Skrywer: Leon Hanekom

Melkbos-Wiskundekompetisie

Na baie voorbereiding het die aand uiteindelik aangebreek om aan die kompetisie deel te neem. Dit was heerlik om die goeie gees in die bus te ervaar. Niemand was op hul senuwees tot en met 10 minute voor die kompetisie nie. Die skole wat aan die kompetisie deelgeneem het,is : Van Riebeeckstrand, Gené Louw, Welgemoed, Mikro, Brackenfell, Table View, Melkbos Privaat, Curro Langebaan, Elkanah House, Chatsworth en ons. In totaal was daar 41 spanne. Die leerders wat ons verteenwoordig het,is: Jacomien van der Westhuizen, Anna van Biljon, Lili Louw, Alexander Newton, Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong, Dawid Adler, Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott, Henry Potgieter, Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten. Die kompetisie is geskryf in 3 afdelings nl. spoedtoetse, woordsomme en woordsomme wat die leerders apart en saam kan uitwerk. Die onsekerheid van waar die leerders lê kon jy op hulle gesigte sien net voor die wenners aangekondig is. Eerste was dit tyd om die wenspanne aan te kondig. 10. Van Riebeeckstrand 9. Curro Langebaan 8. Elkanah House 7. Elkanah House 6. Van Riebeeckstrand 4. Jan van Riebeeck en Gene Louw (Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong en Dawid Adler) 3. Jan van Riebeeck (Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott en Henry Potgieter) 2. Welgemoed 1. Jan van Riebeeck (Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten Daarna was die...

Lees Verder

Tweekamp resultate van die naweek

Die tweekampseisoen het Saterdag afgeskop by Hoërskool Stellenberg. Dit was heerlik om so baie van ons atlete, 18 in totaal, te sien wat deelneem. Die atlete se uitslae van Saterdag: Delmar Benecke – 1ste Willem Vorster – 5de Ané Swanepoel – 1ste Isabella Marais – 2de Ruald Naudé – 5de Dawid-Wiese Viljoen – 6de Alexander Benecke – 4de Albert Griesel – 10de Sophia Liebenberg – 6de Cara Swanepoel – 10de Stef Mostert – 2de John Willcox – 4de Kian Eksteen – 7de Mia Nortjé – 1ste Mari Swanepoel – 5de Isabella van der Walt – 6de Adriaan Huysamen – 11de Bernardt Wiese – 12de Die ondersteuners was baie beïndruk hoe mooi ons altelete lyk en hoe goed hulle presteer het. Die seisoen is nog lank en daar is nog baie byeenkomste wat voorlê, maar dit gee tyd vir nog baie oefening en baie goeie uitslae. Ons sal mooi dophou hoe die atlete se tye...

Lees Verder

Finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie

Ons wens die volgende leerders geluk. Hulle het gekwalifiseer en gaan nou deelneem aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Gr.4 Gr.5 Gr.6 Gr.7 Jan Karsten Stella Malan Peet Karsten Benjamin Pienaar Fredrich Erasmus Armand Meyer Dawid Adler Johann Jordaan Sebastian Maree Jana Brink Alexander Newton Gerard Snijders   Sebastian Boshoff   Albert Matthee Hierdie leerders neem eerskomende Saterdag by Hoërskool Kensington deel. Ons wens vir hulle alle sterkte...

Lees Verder

Tweekampseisoen

Die begin van die TWEEKAMPSEISOEN is om die draai en ek nooi enige leerder uit wat graag sal wil deelneem. Laerskool Jan van Riebeeck het verlede jaar 3de geeïndig by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms en ons sal graag hierdie seisoen ons prestasie wil verbeter. Dit is vir alle ouderdomme vanaf gr.1-7. Die eerste oefeninge begin Maandag 3 September. Indien jy enige verdere inligting verlang kan jy my kontak by...

Lees Verder

Wiskundekamp

Tydens die afgelope langnaweek het ‘n groep graad ses- en sewe-leerders ‘n Wiskundekamp by die skool bygewoon wat Donderdag begin het. Daar is spoedtoetse, probleemsomme en spanwerk gedoen en tussenin is daar ook pretaktiwiteite aangebied. Mnr. Wayne Smit het ‘n aktiwiteit kom aanbied en die leerders het dit baie geniet. Na aandete, nagrus en ontbyt op Vrydagoggend is die laaste aktiwiteit aangebied voordat almal terug huis toe is om die laaste deel van die langnaweek te geniet. Dankie aan die meneer en juffrou Hanekom en meneer Smit vir die reëlings en...

