was hulle dus nie bang nie. Leerders het in lang rye tougestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ’n kans is dat ’n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Ek glo dat die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog, ons leerders en selfs volwassenes, fasineer. Baie geluk en ook groot dankie aan ons ouers wat die smaaklikste disse by hul onderskeie stalletjies opgedis het vir ieder en elk om te proe. Die fraai versierde kosstalletjies het die geleentheid...

Lees Verder

Die Waterbuffel-Burgerfees: Terugvoer

Die Waterbuffel-Burgerfees, wat op 14 Maart by ons skool, Laerskool Jan van Riebeeck, plaasgevind het, was ’n groot sukses! Ons is deur Babylonstoren uitgedaag om ’n hele waterbuffel – in die vorm van ’n burger-marathon oor twee dae – aan te pak. Met die beste bestanddele, ruimlik deur hulle geskenk, is ons taak aansienlik vergemaklik. Hier volg ’n paar statistieke: Ongeveer 1 800 patties is ontvang. Oor twee dae het ons altesaam 1 500 frikkadelbroodjies gaar gemaak – waarvan ons onder andere die magies van ons buurskool, Prestwich Primary, gevul het, en 1 000 in ons gemeenskap verkoop het. Helpende hande het ingesluit: 80 ouers wat brood gesny en gesmeer het 40 kinders wat die frikkadelbroodjies gebou het 25 braaiers Die gemeenskap van LJvR het heerlik gesmul, en die oorblywende 300 patties is vinnig opgeraap. Die bolletjies wat nie gebruik is nie, is aan Kaapstad Kinderhuis geskenk. Die samesyn was wonderlik, en die vure het reeds van 16:00 af hoog gebrand. Met lekker musiek in die agtergrond is die feesmaal in volle gees geniet. Nie net was dit ’n heerlike middag nie – ons het ook R34 860 se profyt vir die skool gemaak! OOV-groete, Susan...

Lees Verder

Christiaan Cronje presteer in stoei

Ons is ongelooflik trots op Christiaan Cronje (Freestyle, FS-O/10) wat ’n goue medalje gewen het! Nie net het hy homself met groot waardigheid op die mat gedra nie, maar die afrigters en spanbestuurders het hom ook aangewys as Parow se Junior Stoeier van die Toernooi. Welgedaan, Christiaan – jy is ’n...

Lees Verder

Jannies Talent Inskrywings

Het jy ’n talent wat jy graag met ons wil deel? Skryf in vir Jannies Talent! Oudisies vind ná skool plaas van 28 tot 31 Julie. Gedurende hierdie tyd sal die finaliste gekies word wat dan op 25 September tydens die Jannies Talentkonsert sal optree. Onpartydige beoordelaars sal tydens die Jannies Talentkonsert aanwesig wees om die top drie finaliste te kies en pryse te oorhandig. Dit beloof om ’n asemrowende aand en ’n spoggeleentheid te wees — ons kan nie wag om ons talentvolle Jannies se harde werk en toewyding op hiérdie manier te vier nie! Skryf gerus in deur die volgende skakel te volg: https://forms.office.com/r/JYp5GEvefs?origin=lprLink Inskrywings sluit op die laaste dag van Kwartaal 2, 27 Junie. Kontak gerus vir Juf. Rolene vir meer inligting: ????...

Lees Verder

Ons verwelkom ‘n nuwe Jannie

Dit is vir ons ’n voorreg om ’n nuwe personeellid, Me. Sue-Ann Bouw, aan u voor te stel en by ons skool te verwelkom. Sue-Ann het op 7 April by ons aangesluit in die rol van Skoolondersteuningsassistent, waar sy hoofsaaklik in Jan Kas werksaam is. Sy is oorspronklik van Knysna en het in 2021 Kaap toe getrek. Sedertdien het sy by Takealot in verskeie poste gewerk – van aanlynmode tot in die kliëntediensafdeling. Sue-Ann bring sterk administratiewe en organisatoriese vaardighede na ons skool se administratiewe span. Ouers/voogde en leerders sal haar vriendelike gesig in Jan Kas en in die administrasieblok sien. Baie welkom, Sue-Ann! Ons vertrou dat jy baie gelukkig by ons gaan...

Lees Verder

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid skep vir ouers/voogde om hul kind(ers) se musiekonderwyser/s te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om te gesels oor jou kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag wil bespreek. Ons nooi daarom alle musiekouers uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende Kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die spesifieke lestyd en -datum, wat jóu die beste pas, te bevestig sodat die nodige voorbereiding vir die ontmoeting getref kan word. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie. Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van Kwartaal 2 hier te sien. Ek lys die musiekonderwysers se kontakbesonderhede: Rolene van Zyl rolene@jvrprim.co.za Ben Reynecke ben@jvrprim.co.za Larah Eksteen info@larah.co.za Shannon Cook shannonsjb@gmail.com Paul Richard paulrichard07041986@gmail.com Brent January brentjanuary1305@gmail.com Estelle Slabber eeslabber@gmail.com Helecia Groenewald helecia@gmail.com Pieter Bezuidenhout bezuidenhoutpl@gmail.com Lily van der Merwe...

