Skrywer: Megan Zondagh

SENIOR KOOR: Maart Oefenkampe

Daar lê twee oefenkampe vir die senior koor voor, waartydens ons gaan fokus op die finale afronding van die musiek vir die Mzanzi Conductors Convention. Waar: LJvR Skoolsaal Saterdag, 1 Maart: Tyd:  08h00 – 13h30 Kleredrag: Informeel en gemaklik. Kos: Ons vra dat elke ouer asseblief middagete, ‘n peuselhappie en water vir jou kind sal inpak. Ons begin stiptelik om 08h00 – ons sal vir die leeders tye gee om te ontspan en iets te eet tussen ons oefensessies. Donderdag, 6 Maart: 07h45 – 08h45 (Gewone oefentyd) 14h00 – 17h00 (Geen sport of buitemuurse aktiwiteite vir koorlede op hierdie middag nie). Ons sal 14h30 vir die leerders middagete voorsien. Pak asseblief peuselhappies en water in vir die res van die middag. Neem asseblief kennis van die volgende: Alle leerders moet stiptelik na afloop van die oefenkampe opgetel word. Die agterste hek sal oop wees vir gebruik. Maak seker jou kind bring genoeg water om gedurende die oefensessies te drink. Die snoepie is nie oop nie, en geen kind sal toegelaat word om die skoolgronde te verlaat tydens die kooroefening of pouses nie. Laat weet asseblief indien jou kind nie ‘n oefenkamp kan bywoon nie – ons kan nie ‘n koorlid by die MCC laat optree as hy/sy ‘n oefenkamp mis en die ouer nie verskoning gemaak het nie. Ons hoop om alle koorlede teenwoordig te hê. Ons sien uit...

Lees Verder

Dapperstappers en Welwillendheid smelt saam!

Kom geniet ‘n vroegoggend-stappie op Melkbos se strand en help ons om die strand skoon te maak. Wat moet jy saambring: ‘n Waterbottel en peuselhappie Gemaklike klere en sonroom Ons voorsien die sakke en handskoene (vir die opruim). Sien julle Saterdag, 1 Maart om 07:30 by...

Lees Verder

 Geagte Ouers / Voogde  – 14 Februarie 2025

Dit is nie aldag dat die nuusbrief op ‘n Valentynsdag gepubliseer word nie. Vandag word Valentynsdag wêreldwyd gevier waar mense die geleentheid gebruik om die liefde te vier. Verseker sien sommige mense Valentynsdag as ‘n kommersiële foefie en ‘n geldmaakspul, maar tog word hierdie gewilde dag geassosieer met die stuur van kaartjies, geskenke en blomme aan ‘n geliefde. Volgens nuttelose statistieke het die Amerikaners in 2023 meer as $26 miljard aan Valentynsdag spandeer. Dalk gaan President Trump hiervoor ook ‘n stokkie steek. Vandag vier ons egter as leerders en personeel saam die liefde en omgee vir mekaar en trek ons tradisioneel ‘iets’ rooi, pienk en/of wit aan. Op ‘n manier sluit die Valentynsvieringe by een van ons kernwaardes, naamlik OMGEE, aan. Ons kinders word groot in ‘n era en ‘n wêreld waar alles resultaatgedrewe en materialisties van aard is. Ons vergeet dat ons kosbaarste kommoditeit nie in die bank lê nie en dat liefde alle kwaad oorwin. Die leerders kan verseker ook nie vir die gewilde Valentynsdagverkope wat tydens eerste pouse plaasvind, wag nie. Baie dankie aan al ons ouers/voogde vir al die wonderlike Valentynsdagitems wat te koop is. Ek hoop en vertrou dat julle ook op hierdie Valentynsdag tot in die afgrond bederf sal word, julle jul geliefdes sal bederf en mag ons nooit die krag van liefde en vergifnis onderskat nie. Daar is vandag ontelbare mense in...

Lees Verder

Interskole Atletiekbyeenkoms: Program

Dinsdag, 18 Februarie, neem 62 van ons atlete deel aan die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Dit vind plaas by die sportvelde van Hoërskool Jan van Riebeeck. Alle atlete moet die skool se atletiekdrag dra: die oranje JvR-hemp met sportbroek/-romp. Alle atlete moet om 07:45 op die pawiljoen aanmeld by meneer Rashard. Die dag begin stiptelik om 08:30 en sal ongeveer om 14:30 klaar wees. Atlete wat moet teruggaan skool toe, sal na afloop van die byeenkoms terug skool toe gebring word. Sien die volledige program hier onder: Interskole -...

Lees Verder

Kwartaal 1 Musiekkonserte

Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Sien asseblief die datums vir elke graadgroep. Spesifieke tydsgleuwe sal nader aan die tyd bekend gemaak word. Graad 6: Donderdag, 20 Maart Graad 2,3,7: Maandag, 24 Maart Graad 4,5: Woensdag, 26 Maart Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van...

Lees Verder

Op soek na rygeleentheid

Ons is opsoek na ‘n rygeleentheid soggens vanaf Kaapstad na Stellenbosch, en smiddae terug, vir (enige) 3 dae per week teen vergoeding. Dit word benodig vanaf  1 Maart 2025 vir ‘n werkende jong persoon. Kontakpersoon: Adri by...

