Skrywer: Megan Zondagh

Boekbende: Nuwe Datums

Die Boekbende gaan nou elke tweede Woensdag van die maand in die Mediasentrum om 07:15-07:45 bymekaar kom. Kyk asb na die datums in die advertensie, sodat jy nie uitmis nie!   Boekbende-groete!  

Lees Verder

Plasing van leerderprestasies in die nuusbrief

Ouers wat graag hul kind se prestasies en foto’s in die nuusbrief wil laat plaas, word vriendelik herinner dat hierdie inligting vrywillig deur ouers gestuur word. Neem asseblief kennis dat die nuusbrief elektronies versprei word en ook aanlyn beskikbaar is, wat beteken dat leerders se name en foto’s moontlik op die internet en in soekenjins kan verskyn. ’n Bevestigings e-pos sal gestuur word om toestemming vir publikasie te verkry. Alle inligting en foto’s moet nie later nie as Woensdag om 14:00 gestuur word om in die huidige week se nuusbrief geplaas te word. Laat bydraes sal outomaties eers in die volgende week se...

Lees Verder

Paaseiers insamel!

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club ondersteun deur paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het soos op die prentjie. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Enige donasies word opreg waardeer!...

Lees Verder

Veiling 2026: Skenkings

Liewe Ouers,  Hou asb 6 Junie 2026 oop vir hierdie jaar se Laerskool JvR Opvoedingstrust Veiling, wat by die Mount Nelson sal plaasvind. Ons soek graag skenkings vir ons lotte. Enige ouers wat kan help met drank, vakansiehuise, jagritte, kuns, juwele, spa-ervarings, ens. word vriendelik versoek om Anna Blackmore op 083 386 4057 te kontak. Enige bydrae word opreg...

Lees Verder

Anouk presteer in aksienetbal

Anouk van der Linde, kaptein van die o.13A Western Cape Coastal aksienetbalspan, is gekies om die span aan die einde van Maart in Gauteng te verteenwoordig. Ons wens haar en die span alle sukses toe – hulle gaan die Wes-Kaap met trots...

Lees Verder

Die Boekbende: Nuwe Boekklub!

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ’n nuwe boekklub, Die Boekbende, by ons skool begin! Die boekklub vind elke eerste Woensdagoggend van die maand, voor skool vanaf 07:15 tot 07:45 in die mediasentrum plaas.  Leerders in Graad 4–7 wat lief is vir lees en stories, is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting kan leerders gerus met...

Lees Verder

Senior Koorkamp: 6 – 7 Februarie

Dit is weer daardie tyd van die jaar en die senior koor se jaarlikse koorkamp is om die draai!  SKEDULE Vrydag, 6 Februarie:  * Middagete voorsien deur die skool: 14h00-14h20 * Oefen: 14h20 – 17h45 * Piekniek op die skoolveld vir alle koorlede en -ouers: 18h00 – 19h00 Saterdag, 7 Februarie: * Oefen: 09h00 – 14h00 * Ons voorsien: * Waatlemoen vir peuselhappie * Boereworsrolle vir middagete * Leerders pak genoeg water en peuselhappies in. * Kampkonsert vir ouers: 14h15 – 14h30 Kom kuier saam by ons senior koorpiekniek op Vrydag, 6 Februarie, vanaf 18h00 – 19h00. Ons nooi ook alle ouers uit om Saterdagmiddag, 7 Februarie, ’n kort kampkonsert in die skoolsaal by te woon. Die koorkamp is verpligtend vir alle senior koorlede. Indien iemand nie die koorkamp kan bywoon nie, moet juf. Rolene asb in kennis gestel word.  Groete, Rolene     ...

Lees Verder

KENNISGEWING VAN TUSSENTYDSE BEHEERRAADSVERKIESING 2026

Beste Ouers/Voogde Twee ouer-lede van die Beheerraad het aan die einde van 2025 van die Beheerraad bedank. Susan van der Walt (Tesourier) het bedank en Marié Cruywagen se jongste kind het graad 7 voltooi. Dus moet die twee vakatures gevul word.  Ons het reeds laasjaar pro-aktief opgetree en die volgende twee persone op die Beheerraad gekoöpteer  en hulle het hulself vanjaar weer verkiesbaar gestel: Oloff Sieberhagen Sybil  Müller (Tesourier). Wie mag ‘n ouer benoem: ‘n Ouer van ‘n leerder van ons skool, wie se naam op die kieserslys van die skool is, mag enige ander ouer van ‘n leerder wat die skool bywoon wie se naam op die keiserslys van die skool is benoem, of sodanige ouer se benoeming sekondeer, deur ‘n voltooide benoemingsvorm teen nie later nie as 04 Februarie 2026 teen 12:00 by die skool af te lewer.  Benoemingsvorms is by ontvangs (Adri) beskikbaar. ‘n Aanlyn verkiesing (VotingCrowd) sal op Maandag, 16  Februarie 2026, vanaf 06:00 – 18:00 gehou word, indien daar meer as die twee bogenoemde kandidate genomineer  word.   Sien asseblief die kennisgewing van die aanlyn tussenverkiesing hier onder.  Meer inligting rakende die tussenverkiesing sal volg. Baie dankie vir jul aandag. Groetnis Naas Beets | Skoolhoof   KENNISGEWING VAN TUSSEN BR VERKIESING...

Lees Verder