Skrywer: Leon Hanekom

Netbalproewe

Elf van ons dogters, 0/11-0/13, het Woensdag aan die eerste rondte van die WP-netbalproewe deelgeneem. Ongelukkig het die weer die laaste sê gehad en die leerders gaan weer vandag, 19 April, om die eerste rondte te voltooi. Die leerders is: Keira Brand Jacomien van der Westhuizen Leila Lonte Neena Lonte Klara von Lieres Jana Brink Scarlett van der Merwe Sarah Davids Onela Roxo Stella Malan Ons wens vir al die leerders baie sterkte...

Lees Verder

SAMF-Wiskundekompetisie

Die eerste rondte van die SAMF-wiskundekompetisie sal op 8 Mei, in die klas, geskryf word. Alle leerders vanaf gr.4-7 sal die vraestel skryf. Alle leerders is reeds registreer. Indien julle wil voorberei vir die kompetisie kan julle na die onderstaande webtuiste gaan. Hier kan julle ou vraestelle en memorandums aflaai. Indien jy sukkel om die vraestelle af te laai, stuur ‘n e-pos na leon@jvrprim.co.za en ek sal vir jou kind vraestelle uitdruk. Groete Mnr....

Lees Verder

Horizon Math Competition

Verlede kwartaal het ‘n 20 van ons gr.5-7 leerders deelgeneem aan die eerste rondte van die Horizon Math Competion. Die kompetisie word slegs in Engels aangebied en is soortgelyk aan Amesa. Dit behels insig vrae en die leerders moet baie mooi dink om die probleme op te los. Veertien van ons leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die tweede rondte. Die volgende rondte vind die 12de Mei plaas by Star College, Bridgetown. Ons wil vir die leerders baie sterkte toewens met die voorbereiding. Die leerders, in geen spesifieke volgorde, is: Stella Malan Armand Meyer Alexander Newton Daniël Loots Anna van Biljon Dawid Adler Peet Karsten Benjamin Pienaar Stef Mostert Ethan Brits Henry Malan Gerard Snijders Chris Scott Christiaan...

Lees Verder

Stef Mostert presteer

Stef Mostert het gedurende die afgelope vakansie deelneem aan die SA Level 3 Regional Age Group swemkampioenskappe by die Universiteit van Wes-Kaap. Hy het goue medaljes verwerf vir 50m rugslag, 50m vlinderslag, 200m individuele medley en bronsmedaljes vir 100m vryslag en 100m vlinderslag. Dit is uitstekende prestasies. Wel gedaan...

Lees Verder

Sport begin Maandag 16 April

Alle sport sal volgende kwartaal, Maandag 16 April, begin. Die skool heropen Dinsdag 10 April. Alle onderwysers is daardie dag betrokke by ‘n personeelvergadering en daarom sal die sport eers die week daarna begin. Die volledige sportprogram vir volgende kwartaal is op die webtuiste beskikbaar....

Lees Verder

Chromebooks

Indien u belangstel om ‘n Chromebook vir u kind aan te koop of enige vrae het, kan u vir mnr. Hanekom by leon@jvrprim.co.za laat weet. Die volgende bestelling word op 23 Maart geplaas. Geen bestellings sal daarna aanvaar word...

Lees Verder

Wintersport vanaf volgende week

Neem asb. kennis dat alle Somersport hierdie week tot ‘n einde kom. Baie dankie vir almal se ondersteuning en bydraes tydens die eerste kwartaal. Dit was ‘n moelike eerste kwartaal, veral vir die krieket weens die droogte. Baie min wedstryde is gespeel en ons hoop dat dit na die reënseisoen sal verbeter, in die vierde kwartaal. Vanaf volgende week sal ons begin met die Winterprogram. Die sportrooster sal op Vrydag 9 Maart op die webtuiste gelaai...

