Tyd staan beslis vir niemand stil nie, aangesien nóg ’n nuwe maand skielik sy verskyning op die kalender gemaak het. Die eerste semester van die jaar staan einde se kant toe, met die eksamen wat voor die deur staan en ’n welverdiende wintervakansie wat op ons wag. Die eksamens vir die graad 7’s het op Dinsdag, 3 Junie, met Wiskunde afgeskop. Die eksamenmoraal is goed, leerders is gemotiveerd en die eksamenprogram verloop klopdisselboom. Vandag begin die eksamens ook vir die graad 4- tot 6-leerders en dit eindig vir almal op Woensdag, 18 Junie. Die assesserings vir die graad 1- tot 3-leerders is ook die afgelope week afgehandel. Ek glo die grondslagfase-leerders is verlig en kan nou skaars wag vir die lekker wintervakansie. Graag wil ek die grondslagfasepersoneel komplimenteer en bedank vir hul toewyding — dat hulle selfs voor en ná die assesseringsessies hul leerders buitentoe geneem het om eers bietjie rond te hardloop en speletjies (soos leer om te huppel, kruiwastoot, ens.) in die vierkant te speel. Hierdie speletjies het beslis gehelp om die assesseringsangs te verlig. Die kinders het dit baie geniet en was sommer lekker jolig, wat gehelp het om die assesserings stresloos af te lê. Moderering van die grondslagfase se antwoordstelle geskied tans, voordat die finale punte vir die rapporte gefinaliseer word. Sportdae en –wedstryde vir die intersen-leerders (graad 4 – 7) vir hierdie kwartaal het...
Lees Verder