Lees Verder

Jannies neem deel – Interprovinsiale Toernooi vir Aksienetbal

Anouk en Stella het tydens die vakansie lekker deelgeneem aan die 2025 Interprovinsiale Toernooi vir aksienetbal. Daar was 12 spanne. Anouk het vir die o.12B-span gespeel, wat 4de geëindig het, en Stella vir die o.13A-span, wat 9de geëindig het. Die toernooi het oor vyf dae gestrek, en die meisies het die Western Cape Coastal-distrik verteenwoordig. Daar was ook ’n paar oud-Jannies in die o.14A-span: Emma Snijders en Karu Rademeyer, wat 1ste geëindig het, en Jana Oosthuizen en Hila Herzog in die o.14B-span, wat 3de geëindig...

Lees Verder

Wêreldboekedagkompetisie – Woensdag, 23 April 2025

Beste Ouers, Ons is opgewonde om Wêreldboekedag op Woensdag, 23 April 2025 te vier! Ter viering gaan ons ’n prettige kompetisie hou waar leerders uitgenooi word om skool toe te kom in die uitrusting van hul gunstelingboekkarakter.   Daar sal ’n prys in elke graad wees vir die leerder met die mees kreatiewe uitrusting, so ons moedig almal aan om hul verbeelding te gebruik en pret te hê! Ons sien uit daarna om al die wonderlike karakters op die dag te sien. Vriendelike groete, Juf Marecia...

Lees Verder

Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza – 2026

Die jaarlikse Ouer-Kind Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Groep van 80 sterk JVR-Jannies en ouers het die vierdag-toer met groot entoesiasme aangedurf. As julle hou van kamp en saam met jou kind ’n onvergeetlike avontuur wil aanpak, dan daag ek die Graad 6-ouers van 2024 uit om die datum vir volgende jaar reeds in die dagboek te plaas: 26 – 31 Maart 2026. Let wel dat hierdie jaarlikse toer direk met Felix Unite in Namibië deur die Jannie-ouers gereël word. Ek stel voor dat iemand wat reeds roomys langs die rivier geëet het in vorige jare, die huidige Graad 6-span verteenwoordig vir ’n paar reëlings. Ons deel graag ons ondervinding van hierdie en vorige jare, en ek sal sekerlik weer rasieleier wees vir die 2030-Graad 7’s! As jy jou hand wil opsteek vir volgende jaar se reëlings, kontak my gerus. Rudi Barnard (rudi.barnard@gmail.com / +27 72 555...

Lees Verder

Oud-Jannie kry SA-klere

Graag gee ons erkenning aan een van ons oud-Jannes, naamlik Christiaan Boshoff, wat onlangs sy SA-klere vir “bass”-hengel verwerf het. Die kompetisie het in Witbank onder gure weersomstandighede plaasgevind. Christiaan is tans ‘n matriekleerling by Paul Roos Gimnasium, en ons is saam met sy ouers, Louis en Esna, baie trots op sy merkwaardige...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 11 April 2025

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die kort, maar welverdiende ruskansie terdeë geniet het en kosbare tyd saam met familie en vriende spandeer het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral die gr.7’s en hul ouers/voogde wat aan die jaarlikse Oranjeriviertoer deelgeneem het. Baie dankie aan Rudi Barnard en Louis Boshoff wat aan stuur van die suksesvolle roeiroete gestaan het. Die jaarlikse Ouer/Kind-Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Gemotiveerde JvR-groep (Jannies en hul ouers) wat uit 80 lede bestaan het die 4-dagtoer met groot entoesiasme aangedurf. Sommige van die leerders het maar liggeloop vir die “Entrance Exam” en soos altyd, het die “Sjambok” sy pond vleis geëis met menige kano’s wat sonder ‘n kaptein of ‘enjin’ die stroomversnelling uitgedaag het. Graad 6-leerders en hul ouers maak gerus ‘n plan om volgende jaar aan die onvergeetlike avontuur deel te neem. Die skool het skaars begin en soos ‘n goed ge-oliede masjien is ons skoolaktiwiteite sommer vanaf dag 1 weer goed opdreef met die akademie, wintersport buitemuurse program, musiekklasse en kooroefeninge wat op dag 1 van die nuwe kwartaal met baie opwinding afgeskop het. Sportwedstryde vir rugby, netbal en hokkie skop ook die week af en ons leerders is baie opgewonde om aan wintersportwedstryde deel te neem. April 2025 met al die openbare vakansiedae bied nogal ‘n...

Lees Verder