Skrywer: Megan Zondagh

Ouerbesoeke: 15 & 22 April 2025

Ouerbesoeke vind op 15 & 22 April vanaf 13:30 – 17:30 plaas. Skeduleer asseblief so gou as moontlik ‘n afspraak met jou kind se onderwyser deur gebruik te maak van die onderstaande skakel: MAAK AFSPRAAK HIER Hoe werk dit? Maak die skakel oop en kies die regte graad Rol af na die kalenderafdeling en kies jou kind se onderwyser by die “select staff” opsie Kies die datum (15/22 April) en die tydsgleuf wat jou die beste pas  Rol af en vul alle nodige besonderhede in Kliek op...

Lees Verder

Jan Kas Tye: Kwartaal 2, 2025

Jan Kas sal weer op Maandag, 7 April oopmaak vir kwartaal 2. Tyd: 9:00 – 11:00 Gewone tye sal dan weer vanaf Dinsdag, 8 April gevolg word: Maandae en Woensdae – 07:00 – 08:00 Dinsdae en Donderdae – 13:30 –...

Lees Verder

Kwartaal 2, Week 1-3: Program

Week 1:  8 April: skool heropen en sport (hokkie) begin   9 April: sport oefen (netbal/rugby)   10 April: sport oefen (hokkie)   11 April: hokkietoernooi   12 April: kaperjolle, redenaars en o.10-netbaltoernooie (Durbanville en Table View)   Week 2: 14 April: sport oefen (o.7 – o.9) en netbalproewe vanaf 14:30 by ons skool. Geen netbaloefening vir o.10-o.13 nie. Rugby oefen.   15 April: Gr. 1 – 7-ouerbesoeke vanaf 13:30 – geen sport nie, skool verdaag vroeg (12:45 en 13:00) *maak ‘n afspraak by die bepaalde onderwyser   16 April:  netbalwedstryde / rugby oefen   17 April: Geen sport nie   18 April: PAASVRYDAG (VAKANSIEDAG)   Week 3: 21 April: GESINSDAG (VAKANSIEDAG)   22 April: Gr. 1 – 7-ouerbesoeke vanaf 13:30 – geen sport nie, skool verdaag vroeg (12:45 en 13:00) *maak ‘n afspraak by die bepaalde...

Lees Verder

Pieter Rademeyer: RSG Stemkunstenaar

Pieter Rademeyer het in Februarie die geleentheid gehad om, as deel van die Alma Nel-drama-ateljee-groep, in die RSG-program, Kiskenades, op te tree. Hy het die rol van ’n avontuurlustige seun in dié episode, wat eersdaags uitgesaai word, gespeel.    Pieter het vandeesweek die goeie nuus ontvang dat RSG nou vir hom ’n permanente kontrak aangebied het om verder as ‘stemkunstenaar’-akteur interessante rolle op dié Afrikaanse radiostasie te vertolk.    Jy maak ons baie trots Pieter. Welgedaan!...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2025

Ons nader die einde van die tweede laaste week van ’n opwindende kwartaal, met ’n welverdiende langnaweek wat as ’n bonus op ons wag. Môre, Vrydag 21 Maart, vier ons Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense werklik die betekenis van hierdie belangrike dag besef en dit bloot as nog ’n openbare vakansiedag sien. Hierdie dag is juis ingestel ter nagedagtenis aan ’n tragiese gebeurtenis in ons land se geskiedenis – die gebeure van 21 Maart 1960 in Sharpeville. Duisende swart mense het op daardie dag vreedsaam teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter deur die polisie uitmekaar gejaag en 69 mense is noodlottig gewond. Sedert 1994 word hierdie dag jaarliks herdenk om hulde te bring aan die slagoffers en om te verseker dat so ’n tragedie nooit weer in ons land herhaal word nie. Ek glo dat die herdenking van hierdie spesiale dag ’n waardevolle bydrae lewer tot ’n samelewing waarin mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en vrede kan leef. Die afgelope week was besonder besig met verskeie skoolaktiwiteite. Ek gee graag terugvoering hieroor: Ons het op Donderdag, 13 Maart 2025, ons jaarlikse gholfdag by die Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie unieke “links-tipe” gholfbaan is geleë tussen die Atlantiese Oseaan en die Rietvleirivier. Die baan is relatief plat met min bome, maar bied steeds uitdagings vir die gemiddelde gholfspeler – veral toe die Suidooster...

