Zen Den-gesels: Leesmodel 3: “Simple View of Reading”
Leesmodel: “Simple View of Reading” Die “Simple View of Reading” teorie is ontwikkel deur Philip B. Gough en William E. Tunmer om vaardighede te identifiseer wat ‘n rol speel in die vroeë ontwikkeling van leesbegrip. Volgens die oorspronklike teorie is daar twee leesvaardighede nodig om leesbegrip te bevorder, naamlik: dekodering en taalbegrip. Dekodering verwys na die vermoë om geskrewe woorde akkuraat te herken en uit te spreek en taalbegrip is die vermoë om woorde in sinne te verstaan. Hierdie teorie beweer dat bogenoemde twee vaardighede die grootste bepalende faktore in leesbegrip is. Die model stel leesbegrip voor deur die volgende formule: Dekodering x Taalbegrip = Leesbegrip Bogenoemde formule impliseer dat beide dekodering en taalbegrip noodsaaklik is vir effektiewe leesbegrip. Indien een van die komponente 0 is, sal leesbegrip ook 0 wees. Alhoewel die model goed deur navorsing ondersteun word, moet ons dit as ‘n kognitiewe teorie sien en nie ‘n allesomvattende model nie. Die model word die beste toegepas in moedertaalonderrig. Ouers speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van bogenoemde vaardighede om leesbegrip by kinders te bevorder en kan die vaardighede op die volgende praktiese maniere toepas. Dekodering Gebruik flitskaarte met letters en woorde. Vra jou kind om die klank te noem wat by elke letter pas. Saamlees Lees elke dag saam met jou kind ‘n paragraaf uit ‘n leesboek. Die saamlees werk soos volg: As ouer lees...
Lees Verder