Ek glo dat almal die meevallertjie van ‘n ekstra vakansieweek (week 4 van kwartaal 2) terdeë geniet het en almal is slaggereed dat ons weer na ‘n normale skoolprogram en –roetine kan terugkeer. Na al die vakansiedae het week 5 skielik weer 5 volle werksdae, propvol aktiwiteite. Dus het die afgelope week vanaf Maandag, 05 Mei op ‘n hoë noot afgeskop met sportwedstryde (05 & 06 Mei) teen Curro Durbanville, netbal (05 & 09 Mei)- en rugbyproewe (06 & 08 Mei), grondslagfase besoek Kunstekaap (5 – 7 Mei) vir die Woordedief-produksie, netbalwedstryde teen Laerskool St. George (07 Mei) en die kore wat gisteraand by Hoërskool Jan van Riebeeck se musiekkonsert opgetree het as deel van hul Massa-Reünienaweek die komende naweek. April-maand was beslis vreemd en rustig, maar vanaf Mei gaan ons spreekwoordelik van 0 – 100 km/h binne 5 sekondes. Dus moet jy seker maak jou kwartaalgordel is styf vasgegespe vir die opwindende en besige kwartaal wat voorlê. Die kunsgrasprojek agter op die mini-sportveld loop volgens plan en gedurende die vakansieweek het die meeste grond- en siviele werk plaasgevind. Gerhard Conradie se span het heelwat grond uitgegrawe, nuwe grond en spesiale gruis is aangery, gegooi sodat daar ‘n behoorlike onderbasis vir die nuwe veeldoelige oppervlakte gelê kan word. Ek sal julle op hoogte hou rakende die vordering van die projek. Op Maandagoggend, 05 Mei vanaf 06:30, het heelwat van...
Lees Verder