Lees Verder

Intersen Markdag: 27 Maart 2025

Neem asseblief kennis dat Donderdag, 27 Maart 2025, Markdag is. Dit is Intersen se beurt om te verkoop. Tafels bespreek: ???? Karri sal Donderdag oopmaak wanneer die nuusbrief uitgestuur word, sodat tafels bespreek kan word. ???? Dit kos R20 per tafel. ⏳ Karri sluit Woensdag, 26 Maart 2025. Moet dit nie misloop nie!...

Lees Verder

Kaperjolle 2025: Lekkergoedland skenkings

Om Lekkergoedland so lekker as moontlik te maak, het ons verskillende speelgoed nodig. Ons sal dit so baie waardeer as jy van jou speelgoed kan skenk waarmee jy nie meer speel nie.  Jy kan jou speelgoed by mnr. André Lourens se klas...

Lees Verder

Kaperjolle braaikompetisie: Inskrywings

Dis weer tyd vir die Jannies om te kook in die Kaperjolle braaikompetisie! Ons tema hierdie jaar is Lekker Jannies Vol Resepte of kom ons noem dit eerder – kom eet by Liplek Jan van Restaurant Die tema is dan toonaangewend vir die reëls: ·         gebruik ten minste 2 bestanddele / disse wat begin met die letters LJVR; ·         die idee is nie om beperkend te wees nie, maar kreatief met woordspel en kos; ·         jy moet ten minste ‘n gedeelte van jou gereg oor die kole gaarmaak; ·         jou kos moet proehappie grootte wees, sodat almal van alles kan proe Om jul so ‘n...

Lees Verder

Kaperjolle: 12 April 2025

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! ???? Wat kan jy verwag? ???? Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek, pizza en Woodstock Brewery se food truck. Volg die skakel om die spyskaart te sien: SPYSKAART. ???? Lekkergoedland: Bederf jou soettand. ???? Musiek: Om jou in die regte bui te kry. ???? Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4 – 7). ???? Speletjies: Die vierkant-speletjies is vir alle kinders en sluit in nootgolf, kussinggevegte, boontjiesak-teiken, ringgooi, Nerf-geweer-teikenskiet en vele meer. Graad 4 – 7 het ’n aparte...

Lees Verder

Kwartaal 1 Musiekkonserte

Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Vra asb. jou kind se musiekonderwyser indien daar onsekerheid is oor tye, veral die Graad 4H klas wat in twee sessies optree. Sien asseblief die datums en tye vir elke graadgroep: Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van Zyl...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 14 Maart 2025

