Skrywer: Marinda Brink

Kennisgewing: Elektroniese Rapporte

Neem kennis dat ons vanaf hierdie kwartaal alle leerders vanaf Graad 1–7 se rapporte elektronies en in harde kopie (soos voorheen) sal versprei. Let asseblief op dat ons volgende week ’n e-pos aan ouers/voogde sal stuur om te bevestig dat die korrekte e-posadres bereik word. Jy sal ‘n afsonderlike e-pos ontvang vir elke kind wat jy in die skool het. Hierdie toetslopie sal nie oor enige belangrike inligting beskik nie. Ons het nodig om dit so te doen sodat ons die rapporte die daaropvolgende week, wanneer die skool sluit, aan alle ouers kan stuur. Indien jou e-posadres verander het, moet jy dit asseblief so gou moontlik aanpas. Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe IKT-verwikkeling en wil ons dank aan Marié Cruywagen, Leon Hanekom en Megan Zondagh...

Lees Verder

Dissipline en grense

Op uitnodiging van HS JvR woon ‘n groepie van ons laerskool- en Huppelland-ouers die motiveringspraatjie wat deur Johan Smith op Woensdagaand, 4 Junie, aangebied is, te HS JvR by. Motiverend was Johan Smith se woorde inderdaad: motivering aan ouers om dissipline op ‘n positiewe manier met moed aan te pak. Ek som graag die inhoud van hierdie treffende aanbieding op, aangesien elke ouer hierdie inligting benodig. Volwasse ouers moet soos helikopters hoog bo hul kind se kop vlieg – hoog genoeg sodat jy wyd kan kyk en die toekoms met durf saam met jou kind kan aanpak. Die doel van ouerskap is om ons kinders na volwassenheid te lei deur hulle te help om van rigting te verander indien hulle moontlik ‘n rigting wil inslaan wat nie ‘n suksesvolle eindresultaat inhou nie. Met hierdie eindresultaat word daar geen druk op prestasie geplaas nie, maar eerder op uiteindelik gebalanseerde volwassenes met karakter te fokus. Karaktereienskappe waaroor ons eendag wil trots wees, is: integriteit, eerlikheid, empatie, verantwoordelikheid, respek, ens. Wanneer jou volwasse kinders hierdie eienskappe besit, weet jy dat jy as ouer geslaag het. Om in hierdie doel te slaag, beteken dat jy as ouer sterk in jouself moet staan en dat julle as ‘n ouerspan moet saamwerk om dieselfde doel te bereik. Hierdie tydperk kom met beproewings en verloop nie altyd soos maanskyn en rose nie. Deur positiewe dissipline toe...

Lees Verder

Ouergesprek: Johan Smith

Koop gerus ‘n kaartjie op Karri teen R50 pp om die ouergesprek op Woensdagaand, 4 Junie, te Hoërskool Jan van Riebeeck in hul skoolsaal by te woon. Johan Smit is die gasspreker en sal oor grense en dissipline...

Lees Verder

Inligting rakende eksamentyd: Uitkomtye en buitemuurs

As gevolg van graad 4 – 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 – 3’s sal steeds met buitemuurs voortgaan. Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen: Die graad 7’s verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin. Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 – 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 – 6’e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie. Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind. Dagprogram tydens eksamen: 7:45 – 10:00 – Eksamen skryfsessie 10:10 – 10:30 – Pouse 10:30 – 12:45 – Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. – Rugby en netbal / Di. en Do. – Hokkie en landloop 13:00 Skool verdaag vir almal *Tweede pouse – onderwysers sal self besluit wanneer dit...

Lees Verder

Zen Den-gesels: Huistake (‘chores’): Waarom is dit nodig?

