Belangrike Konsertinligting, September 2026
Konsertreëlings...
Lees VerderKonsertreëlings...
Lees VerderHOOFLEIERS 2026/2027 Ons is baie trots op HS JvR se hoofleiers wat op Donderdag, 26 Augustus 2026, verkies is. Dis veral lekker om te weet dat hulle almal oud-Jannies is! Ons weet dat hulle ‘n fantastiese werk sal doen. 𝐉𝐕𝐑-𝐇𝐎𝐎𝐅𝐋𝐄𝐈𝐄𝐑 & 𝐕𝐑𝐋-𝐕𝐎𝐎𝐑𝐒𝐈𝐓𝐓𝐄𝐑: HELENE GREEFF 𝐇𝐎𝐎𝐅𝐒𝐄𝐔𝐍: ALBERT GRIESEL 𝐇𝐎𝐎𝐅𝐃𝐎𝐆𝐓𝐄𝐑: CARA SWANEPOEL 𝐎𝐍𝐃𝐄𝐑𝐇𝐎𝐎𝐅𝐒𝐄𝐔𝐍: OWEN WIESE 𝐎𝐍𝐃𝐄𝐑𝐇𝐎𝐎𝐅𝐃𝐎𝐆𝐓𝐄𝐑: STELLA...
Lees VerderNeem asseblief kennis van die onderstaande datum waarop die skool weens sportverpligtinge vroeër sal verdaag. Daar sal steeds toesig beskikbaar wees vir leerders wat nie vroeër huis toe kan gaan nie. Nasorg sal gewone tyd plaasvind. Vrydag, 28 Augustus, verdaag 12:00 (Interskole vs LS Welgemoed) Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in die...
Lees VerderOns is verheug oor die Baba-Jannies wat een van die dae by ons skool sal aansluit. Hulle leer sommer al lekker invitro saam met die graad 1 tot 7 Jannies. Hierdie vyf mammas is baie trots en opgewonde. Ons wens elkeen van hulle baie sterkte en hope liefde toe om die wonderwerk te geniet! Juffrou Magdhelé (graad 2-intern) – eersteling (dogtertjie) (verlaat skool op 1 Sept.) Juffrou Michelle (graad 3) – tweede dogtertjie (verlaat skool Okt.) Juffrou Andri (graad 6) – eersteling (seuntjie) (verlaat skool 20 Nov.) Juffrou Marianne (graad 4) – eersteling (dogtertjie) (verlaat skool 30 Nov.) Juffrou Nicola (graad 1) – tweede kind (eerste dogtertjie) (verlaat skool laaste dag van skooljaar) Ons sien uit om elkeen van hulle volgende jaar na afloop van hul kraamverlof terug te...
Lees VerderNeem asseblief kennis van die onderstaande dae waarop die skool gedurende hierdie kwartaal weens sportverpligtinge vroeër sal verdaag. Daar sal steeds toesig beskikbaar wees vir leerders wat nie vroeër huis toe kan gaan nie. Nasorg sal gewone tyd plaasvind. Vrydag, 14 Augustus, verdaag om 12:15 (o.7-o.9) en 13:00 (o.10-o.13) – hokkie vs Dirkie Uys Dinsdag, 18 Augustus, verdaag om 13:00 (o.7-o.9) en 13:30 (o.10-o.13) – Hokkie te Durbanville Curro (hokkie wat vanaf kw. 2 uitgestel is) Vrydag, 28 Augustus, verdaag 12:00 (Interskole vs LS Welgemoed) Baie dankie vir die samewerking en ondersteuning in die...
Lees VerderOns is baie dankbaar vir juf. Helené en haar verlore goedere-span wat so hard aan die verlore goedere werk. Hannes Muller was so gaaf om die ruimte netjies af te rond sodat die items nie so deurmekaar lyk nie. Help ons asseblief om hierdie verlore goedere-spasie netjies en georganiseerd te hou. Dankie vir hierdie samewerking! Kyk gerus na die skakel … dalk herken jy jouself....
