Ekstra huiswerkklasse
Laat weet asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u beskikbaar is om gedurende die jaar op een of ander manier met ekstra huiswerkklasse te help. Dankie aan diegene wat reeds betrokke is.
Lees VerderLaat weet asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u beskikbaar is om gedurende die jaar op een of ander manier met ekstra huiswerkklasse te help. Dankie aan diegene wat reeds betrokke is.
Lees VerderBaie geluk aan elf graad 7’s wat die ATKV se Junior Olimpiade (Graad 7 – 9 Afrikaanse vraestel) geskryf het. Ons was een van drie laerskole wat teen ‘n hele paar groot hoërskole in die Wes-Kaap deelgeneem het. Ons is baie trots op hierdie leerders wat bewys het dat ons met graad 8 en 9-leerders kan meeding: Annabel de Jager, Benke Grobler, Daniël Grutter, Adrian Huysamen, Johann Jordaan, Lili Louw, Stef Mostert, Jan Murray, Benjamin Pienaar, Henry Potgieter en Chris Scott.Baie geluk aan julle almal...
Lees VerderPRYSUITDELING 2018: Datums: GRAAD 1 – 3: Woensdagoggend, 28 November 2018 Graad 1 – 8:30 Graad 2 – 10:00 Graad 3 – 11:30 AS GEVOLG VAN KOOROPTREDE WAT GEKANSELLEER IS: LET OP VERANDERING GRAAD 4 – 5: Dinsdagaand, 4 Desember 2018 LET OP VERANDERING GRAAD 6 – 7: Donderdagaand, 6 Desember 2018 ALGEMEEN GRAAD 4 – 7: Ons is in die proses om die formaat van die prysuitdeling te hersien. Die volgende aanpassings is reeds beplan vir die jaar se prysuitdeling nadat ons die graad 6 en 7-leerders se mening rakende die huidige formaat, gevra het : 1. Sertifikate: Elke leerder in die skool ontvang steeds ‘n sertifikaat. Hierdeur wil ons steeds aan elke kind spesiale erkenning gee. Dit blyk duidelik belangrik vir ons leerders te wees. Ons poog om op vordering, deelname, 100% skoolbywoning, spesiale karaktereienskappe en waardes te fokus. Slegs leerders wat ‘n gemiddeld van 80% en meer het, sal erkenning op die sertifikaat ontvang nl. Uitsonderlike prestasie. Leerders voel dat hulle geëtiketteer word indien daar onderskeid op die sertifikaat gemaak/getref word bv. Goeie prestasie, ens. en dit voor almal gelees word. 2. Toesprake: Ons poog om die jaar se toesprake aansienlik te verkort. 3. Spesiale toekennings: Alle toekennings wat gedurende die jaar reeds in die skoolsaal en/of by ‘n sport- of kultuurbyeenkoms, waartydens ons skoolgemeenskap (leerders en/of ouers) betrokke was, oorhandig is, sal nie gedurende die...
Lees VerderBaie geluk aan Benjamin Pienaar en Annabel de Jager wat as ons hoofdogter en hoofseun vir 2018 verkies is. Ons is baie trots op albei van hulle.
Lees VerderDie Akademiese Spele wat eerskomende Maandag (17 – 21 September 2018) afskop, beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou. ‘n Google Form is gestuur om die alternatiewe buitemuurse program vir die week uiteen te sit. Die laaste dag om hierop te reageer is Donderdag, 13 September 2018, om 19:00. Let asseblief daarop dat ons ‘n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018, om 19:00 in die skoolsaal) aanbied waartydens Heleen Meyer (voedselkonsultant) oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek- Maak jy ‘n kind of sportheld groot: Die verhouding tussen ouer, kind en sport? Die week sluit af met ‘n kaskarresies wat baie pret inhou. Elke graad trek volgens ‘n bepaalde tema aan: Graad 1 – skaatsplankryers Graad 2 – verkeersligte Graad 3 – sportsoorte Graad 4 – 80’s baanatlete Graad 5 – 80’s aerobics Graad 6 – rugbylande Graad 7 – formule 1-renjaers Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal. Sien FINALE rooster. U betrokkenheid en ondersteuning word opreg...
Lees VerderDie kostes van die AKADEMIESE SPELE week (17 – 21 September 2018) wat op Sportwetenskappe fokus, beloop R50 per leerder. Allerhande aktiwiteite word gedurende hierdie week aangebied wat nader aan die tyd in die nuusbrief gekommunikeer sal word. Ons wil geen leerders uitsluit nie. Betaling kan deur middel van kontant, per EFT (verwysing: AK-spele + u kind se naam; stuur bewys na registeronderwyser) of per Karri-app gemaak word. ‘n Boodskap sal aan u gestuur word om Karri-app te bevestig. Datum van betaling: 24 Augustus – 17 September...
Lees VerderKontak vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u (ouer/grootouer/student) graag as ‘n vrywilliger betrokke wil raak om gratis huiswerkklasse aan leerders (op individuele basis) te bied wat ekstra ondersteuning...
Lees VerderDie Akademiese Spele beloof om hierdie jaar groot pret te verseker aangesien ons gedurende die week (17 – 21 September 2018) – oor alle grade (gr. 1 – 7) en so ver moontlik alle vakke – akademie en sport gaan integreer. Vandaar die tema: Sportwetenskappe. Ons beoog om verskillende aspekte van sport in die klaskamer te bespreek om leer op ‘n lekker en interessante manier aan te bied. Algemene skoolaktiwiteite waarby die hele skool betrokke sal wees – om solank na uit te sien: Elke klas sal ‘n skaakles ontvang; Sports Hub kom bied ander sportsoorte aan gedurende LO-periodes sowel as sporttoernooie smiddae na skool; Op Vrydag, 21 September, sal die onderskeie klasse in graadverband meeding in ‘n kaskarresies en daar sal verskeie motiveringsprekers optree. Indien u graag betrokke wil raak ,bv. om met ‘n sekere graad of selfs ‘n sekere klas te gesels oor ‘n spesifieke onderwerp, bv. gesonde eetgewoontes, ‘n gesonde liggaam/postuur, ens. wat by sport/akademie aansluit, moet u asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Enige ander betrokkenheid sal waardeer word. ‘n Finale program sal nader aan die tyd bekendgemaak...
Lees Verder‘n Groot dankie aan Die Mullers oogkundiges-span onderleiding van Yolandé Scott, wat Maandag en Dinsdag die hele dag spandeer het om leerders in graad 1, 3 en 6 se oë te toets. Indien die oogkundiges agtergekom het dat dit nodig is vir ‘n meer volledige oogtoets, sal daar ‘n briefie saam met u kind se vorderingsverslag (rapport) huis toe gestuur...
Lees VerderFrancois Joubert (gr. 3) is 8ste in die Wes-Kaap nadat hy Vrydag, 25 Mei 2018, aan die ATKV-redenaarskompetisie se semi-finale ronde deelgeneem het. Slegs die top 3 van elke provinsie sal aan die finale ronde deelneem. Ons is baie trots op jou,...
Lees Verder