Geagte Ouers / Voogde – 12 September 2025
Ek glo dat almal die heerlike sonskynweer van die afgelope tyd geniet. Die warmer weer is so goed vir almal se gemoed en dit het net betyds gekom om die aanvang van ons somersportoefeninge te komplimenteer. Ons het skaars met nog ‘n suksesvolle wintersportseisoen afgesluit en ons skop sommer onmiddellik met die somersportprogram af. Ons leerders geniet werklik die sportaanbieding by ons skool en veral die spanformaat wat deur wintersporte gebied word. Die belangrikheid vir kinders om aan sport deel te neem en in die proses aktief te wees, hoef ek nie vir julle as ouers te verduidelik nie. Die belangrike lewenslesse wat sport bied, kan nie altyd tussen die vier mure van ‘n klaskamer geleer word nie. Ons werk sedert 2022 baie hard om die sport by ons skool te verbeter en meer geleenthede vir ons leerders te skep. Graag deel ek met julle ‘n bietjie wintersport-statistieke (hokkie, netbal & rugby) om die vooruitgang en ontwikkeling van sport by ons skool sedert 2022 te bevestig. Ons leerders het gedurende die 2025-wintersportseisoen (Kwartale 2 en 3) aan 897 wedstryde deelgeneem; dit sluit natuurlik liga-wedstryde, sportdae en toernooie in. Ek dink dit is merkwaardig en ‘n welverdiende kompliment aan die sportkantoor onder leiding van ons Hoof van Sport, mnr. Leon, wat weer vanjaar seker gemaak het dat ons Jannies voldoende wedstrydblootstelling en goeie afrigting ontvang. Sien gerus hier onder die...
Lees Verder