Lees Verder

Tweekamp prestasie

Sophia Liebenberg is gekies vir die WP-Tweekampspan wat op 30 Maart in Pretoria sal deelneem aan die SA-byeenkoms. Slegs 5 leerders, seuns en dogters, per ouderdomsgroep, word vir die span gekies. Dit is ‘n uitstekende prestasie en ons is baie trots op haar. Ons hou vir haar...

Lees Verder

Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms

Alexander en Danny Newton het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in Oudtshoorn. Dit is reeds ‘n puik prestasie om tot by die byeenkoms te vorder. Alexander het pragtig gespring, maar ongelukkig op 1.45m uitgeval. Hy het algeheel 5de geeïndig. Danny het deurgedring na die 70m Hekkies finaal en algeheel 6de geeïndig. Hy het ook aan die hoogspring deelgeneem. Met ‘n hoogte van 1.25m het Danny 3de geeïndig en is opgeneem in die Wes-Kaapspan. Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Hy neem deel aan die SA-byeenkoms die 17de Maart in die Paarl. Ons wens vir hom alle sterkte...

Lees Verder

Wêreld Wiskundedag

Op 7 Maart vier ons Wêreld Wiskundedag. Ons gaan wegbreek van die kurrikulum en op die dag pret aktiwiteite in die klas doen. Van Mathletics, Maths24, kopkrappers en vele meer. Jan van Riebeeck maak Wiskunde heerlik. Ons nooi elke leerder uit om soos ‘n “Wiskundige” aan te trek om saam met ons die dag te...

Lees Verder

Mathletics

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou? Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer word. Die program het sy ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr R tot Gr 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Vrydag. Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste. Die volgende vraag sal wees, maar hoeveel kos dit? As u as individu inskryf, is die lisensiegeld per jaar nogal hoog. As ons skool 80 leerders en meer kry kan ons it kry vir R250 per leerder per jaar. ‘n Ongelooflike besparing!!! Dit is minder as R21 per maand. Graad 6- en 7-Leerders hoef nie in te skryf nie. Ons gebruik Mathletics as deel van ons Wiskundeprogram. U sal deur die KARRI-toepassing genooi word tot die program. Indien...

Lees Verder

Atlete maak Jan van Riebeeck trots

Atletiek – WP-byeenkoms Twaalf van ons atlete het verlede Saterdag deelgeneem aan die WP-byeenkoms by Blue Downs. Al WP se beste atlete van meer as 300 skole het deelgeneem. Ons atlete het baie goed presteer. Die uitslae was: Heloise- Strauss 9de Gewigstoot Scarlett van der Merwe- 6de 1200m Marcelle van der Merwe- 4de gewigstoot Alet Hitge- 4de diskus Jacomien van der Westhuizen- 10de hoogspring Tariq Lubowski- 8ste spiesgooi Hannah Badenhorst (Uitdunne)– 200m Hekkies John Wilcox (Uitdunne)- 80m Hekkies Mia Nortjé- 6de 800m en 8ste 1500m Henry Potgieter- 5de Spiesgooi Danny Newton- 2de 70m Hekkies en 3de Hoogspring Alexander Newton- 2de Hoogspring, breek ook WP rekord Die rekord was 1.49m en verbeter na 1.5m Alexander was tweede omdat hy een keer meer die lat afgespring het, maar het dieselfde hoogte as die wenner behaal. Dit is uitstekende resultate en al die atlete kan baie trots wees op hul uitslae. Alex en Danny het dus hulle WP-klere verower en neem eerskomende Saterdag deel aan die Wes-Kaap byeenkoms in Oudtshoorn. Ons wens vir hulle alle sterkte toe en weet dit sal baie goed...

Lees Verder

Nippers presteer

Verlede naweek het Alexander Benecke en Scarlett van der Merwe vir die Clifton Lewensredding Klub aan ‘n Nippers kompetisie deelgeneem. Hulle het teen 7 ander klubs deelgeneem. Alexander Benecke was 2de in die seuns 0/10 “Long beach run”, wat 800m op die los sand was. Scarlett van der Merwe was 1ste in die meisies 0/10 “Long beach run”. Hulle het ook die die 0/10 Taplin Aflos gewen. Die twee neem eerskomende Saterdag aan die WP-kampioenskappe deel in die Strand. Ons wens vir hulle alle sterkte...