Watter ouer smag nie na verantwoordelike, onafhanklike kinders nie?
Tog is ons voortdurend in die versoeking om alles vir ons kinders te doen. Navorsing bewys egter oor en oor dat ‘n kind wat van jongs af binne ‘n gesin sekere verpligtinge het, meer selfvertroue en waagmoed ontwikkel. Wanneer dit reg bestuur word, word hegter gesinsbande gekweek. Volgens die Amerikaanse Psigiatriese Akademie vir Kinders en Adolessente kan ‘n kind so jonk as 3 jaar al met basiese take in die huis help. Hulle wys die volgende voordele uit:

Lees Verder

Opname oor besprekingsonderwerpe

Ons poog om soveel moontlik inligting in hierdie rubriek te publiseer sodat ons broodnodige leiding en ondersteuning aan ieder en elk kan voorsien wat dit benodig of vir wie dit interesseer. Vandag wil ons by jou hoor of daar ‘n onderwerp is waaroor jy graag meer wil uitvind  OF dalk het jy ‘n goeie idee(s) waarvan ouers meer wil hoor wat ons nog nie bespreek het nie. Vertel ons meer...

Lees Verder

Zen Den-gesels: Leesmodel 3: “Simple View of Reading”

Leesmodel: “Simple View of Reading” Die “Simple View of Reading” teorie is ontwikkel deur Philip B. Gough en William E. Tunmer om vaardighede te identifiseer wat ‘n rol speel in die vroeë ontwikkeling van leesbegrip. Volgens die oorspronklike teorie is daar twee leesvaardighede nodig om leesbegrip te bevorder, naamlik: dekodering en taalbegrip. Dekodering verwys na die vermoë om geskrewe woorde akkuraat te herken en uit te spreek en taalbegrip is die vermoë om woorde in sinne te verstaan. Hierdie teorie beweer dat bogenoemde twee vaardighede die grootste bepalende faktore in leesbegrip is. Die model stel leesbegrip voor deur die volgende formule: Dekodering x Taalbegrip = Leesbegrip Bogenoemde formule impliseer dat beide dekodering en taalbegrip noodsaaklik is vir effektiewe leesbegrip. Indien een van die komponente 0 is, sal leesbegrip ook 0 wees. Alhoewel die model goed deur navorsing ondersteun word, moet ons dit as ‘n kognitiewe teorie sien en nie ‘n allesomvattende model nie. Die model word die beste toegepas in moedertaalonderrig. Ouers speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van bogenoemde vaardighede om leesbegrip by kinders te bevorder en kan die vaardighede op die volgende praktiese maniere toepas. Dekodering Gebruik flitskaarte met letters en woorde. Vra jou kind om die klank te noem wat by elke letter pas. Saamlees Lees elke dag saam met jou kind ‘n paragraaf uit ‘n leesboek. Die saamlees werk soos volg:  As ouer lees...

Lees Verder

Jannie-gesprekke brei uit

Ons is so bevoorreg om ons kundigheid deurgaans te verbreed en wil dit graag met die res van ons skoolgemeenskap deel daarom dat Jannie-gesprekke nou uitbrei deur twee onderafdelings naamlik: Zen Den-gesels (die vorige Jannie-gesprekke) en dan die nuwe afdeling DInK-slim. Zen Den-gesels Ons het die afgelope kwartaal heelwat verskillende onderwerpe vanuit die Zen Den aangeraak en bespreek.  Sien asb in die akademie afdeling die studiekursusse wat volgende kwartaal sal plaasvind. Ons sal ook volgende kwartaal met die leesmodel-reeks voortgaan soos die afgelope twee weke bespreek.  DInK-slim Ons wil graag ons ouergemeenskap ondersteun om DInK-slim te wees – slim in besluite t.o.v. digitale tegnologie, persoonlike inligting en die kuberruim. In ons gereelde DInK-slim rubriek poog ons om inligting en advies met ouers/voogde te deel, wat sal help om belangrike digitale bevoegdhede te ontwikkel en goeie besluite in die belang van ons kinders se veiligheid en gesonde ontwikkeling te kan neem. Sien die inleiding tot hierdie nuwe...