Lees Verder

HS JvR Opedag, 18 Februarie 2025

Ons wil julle graag uitnooi na ons hoërskool se opedag! Bring julle kinders saam en kom kyk wat ons alles het om te bied. Dit is ‘n uitstekende geleentheid om meer te leer oor ons skool en om enige vrae wat julle mag hê, beantwoord te kry. Datum: Dinsdag,18 Februarie 2025 Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck, Klooftsraat 129, Kaapstad Tyd: 16:30 begin koshuisetoere; 18:00 Inligtingsessie by die skool Registreer asb. vooraf vir die sessie by die volgende skakel: https://forms.gle/yZA91vANXyXobcUW7  Baie dankie vir julle samewerking en ons sien uit daarna om julle daar te sien!...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 05 Februarie 2025

Ek vertrou dat week 4 van die akademiese jaar vir julle vreugde gebring het en min uitdagings. In my nuusbrief van verlede week het ek kortliks na die konsep van tyd verwys en hoe vinnig dit verby snel. Dit het my verder laat dink dat in vandag se moderne, gejaagde lewe, dit vir ouers/voogde moeilik moet wees om al die balle in die lug te hou en dan boonop tyd te maak vir hul kinders, lewensmaat en hulself. Die beste belegging wat jy in jou kind se toekoms kan maak, is om tyd vir jou kind/ers te maak. Dit gee dikwels jou kind/ers die geleentheid om dieper gesprekke te voer, indien hulle dit nodig sou vind, wat tot sterker bande lei. Ek weet dat ons almal net die beste vir ons kinders wil hê, maar dikwels val ons in die strik dat ons deur ons eie oë en ervarings na ons kinders se probleme en uitdagings kyk en vergeet dat kindwees vandag nie meer dieselfde is as toe ons op skool was nie. Die ondersteuning wat kinders vandag by ons skool kry, is ook heelwat beter as toe ons op skool was. Ek dink ook dat ons baie versigtig moet wees om kritiek teenoor onsself en ons kinders uit te spreek sonder nadenke. Dit mag dalk net die vrymoedigheid van ‘n oop verhouding kelder. Ek glo dat doeltreffende kommunikasie...

Lees Verder

Interskole atletiekbyeenkoms skuif na 18 Februarie

Neem asb. kennis dat ons jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms skuif vanaf 11 Februarie na 18 Februarie. Dit vind nog steeds by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaas met 62 van ons atlete wat op die dag deelneem en dit beloof om ‘n heerlike byeenkoms te wees. Die volledige program sal Maandag op die webtuiste gepubliseer word en via WhatsApp uitgestuur...

Lees Verder

Fotodag: Maandag, 10 Februarie 2025

Maandag, 10 Februarie, is klas en individuele fotodag. Leerders moet asb. netjies en volgens korrekte skooldrag skool toe kom. Sien hier onder ‘n herinnering aan die korrekte skooldrag vir leerders: Intersenfase (Graad 4 – 7) Dogters: Hempie met geruite rompie en/of netjiese donkerblou kortbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met wit sokkies Seuns: Hempie met netjiese, donkerblou kortbroek/khaki langbroek + kaalvoet/ donkerblou plakkies/swart skoolskoene met lang, donkerblou kouse met wit strepies Grondslagfase (Gr.1-3) Dogters:  Hempie (mouloos of moue) met skort of sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit sokkies Seuns: Hempie met sportbroekie + kaalvoet/ donkerblou plakkies/tekkies met wit...

Lees Verder

Liam se film, nou op Showmax!

Ons wil graag die opwindende nuus deel dat Liam Kruger se film, wat ook by die KykNet Silwerskermfees gewys is, nou beskikbaar is op Showmax! Ons is ongelooflik trots op hom en hoop dat hierdie prestasie as kultuur vir die skool gevier sal word. Liam het alreeds geweldig sukses behaal in die filmbedryf en is bevestig vir nog twee ander films en ‘n reeks saam met groot Afrikaanse akteurs. Welgedaan Liam! Ons is baie trots op...

Lees Verder

Motorplakkers: ‘n Vereiste vanaf 10 Februarie 2025

Die vereiste vir motorplakkers is ‘n nuwe instelling by die skool wat vanaf 10 Februarie 2025 in werking sal wees. Alle motors wat op die perseel kom, moet ‘n plakker in die motorvenster hê. Elke gesin sal twee motorplakkers ontvang. Indien jy ekstra plakkers benodig, kan jy dit via die Karri-app teen R10 ‘n plakker bestel. Die plakkers sal direk aan die leerders oorhandig...

Lees Verder

Skoolkalender skakels

Sluit aan by ons skoolkalender om op hoogte te bly van belangrike datums en gebeure by die skool. Graad 4-7 het hul eie take- en toetsrooster-kalenders, en ouers kan daarby inskakel om seker te maak hulle bly op hoogte. Vir meer inligting en om aan te sluit, besoek gerus die volgende skakel:...

Lees Verder

Waterbuffel Burgerfees: 14 Maart 2025

Liewe Ouers/Voogde Graag wil ek versoek dat julle van die volgende datum en geleentheid ‘n nota sal maak: Ons beplan om op Vrydag, 14 Maart 1 700 waterbuffel patties te braai. Dit word geskenk deur Babylonstoren en word tans as die gesondste rooivleis beskou. Burgers gaan @R40 elk verkoop word en bestellings sal binnekort op Karri-toep oopmaak. Julle sal ‘n keuse hê van ‘n wegneem-burger wat vanaf 14:00 by die skool opgetel word (“drive-through) of julle kan vanaf 16:00 dit agter by die skool by tafeltjies en musiek kom geniet terwyl bier en wyn te koop sal wees. Susan Derksen en haar OOV span hanteer die dag en hulle sal julle nog versoek om vanaf Vrydagoggend 06:30 te kom help met braai en verpakking. Ons beplan om 500 burgers vir ‘n behoeftige skool te skenk. Meer inligting volg binnekort. Stoor asb die datum van 14 Maart vir ‘n heerlike samesyn by die skool. Dit gaan Baie opwindend wees! Groetnis, Naas Beets |...

Lees Verder