Lees Verder

Mathletics

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou? Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer word. Die program het sy ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr R tot Gr 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Vrydag. Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste. Die volgende vraag sal wees, maar hoeveel kos dit? As u as individu inskryf, is die lisensiegeld per jaar nogal hoog. As ons skool 80 leerders en meer kry kan ons dit kry vir R250 per leerder per jaar. ‘n Ongelooflike besparing!!! Dit is minder as R21 per maand. Graad 6- en 7-Leerders hoef nie in te skryf nie. Ons gebruik Mathletics as deel van ons Wiskundeprogram. U sal deur die KARRI-toepassing genooi word tot die program Al...

Lees Verder

Atlete presteer by Metropool-Sentraal byeenkoms

Vrydag het 20 van ons leerders deelgeneem aan die metropool-sentraal atletiekbyeenkoms by Blue Downs. Dit was ‘n lang dag en van ons atlete moes 5ure wag voordat hulle kon deelneem, maar die wag was die moeite werd ,want 12 van ons atlete het gekwalifiseer om eerskomende Saterdag aan die WP-byeenkoms deel te neem. Die uitslae is: Danny Newton – Eerste 70m hekkies en eerste hoogspring Heloise Strauss – Derde gewigstoot Scarlett van der Merwe – Eerste 1200m Marcelle van der Merwe – Eerste gewigstoot Alexander Newton – Derde 75m en 150m Hekkies, tweede hoogspring Jacomien van der Westhuizen – Derde hoogspring Tariq Lubowski – Eerste spiesgooi Alet Hitge – Eerste diskus Mia Nortjé – Tweede 800m en vierde 1500m Hannah Badenhorst – Derde 200m hekkies Henry Potgieter – Tweede spiesgooi John Willcox – Tweede 80m hekkies Baie dankie mnr. Hanekom vir al die reëlings en mnr. Lilly wat op die dag gehelp het. Ons wens vir alle atlete sterkte toe. Ons weet dit sal goed...

Lees Verder

Vygieskraal se datum verander na 16 Februarie

Eerskomende Saterdag sou 20 van ons leerders deelgeneem het aan die metrolpool-sentrale byeenkoms te Vygieskraal. Vygieskraal is egter as onveilig verklaar en die byeenkoms skuif na Blue Downs, Vrydag 16 Februarie. Daar is vervoer vanaf die skool na die byeenkoms en terug skool toe vir alle atlete. Mnr. Hanekom sal die atlete vergesel. Ons atlete wat deelneem is: Stef Mostert Henry Potgieter John Willcox Hannah Badenhorst Kirsten Heyns Mia Nortjé Alexander Newton Tariq Lubowski Alet Hitge Jacomien van der Westhuizen Neena Lonte Marcelle van der Merwe Scarlett van der Merwe Jana Brink Roelf van der Merwe Cayle Stoltz Gizelle Kading Heloise Strauss Lameez Booysen Ons wil vir elke atleet voorspoed toewens. Ons weet julle sal baie goed...

Lees Verder

Jannies kraai koning by Groenpunt

Maandag,5 Februarie, het ons teen 7 ander skole te staan gekom in die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms. Ons atlete het al vroeg in die jaar begin oefen en was reg vir die dag. Van vroeg af is daar opgestel en reggemaak vir die dag. Om 08:00 kon jy die atmosfeer in die stadion voel. Alle atlete was opgewonde en senuweeagtig op dieselfde tyd. Ons atlete het pragtig vertoon . Almal het die skool se atletiekhempie aangehad en ons het van die begin af soos ‘n wenspan gelyk. Om 08:30 het die byeenkoms begin en ons het dadelik ons merk gemaak met Mia Nortjé en Stef Mostert wat die eerste twee items van die dag wen. Ons atlete het verder deur die dag uitstekend presteer. Vanaf die klein 0/7’s tot ons 0/13’s het almal in elke item net hul bes gegee. Baie van ons atlete het ook rekords gebreek. Alexander Newton en Jacomien van der Westhuizen in die hoogspring. Danny Newton in die hekkies. Nicole Prinsloo in die gewigstoot en Stef Mostert in die 800m. Hierdie prestasies was net deel van ‘n puik spanpoging. Dit was 37°C en ons atlete het hul deursettingsvermoë gewys. Na alle items amper verby was, was dit tyd vir die aflosse. Die hoogtepunt van die dag. Dit was ongelooflik om te sien hoe goed ons gevaar het. Al ons aflosse het in die top 3 geeïndig....