Lees Verder

Leesmodel 2: Die Leestou

Die leesmodel “Reading Rope” Lees is een van die belangrikste vaardighede wat kinders in die laerskool aanleer. Dit is nie net een enkele vaardigheid nie. Dit bestaan uit ‘n kombinasie van verskillende prosesse wat saamwerk om begrip en leesvlotheid te ontwikkel. Die leesmodel “Reading Rope” is deur Dr. Hollis Scarborough gedurende die 1990’s ontwikkel. “Scarborough’s Reading Rope” is een van die mees toeganklike benaderings wat die komplekse prosesse van lees verduidelik. Die model gee ‘n duidelike raamwerk van die verskillende leeskomponente. Scarborough’s se leesmodel stel ‘n visuele model voor wat verduidelik hoe verskillende leesvaardighede saamwerk om leesvlotheid en begrip...

Lees Verder

Die brein en lees (model 1)

Gedurende die volgende drie weke gaan ons die klem op leesontwikkeling plaas. Inligting rakende die verskillende leesmodelle sal bespreek word. Hierdie week se leesmodel: Duke & Cartwright (2021) se “Active View of Reading” Lees is ‘n komplekse proses wat baie dele van die brein gebruik. Onlangs het ons in die media gehoor dat meer as 80% van die leerders in graad 4 nie met begrip kan lees nie. Lees is nie ‘n natuurlike vaardigheid wat kinders aanleer soos byvoorbeeld praat of loop nie. Lees is ‘n komplekse kognitiewe proses wat die brein aanleer. Tydens lees word baie verskillende dele van die brein gebruik. Die volgende vier hoofareas word tydens lees gebruik: * Frontale lob: Die area van die brein help leerders om woorde vinnig te herken sonder om elke letter individueel te dekodeer. * Pariëntale lob: Sensoriese bewustheid vind hier plaas. Leerders gebruik die deel van die brein vir fonologiese bewustheid. Om bewus te word van die klanke van letters en om visueel die letters te herken. * Oksipitale lob: Die gedeelte word gebruik vir visuele herkenning van woorde; visuele geheue; leesspoed en visuele diskriminasie. * Temporale lob: Die area van die brein help leerders om letters en klanke te verbind. ‘n Sleutelvaardigheid vir dekodering. Die deel help ook met die betekenis van woorde en sinne. Volgens Duke & Cartwright (2021) se “Active View of Reading” is lees nie...

Lees Verder

Die wonderwêreld van disleksie

Vir die brein om letters in die korrekte volgorde te sien, te prosesseer en dan te verseker dat dit geïnterpreteer word om ‘n woord korrek te lees, uit te spreek en te skryf, is vir sommige mense ‘n ontsettende uitdaging. Om ‘n kind(ers) met disleksie groot te maak in ‘n wêreld waar daar aangeneem word dat almal ewe goed kan lees, skryf en praat is ‘n moeilike berg om uit te klim. Hierdie diagnose kan jou alleen en moedeloos laat voel totdat jy besef dat daar vreeslik baie ouers is wat in dieselfde bootjie sit. Die idee dat jou kind(ers) nie alleen hierdie reis hoef aan te pak nie, is ‘n gerusstellende gedagte. Kennis en kundigheid word daagliks oor disleksie ingewin en uitgebrei aangesien ons hier by LS JvR besef dat hier heelwat Jannies met disleksie gediagnoseer word.  Dis ‘n lewenslange reis wat by ons as skoolgemeenskap begin om ons kinders op te voed om met hulself en hul maats wat moontlik disleksie het, grasie en begrip te hê. Hierdie diagnose (disleksie), net soos soveel ander, lyk by elke leerder anders. Dis dus baie moeilik om soms agter te kom dat jou kind moontlik simptome van disleksie het. Die brein is ongelooflik en vind maniere om hierdie simptome te omseil en weg te steek daarom blyk dit nie by almal so ooglopend te wees nie.  Indien ‘n onderwyser op...

