Huldeblyk aan oud-onderwyser: Vicky Taljaardt
Vicky is sedert Januarie 1991 `n onderwyseres by Laerskool Jan van Riebeeck. Sy het einde 2016 afgetree. Ek het in Januarie 1994 as skoolhoof by Laerskool Jan van Riebeeck begin en baie gou het ek vir Vicky leer ken as ‘n baie deernisvolle persoon wat veral baie omgegee het vir die ‘afvlerkleerders.’ Sy het die senior leerders met spesiale onderwys-behoeftes onderrig. (vroeër is dit spesiale klasse genoem) Beide Laerskool – en Hoërskool Jan van Riebeeck het vir haar baie na aan die hart gelê en sy was in murg en been `n Jan van Riebeecker. Sy was vanaf graad 8 (standerd 6) tot matriek in Hoërskool Jan van Riebeeck….`n Karoomeisie wat in die meisieskoshuis (Die Sop) tuisgegaan het. Alle prestasies van leerders en oud-leerders van beide skole het haar baie trots gemaak. Sy was trots op hulle skooluniforms en hulle geprys as hulle netjies was (buite die skoolterrein) en hulle ook streng aangespreek as die uniform nie netjies of korrek was nie. Vicky was ‘n baie gewilde personeellid en was altyd omring deur personeellede en leerders. Oud-leerders het gereeld die skool besoek en altyd gevra of hulle gou eers by juffrou Vicky kan gaan inloer. Sy het tot en met haar afsterwe baie kontak gehad met baie van haar oud-leerders en was baie trots op hulle prestasies, al was dit hoe gering. Sy het dit altyd gedeel met die...
Lees Verder