Lees VerderNeem asseblief kennis dat die volgende interne program vanaf 8 Junie tydens skooltyd in werking tree. Op dae waar jou gr. 4 – 7-kind aan sport deelneem, mag hy/sy met sportdrag skool toe kom. Maandag (8 Junie): 07:45 – 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 08:00 – 08:45 Junior Koor oefening in saal 10:00 – 10:20 Pouse 10:30 – 11:45 Sport: Rugby en netbal o.10 – o.13 12:00 – 12:15 Pouse 11:45 – 12:45 Sport: Rugby en netbal o.7 – o.9 12:15 – 13:15 Kultuur: strykensemble oefen 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF Dinsdag (9 Junie): 07:45 – 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 10:00 – 10:20 Pouse 10:30 – 11:45 Sport: Hokkie o.10 – o.13 12:00 – 12:15 Pouse 11:45 – 12:45 Sport: Hokkie o.7 – o.9 12:15 – 13:15 Kultuur: Senior Koor 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF Woensdag (10 en 17 Junie): 10 Junie 07:45 – 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 17 Junie 09:15 – 10:00 Gr. 6 en 7: Hoofleiertoesprake vir hoofseun en -dogter; graad 7’s stem direk na hierdie toesprake in hul klasse 10:00 – 10:20 Pouse 10:30 – 11:45 Sport: Netbal en Rugby o.10 – o.13 17 Junie 11:30 – 12:15 Graad 4 – 7: Bekendmaking van hoofseun en -dogter 2026 12:00 – 12:15 Pouse 11:45 – 12:45 Sport: Rugby en netbal o.7 – o.9 12:15 – 13:15 Kultuur: Senior Koor 13:00 Skool verdaag...
Lees VerderSo op die drumpel van jou graad 1-kind se skoolloopbaan ervaar jy as ‘n ouer baie emosies. Jy besef jou kind word groot en al hoe meer mense word deel van haar wêreld: vriende, onderwysers, die skoolgemeenskap, dalk terapeute en meer. Ons weet mos dat dit ‘n hele gemeenskap verg om ‘n emosioneel sterk en gebalanseerde kind die grootmenswêreld in te stuur. Wanneer ons kinders die “groot skool” betree, word ons “beheer” oor hul doen en late algaande minder.
Lees VerderHier volg ‘n kort opsomming van die laaste week se aktiwiteite: Maandag, 8 Desember: Klasindelings vir 2026 word bekendgemaak Skool verdaag om 13:15 Graad 7-sokkie om 18:00 Dinsdag, 9 Desember: Sivvies Saalbyeenkoms gr. 1 – 6 Leerderraadslede vir 2026 word bekendgemaak Gr. 7-afskeid Senior Koor vir 2026 oefen Skool verdaag om 13:15 Woensdag, 10 Desember: Sivvies Gr. 7’s se laaste saalbyeenkoms 08:00 – 09:30 (Gr. 7-ouers is welkom) Ontvang rapporte (harde kopie en elektronies) Skool sluit...
Lees VerderPrysuitdelings vind op die volgende dae en tye in die skoolsaal plaas. Kom woon dit gerus by. Maandag, 1 Desember 2025: Graad 1: 08:30 Graad 2: 10:00 Graad 3: 11:30 Dinsdag, 2 Desember 2025: Graad 4: 09:00 (Geen Top 10 word aangekondig nie) Graad 5: 11:00 (Top 10 word aangekondig) Donderdag, 4 Desember 2025: Graad 6: 09:00 (Top 10 word aangekondig) Graad 7: 18:00 (Top 10 word...
Lees VerderNeem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly. Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel. Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse: HL (vakhoof): Charlene van Rooyen HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL) FAL: André Lourens FAL: Sharon Mabena Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak...
Lees VerderOns is opgewonde om met hierdie oud-Jannies te spog, aangesien die twee seuns tot die leerderraad van Rondebosch Boys’ High School vir 2026 verkies is. Baie geluk aan Taniel Webber, wat as hoofseun, en Alexander Benecke, as leerderraadslid verkies is. Ons wens hulle alle sterkte toe met die belangrike werk wat vir hulle voorlê. Taniel en sy ouers, Thornley en Elbe Webber. Alexander en sy ouers, Christo Benecke en Barbara...
Lees VerderNeem asseblief kennis van die volgende inligtingsvergaderings wat volgende week plaasvind: Maandag, 3 November: Goedkeuring van begroting 2026 om 18:00 in die skoolsaal (sien mnr. Beets se skrywe). Slegs vir ouers. Dinsdag, 4 November: Oorgang van graad 3 na 4-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 4-ouers van 2026. Slegs vir ouers/voogde. Woensdag, 5 November: Voornemende graad 1-ouers van 2026 ontmoet mekaar om 18:00 in die skoolsaal. Slegs vir ouers/voogde. Donderdag, 6 November: Oorgang van graad 6 na 7-ouerinligtingsgesprek om 18:00 in die skoolsaal. Voornemende graad 7-ouers van 2026. Slegs vir...