Lees Verder

Die towerkrag van ‘n diverse brein

Ons is so bevoorreg om binne ‘n skoolgemeenskap te funksioneer wat diversiteit in ras, geslag, kultuur en taal omarm. Die diversiteit in leerders se breine en die manier waarop hulle in sekere situasies optree, is soms moeiliker om te verstaan as byvoorbeeld iemand met ‘n fisiese gestemdheid of uitdaging. Neurodiversiteit is ‘n term wat al hoe meer in ons skool gebruik word aangesien ons poog om ons leerders so goed moontlik volgens hul unieke behoeftes akkommodeer.  Hierdie week het ons besluit om ‘n video te plaas wat op ‘n praktiese manier uitbeeld hoe leerders wat op die outistiese spektrum gediagnoseer is, funksioneer.  Kyk gerus hierna. Wys en bespreek gerus hierdie video met jou kind(ers) sodat hulle moontlik hul maats en/of hulself beter kan verstaan. Die opvoeding berus by ons om ons kind(ers) te lei hoe om teenoor ander op te tree wat van ons verskil.   Kliek op die skakel om die video te kyk: Amazing things...

Lees Verder

Huldeblyk aan oud-onderwyser: Vicky Taljaardt

Vicky is sedert Januarie 1991 `n onderwyseres by Laerskool Jan van Riebeeck. Sy het einde 2016 afgetree. Ek het in Januarie 1994 as skoolhoof by Laerskool Jan van Riebeeck begin en baie gou het ek vir Vicky leer ken as ‘n baie deernisvolle persoon wat veral baie omgegee het vir die ‘afvlerkleerders.’ Sy het die senior leerders met spesiale onderwys-behoeftes onderrig. (vroeër is dit spesiale klasse genoem) Beide Laerskool – en  Hoërskool Jan van Riebeeck het vir haar baie na aan die hart gelê en sy was in murg en been `n Jan van Riebeecker. Sy was vanaf graad 8 (standerd 6) tot matriek in Hoërskool Jan van Riebeeck….`n Karoomeisie wat in die meisieskoshuis (Die Sop) tuisgegaan het. Alle prestasies van leerders en oud-leerders van beide skole het haar baie trots gemaak. Sy was trots op hulle skooluniforms en hulle geprys as hulle netjies was (buite die skoolterrein) en hulle ook streng aangespreek as die uniform nie netjies of korrek was nie. Vicky was ‘n baie gewilde personeellid en was altyd omring deur personeellede en leerders.  Oud-leerders het gereeld die skool besoek en altyd gevra of hulle gou eers by juffrou Vicky kan gaan inloer. Sy het tot en met haar afsterwe baie kontak gehad met baie van haar oud-leerders en was baie trots op hulle prestasies, al was dit hoe gering. Sy het dit altyd gedeel met die...

Lees Verder

Klasbraai: 21 Februarie 2025

Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat vanaand vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan...

Lees Verder

Wat sien ons kinders raak en wat gaan hulle daarmee doen?

 As ouers beïnvloed ons gedrag ongelukkig die dag-tot-dag keuses wat ons kinders maak. Dit is dikwels bepalend van die mens wat hy of sy gaan word.  Hierdie gemoduleerde en aangeleerde gedrag, goed of sleg, word soms van een geslag na ‘n ander oorgedra.  Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde: HOE JY KONFLIK, WOEDE EN STRES HANTEER Ons is uitstekende “skeidregters” en “afrigters” wanneer ons ons kinders leer hoe om woede en konflik te hanteer, Maar die beste leerskool bly egter jou eie optrede:  hoe jý  jóú emosies uitdruk. Die wyse waarop jy jou eie angs en spanning bestuur, gaan waarskynlik bepaal hoe jou kind dit eendag gaan hanteer. Dit geld ook vir konfliksituasies. Om deur jou eie optrede te demonstreer hoe om te verskil asook hoe om moontlike oplossings te vind, leer jy hom of haar die mag wat konstruktiewe kommunikasie in verhoudings kan hê. Wys hulle die belangrikheid van verskillende perspektiewe en opinies, maar ook watter grense jy stel as dit by verskille kom. DIE MANIER HOE JY OOR JOUSELF EN ANDER PRAAT Ons almal ken die gesegde: “As jy nie iets goeds van iemand kan sê nie, sê eerder niks.” Om jou kind te leer om versigtig te wees wat hulle sê en om nie woorde te gebruik wat kan seermaak nie, gaan hulle help om in die toekoms sterk verhoudings te bou.  Vermy dit om...

