Boeliegedrag (Deel 3)
Waarom het ons besluit om weekliks inligting rakende boelie in die nuusbrief te plaas? Neem asseblief kennis dat ons die boeliegesprekke weekliks publiseer aangesien ons besef het dat ouers/voogde somtyds oor boelie wonder, verward is oor presies wat boelie is vs. gedrag-/dissipline uitdagings en sommer ook net om kundige inligting op ‘n praktiese manier te deel. Ons is bederf met ‘n opvoedkundige sielkundige wat haar kennis graag met ons skoolgemeenskap deel. Boeliegesprek nr.3 Wat kan ek as ouer doen om my kind meer weerbaar teen boeliegedrag te maak? Wat kan ek binne hulle leefwêreld beheer en wat nie? Wat kan ék doen om my kind te beskerm teen seerkry en struikelblokke? In hoe ‘n mate kan ék besluit wat ek wil toelaat wat van die wêreld se kant op my kind gelaai en soms “gegooi” word wat my kind potensieel emosioneel kan laat struikel? Ongelukkig is daar nie ‘n kitsoplossing nie. Al wat jy as ouer in sekere situasies régtig kan beheer, is om jou kind se emosionele weerbaarheid te ontwikkel; om lewensvaardighede aan te leer wat hulle vir die res van hulle lewe kan toepas in watter situasie hulle ookal mag wees. En om dáár te wees sodat hulle nie alleen voel en broei rondom sekere emosies en vrae wat hulle verwar of trauma mag veroorsaak nie. Waar begin ‘n mens as ‘n ouer? ‘n Goeie vertrekpunt...
Lees Verder