Lees Verder

WKOD-Wiskundekompetisie se datum verander

Die WKOD-Wiskundekompetisie wat die 2de Augustus geskryf moes word, is geskuif na Woensdag 15 Augustus. Die departement het ons in kennis gestel dat die eerste rondte vraestelle nog nie gereed is nie. Alle leerders in gr.4-7 sal aan die rondte deelneem en die skryf van die vraestelle sal tydens skoolure...

Lees Verder

Wiskundekompetisies volgende week

Woensdag 1 Augustus neem 77 van ons leerders deel aan die finale rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie. Hierdie vraestel sal in skooltyd gekryf word. Oefenvraestelle kan van die volgende skakel afgelaai word: http://www.amesa.org.za/Challenge/Wiskunde.html Donderdag 2 Augustus skryf alle graad 4-7 leerders die eerste rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Die 6 leerders wat die beste presteer per graad, gaan deur na die finale rondte van die kompetisie. Daar is altesaam 110 skole wat aan die kompetisie deelneem. ‘n Groot gedeelte van die vraestel bestaan ook uit Amesa vrae. Almal kan dus na die bostaande skakel gaan om ou/oefenvraestelle af te laai. Sterkte met die voorbereiding en ons hou vir elke leerder duimvas. Die leerders wat almal aan die SAMF-Wiskundekompetisie deelneem...

Lees Verder

Jannies presteer by Horizon Wiskundekompetisie

Saterdag, 9 Junie, is agt van ons leerders genooi na die Horizon Math Competition se prysuitdeling. Dit was die eerste keer dat ons leerders deelgeneem het aan die kompetisie en hulle het uitstekend gevaar. Hulle het ook gewys dat Engels hulle nie belemmer om te presteer nie. Daar is altesaam 6954 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het. Daar het 758 leerders gekwalifiseer vir die tweede rondte. Na die rondte was die top 200 leerders genooi om die prysuitdeling by te woon. Die prysuitdeling was gehou in die Baxter. Dit was ‘n goed georganiseerde prysuitdeling. Die name van al die wenners is vanaf 200 – 1 gelees en die spanning het hoog geloop aangesien niemand geweet het waar hulle geeïndig het nie. Die finale uitslae was: 109de Peet Karsten 104de Chris Scott 86ste Christiaan Stimie 79ste Henri Malan 43ste Dawid Adler 33ste Gerard Snijders 31ste Stef Mostert 11de Benjamin Pienaar Ons leerders het weereens gewys ons kan teen enige skool kompeteer en ons staan vir niemand terug nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom en elke ouer wat die leerders vergesel...

Lees Verder

Netbal- en rugbyoefeninge eindig, landloop en skaak gaan voort

Die eksamen is om die draai vir alle Gr.4 – 7 leerders. Alle rugby- en netbalwedstryde is klaar vir die kwartaal. Daar sal vanaf volgende week geen oefeninge meer wees nie. Rugby- en netbaloefeninge sal Maandag 23 Julie, weer begin. Daar sal nog elke Maandag en Woensdag landloopoefening wees vir almal wat wil kom oefen. Die tye van die oefening is vervroeg tydens die eksamen en sal om 13:15 – 14:10 plaasvind. Die oefeninge gaan voort weens die feit dat daar nog wedlope op 1, 8 en 15 Junie is. Skaakoefeninge is ook vervroeg vir die volgende twee weke. Oefening sal nog 7 en 14 Junie plaasvind. Die Gr.1-3’s oefen vanaf 13:00 – 13:30 en die Gr.4-7’s oefen vanaf 13:30 – 14:30. Alle sport vir die kwartaal maak 15 Junie...

Lees Verder

Rugby teen Sunningdale

Ons klein manne, 0/7 en 0/8, het die kwartaal op ‘n hoogtepunt klaargemaak deur beide hulle wedstryde te wen. Ons 0/7’s was vasgevang in ‘n titaniese stryd en beide spanne het baie mooi rugby gespeel. Die wil was net sterker en hulle het die wedstryd gewen met twee drieë teenoor nul. Die 0/8’s het keer op keer gewys hulle is ‘n span wat nie maklik terugstaan vir enige span nie en het die wedstryd gemaklik gewen. Die volgende wedstryde is vroeg in die derde kwartaal. Vir die wedstrydbepalings, gaan kyk op ons webtuiste vir die volledige uiteensetting van alle...

Lees Verder