Lees Verder

Balans tussen ‘n kritiese denker en respek vir outoriteit

Ons het verlede week gepraat oor die frustrasie wat ons as ouers ervaar as elke opdrag of versoek in ‘n onaangename baklei-sessie ontaard. Om daardie rede is ons soms geneig om hierdie situasies te vermy  deur “gemak” bo “tydelike ongemak” te kies. Maar is dit die beste vir my kind?  Kom ons begin by wat dissipline is. Dissipline is om te onderrig, te korrigeer, asook om jou kind met geduld in ‘n rigting te stuur om – sonder jou –  te doen dít wat goed en reg is. Ons motivering vir enige dissipline is om ons verantwoordelikheid as ouer of volwassene na te kom. Indien jy jou kind toelaat om te doen wát hulle wil wánneer hulle wil, gaan daar waarskynlik twee goed gebeur. Eerstens: hulle gaan verwag dat die lewe daar buite sonder enige struikelblokke gaan wees. Tweedens is dit amper ‘n gegewe dat hulle  diegene rondom hulle sonder respek en empatie gaan hanteer. Onthou: jou kind is nie gereed om besluite te neem op grond van wat vir hulle goed is nie, hulle neem besluite op grond van wat hulle wil hê.  Jou taak is dus as’t ware om jou kind soms van homself/ haarself red! Kom ons neem skermtyd en die tyd wat jou kind voor die televisie spandeer as ‘n voorbeeld. Jy weet dit laat jou kind ontspan en hy/sy geniet dit.  Wanneer ons hulle...

Lees Verder

My kind luister nie: Marike Badenhorst

MY KIND LUISTER NIE… IS DAAR HOOP?  Die grootste frustrasie wat ons as ouers het, is wanneer ons kinders nie luister as ons hulle vra om iets te doen nie. Hoekom moet dit, wat vir ons voel ‘n baie logiese volgende stap is wat volgende moet gebeur, elke keer in ‘n debat ontaard? Hoekom doen hulle nie dadelik of onmiddellik wat ons wil hê hulle moet doen nie? Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Kinders praat terug omdat hulle nog nie die vaardigheid aangeleer het om hul opinie te “filter” nie. Dit sluit in wát om te sê  en hóé om dit te sê. Het jy al ooit jou kind die volgende hoor sê: “Mamma jy is reg soos altyd. Ek is baie moeg. Ek weet dit is nou tyd om te gaan slaap…” Onrealistiese verwagting? Hoekom? Doodeenvoudig omdat hulle op hulle ouderdom glad nie bewus is van wat hulle NODIG het nie. Hulle reageer op WAT HULLE WIL HÊ.  Ongelukkig laat ‘n kind wat voortdurend terug praat en nie doen wat jy vra nie, jou ongeloofwaardig voel asook dat hulle nie jou rol as ouer respekteer nie. DIE HARDE WERKLIKHEID… Hoekom laat dit ons so totaal magteloos voel? Doodeenvoudig omdat ons as volwassenes weet dat dít wat ons vra, regtig in die kind se belang is. Dus: wat gebeur die oomblik wanneer hulle terug praat of doodeenvoudig...

Lees Verder

Nuwe leesprogram: Lees 101

Verlede week het ons ouers/voogde aangemoedig om na die opnames van ons skool se opvoedkundige sielkundige, Marike Badenhorst, op RSG te luister. Hierdie week wil ons ‘n splinternuwe leesprogram (Lees101) wat op Netwerk24 beskikbaar is, bekendstel.  Hierdie program fokus daarop om ouers/voogde advies te gee oor lees en waarom lees belangrik is. Dit bestaan uit 12 episodes. Ons skool is so bevoorreg om hierdie bemarkingsblootstelling te ontvang aangesien die geletterdheidsentrum (biblioteek) en Zen Den as aanbiedingsruimte gebruik is.  Ongelukkig sal slegs lede wat ingeteken is, toegang tot hierdie platform ontvang. KLIEK HIER om na die skakel te...

Lees Verder