Lees Verder

Tweekamp atlete presteer

Verlede Saterdag, 3 Februarie ,het 10 van ons atlete ons skool verteenwoordig by die interprovinsiale tweekampbyeenkoms te Oudtshoorn. Vir die eerste keer in die laerskool se geskiedenis het Laerskool Jan van Riebeeck gekwalifiseer om in skoolverband aan die kompetisie deel te neem. Slegs die top 3 skole in elke provinsie kwalifiseer, dus was daar 12 skole in totaal. Die provinsies wat deelgeneem het was, WP, Boland, SWD en OP. Die skole per provinsie wat gekwalifiseer het was: WP – De Hoop, Laerskool Durbanville en Jan van Riebeeck. Boland: Laerskool Olifantsvallei, Curro Langebaan en Paarl Gimnasium. SWD: Knysna Laer, George Suid en Glenwood. OP: Sunridge, Summerwood en Lorraine. Die kompetisie was baie sterk, maar ons atlete het gewys dat harde werk en met deursettingsvermoë is enige iets moontlik. Jan van Riebeeck eindig 3de in skole kompetisie na Laerskool De Hoop en Olifantsvallei. Ons atlete was: Sophia Liebenberg Albert Griesel Hein Liebenberg Stefan Griesel Alexander Benecke Lourens van der Walt Isabella van der Walt Henry Potgieter Stef Mostert Elmarie Combrink. Die is ‘n uitmuntende prestasie en ons atlete kan hul koppe baie hoog hou. Julle het Jan van Riebeeck se naam hoog gehou. Ons is baie trots op julle. Ons wil ook vir mnr. Hanekom bedank vir sy toewyding en afrigting om al ons atlete voor te...

Lees Verder

Interskole 5 Februarie

Eerskomende Maandag neem 64 van ons atlete deel teen 7 ander skole by Groenpuntstadion. Hier volg ‘n paar algemene reëlings: 1. Alle atlete moet om 07:45 by die stadion wees. Die eerste item begin om 08:30 2. Ons moedig alle leerders aan om van eie of publieke vervoer gebruik te maak. Parkering is baie beperk en alle skole het slegs toegang tot parkering – P4. Indien die parkering vol is moet publieke parkering gebruik word. Niemand mag in enige ander parkeer blokke parkeer nie. 3. Atlete moet deur die VIP-ingang toegang tot die stadion bekom. Toegang vir ouers is aan die voorkant van die stadion. Toegang is gratis. 4. Juf van Zyl en van der Merwe sal die leerders daar ontvang om vir elke atleet ‘n armband te gee. Niemand mag in die stadion gaan sonder ‘n armband nie. 5. Onthou asb. waterbottel en hoed, maar geen glasbottels word toegelaat nie. 6. Atlete moet die skool se atletiekhempie (elke leerder het een ontvang) en blou broekie aan hê. 7. Verversings sal op die dag verkoop word. 8. Geen leerder mag die perseel verlaat sonder ‘n ouer en die toestemming van die spanbestuurders nie. Spanbestuurder is juf. van Zyl, van der Merwe en mnr. Hanekom. 9. Wanneer atlete nie deelneem nie moet hulle op die pawiljoen wees. Geen ouers word toegelaat op die baan nie. 10. Leerders moet onthou om...

Lees Verder