Vandag heers daar groot opwinding by die skool, want ons hou vir die eerste keer ‘n Waterbuffel-‘Hamburgerdag’ en beoog om 1 700 ‘burgers’ te braai. In goeie en suiwer Afrikaans moet ek seker na frikkadelbroodjies verwys. Die ‘burgers’ word vandag as ‘n wegneemete verkoop of vanaf 16:00 as ‘n aansitete beskikbaar wees. Waterbuffelvleis word as een van die gesondste rooivleise beskou, met heelwat minder vet as beesvleis, en gaan verseker binnekort ‘n alternatief vir gesonder vleis op die winkelrakke wees. Dit is hoog in proteïene, sink, yster en Omega-3, dus moet jy seker maak jy mis nie uit op die geleentheid om ‘n smullekker waterbuffel-frikkadelbroodjie te kom geniet nie. Daar gaan spesiaal ‘n markiestent vir die feestelike geleentheid op die mini-sportveld agter die skool opgeslaan word, terwyl lekker musiek in die agtergrond speel, wat ‘n feestelike atmosfeer gaan skep. Die snoepie sal ook hul dienste daar verskaf en staan gereed vir enige ander aankope. Ek kan nie wag om julle almal vanaf 16:00 te ontvang nie en saam met julle die waterbuffel-frikkadelbroodjies te proe en daaraan te smul nie. Laat my toe om veral vir Susan Derksen hartlik te bedank, saam met haar OOV-span, wat aan die reëlings van die unieke dag staan, asook ons pa’s wat as braaiers optree. Gister het ons 500 van die ‘burgers’ gebraai en aan ons susterskool, naamlik Laerskool Prestwich, geskenk om vir hul...

Lees Verder

ATKV-Redenaars

Na afloop van ons interne redenaarskompetisie wens ons die volgende leerders geluk, wat ons skool tydens ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3: Jean-Jacques Rossouw, Petronella Gouws, Pieter-Steph Bothma Gr. 4 – 5: Antjie Samuel, Mia Bothma, Hanna Thom, Jan-Jurie Fourie, Stef Nel, Amalie Janse van Rensburg Gr. 6 – 7: Katryn Silvis, Sabine Barnard, Abigail Fourie, Dané Olivier, Pieter Rademeyer, Cara Nel, Bella Naylor, Elisabet Marais Hierdie leerders neem van 11–12 April by Hoërskool Jan van Riebeeck...

Lees Verder

Stilwater Nippers wen medaljes

Wat is Nippers? Nippers is ‘n junior program wat ontwerp is om kinders, gewoonlik tussen die ouderdom van 5 en 14 jaar, aan strandredding en strandveiligheid bekend te stel. Dit is ‘n prettige en opvoedkundige aktiwiteit waar kinders leer oor oseaanbewustheid, brander toestande en basiese noodhulp. Hulle neem ook deel aan verskeie strand- en wateraktiwiteite, soos swem, plankroei en strandresies. Die uiteindelike doel is om selfvertroue te bou, lewensvaardighede aan te leer en hulle voor te berei op toekomstige rolle as strandredders. ‘n Paar graad 4-seuns het vroeër vanjaar aan die WP-kampioenskappe vir Stilwater Nippers deelgeneem. Jan Jurie Fourie het ‘n goue en ‘n silwermedalje verower, terwyl Lukas Loubser ‘n bronsmedalje ingepalm het. Ons is ongelooflik trots op hierdie twee manne wat so uitstekend presteer...

Lees Verder

Kyle presteer in karate

Kyle het aan die karate-uitdunne deelgeneem en tweede plek verower in beide Kata en Kumite, en sodoende silwermedaljes in albei behaal. Dit beteken dat hy gekwalifiseer het vir sy WP-kleure in karate en deel van die Wes-Kaap-span sal wees wat in Mei aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.   Welgedaan Kyle! Jy maak ons sommer baie trots....

Lees Verder

WP Tennis – Synergy Cup 2025

Stella en Neels het JvR baie mooi verteenwoordig by die Synergy Cup (WP / Boland / Noord-Kaap) vir die Cape Town WP A-span. Die top 4 van die A-span se seuns en dogters van die WP-span het nie gespeel nie, so ons klomp het harde kompetisie gehad teen Boland. Die A-span het 2de geëindig en silwer gekry. Dit was regtig warm en lang dae, so ek is ongelooflik trots op die 2 wat na die Graad 7-kamp met so baie gees opgedaag het en so ‘n voorbeeld op die tennisbaan was. Julle kan baie trots wees! Jeanne en Amelie het vir die B-span gespeel by ‘n ander klub.  Ons is baie trots op...

Lees Verder