Lees VerderNeem asseblief kennis dat eerskomende Maandag en Dinsdag se periodes omruil. Maandag sal Dinsdag se periodes volg m.a.w. senior kooroefening om 07:30, saal, ens. Die graad 7’s van 2020, wat volgende week met hul matriekeindeksamen begin, kom soos elke jaar vir oulaas ons saalbyeenkoms bywoon. Maak asseblief seker dat jou kind se LO-klere en boeke vir die dag se vakke reg ingepak word. Die buitemuurseprogram sal soos normaal voortgaan. Dankie vir die...
Lees VerderWeekliks sing ons die volkslied uit volle bors, arms langs die sye, met groot entoesiasme en uiters trots op ons mooi, diverse land. Ons wil egter verseker dat ons elke taal wat in die volkslied ter sprake is, respekteer deur die woorde korrek uit te spreek. Ons sal dit op ‘n georganiseerde manier met die onderskeie graadgroepe implementeer. Kan ons vra dat julle hierdie video saam met julle kinders by die huis kyk, ter voorbereiding van ons inisiatief: Emirates Karaoke Anthems: South...
Lees VerderOns streef na ope en gemaklike kommunikasie tussen alle partye om gesonde verhoudinge met ons skoolgemeenskap te handhaaf. Ons rig egter ‘n vriendelike versoek om ons kommunikasiepraktyk te respekteer: Indien jy dringend met ‘n onderwyser tydens klastyd wil gesels deur gebruik te maak van WA-geskrewe of stemboodskappe en e-posboodskappe, ens. moet jy asseblief kennis neem dat die onderwyser se kernfokus spesifiek op onderrig en betrokkenheid by ons leerders gedurende klastyd lê. Ons onderwysers beantwoord baie graag boodskappe vanaf ouers, maar doen dit sodra hulle ‘n adminperiode tot hul beskikking het. In ons beleid stipuleer ons dat boodskappe binne 24 uur beantwoord sal word. Indien jy ‘n boodskap dringend onder die onderwyser se aandag wil bring en dit nie kan wag nie, moet jy asseblief vir Adri Marais (LS JvR) en/of Roxanne Kiko (Huppelland) kontak sodat hulle die boodskap direk en spoedig moontlik aan die onderwyser kan oordra. Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband. Kontakbesonderhede: Adri (ontvangs) – 021 423 4209 Roxanne (Huppelland) – 021 424...
Lees VerderOns is super opgewonde en bevoorreg om BCSA en CapeLUG as deel van ons Akademiese- en Kultuurweekprogram te verwelkom. Graad 1 – 3-leerders gaan heerlik blokkies bou terwyl die gr. 4 – 7-leerders torings vooraf in groepe gaan beplan en dit dan met bepaalde blokkies en figuurtjies gaan bou om te bepaal watter groep se toring die sterkste, hoogste, maklikste vervoer kan word, ens. is. BCSA bring hul eie blokkiestelle waarmee leerders gaan speel en bou terwyl CapeLUG se lede hul modelle gaan uitstal vir die maats wat baie geïnteresseerd is in blokkies bou. Hierdie organisasie doen dit vrywillig en geen koste is hieraan verbonde nie. Ons wil hulle egter ondersteun deur blokkies in te samel sodat hulle dit vir ander projekte kan aanwend. Sien gerus die onderstaande inligting oor hierdie organisasie. Information for donations What is Brick Club SA Brick Club SA is a donation driven community initiative that brings play first activities to South African communities. We host free building sessions mainly in public libraries, with occasional Brick Club Experiences at daycares, children’s homes, and community centres. Children are the builders. Parents are welcome to be present and encourage them. Our duck mascot reflects our raise a village idea. Many small parts working together make something strong. Ducks are social, resilient, and intelligent. That spirit shapes how we welcome families and keep play simple, joyful, and...
Lees VerderOm vaardighede aan te leer en kennis uit te bou, begin ons almal deur blokkies te bou. Ons is opgewonde om vanjaar se program en die aktiwiteite met julle te deel: Die Boublokke van Ontwikkeling Beskik jy oor ’n unieke vaardigheid wat jy graag met ons leerders wil deel? Kontak my gerus by...
Lees VerderAlmal van ons benodig uitvoerende funksies. Vir sommige kinders is dit ’n natuurlike proses, maar vir baie kinders bly dit ’n uitdaging en ’n frustrasie. Hierdie vaardigheid is een van die belangrikste vaardighede om te funksioneer in ons besige leefstyl.
Lees VerderHet jy al ooit van Uitvoerende funksies (Executive functioning) gehoor?
Of jy nou bekend is met terminologie soos neurotipies, neurodivers, sensories sensitief of -soekend – ons almal moet die verskillende uitvoerende funksies baasraak om effektiewe kognitiewe ontwikkeling moontlik te maak.
Lees Verder