Woensdag 1 Augustus neem 77 van ons leerders deel aan die finale rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie. Hierdie vraestel sal in skooltyd gekryf word. Oefenvraestelle kan van die volgende skakel afgelaai word: http://www.amesa.org.za/Challenge/Wiskunde.html

Donderdag 2 Augustus skryf alle graad 4-7 leerders die eerste rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Die 6 leerders wat die beste presteer per graad, gaan deur na die finale rondte van die kompetisie. Daar is altesaam 110 skole wat aan die kompetisie deelneem. ‘n Groot gedeelte van die vraestel bestaan ook uit Amesa vrae. Almal kan dus na die bostaande skakel gaan om ou/oefenvraestelle af te laai.
Sterkte met die voorbereiding en ons hou vir elke leerder duimvas.

Die leerders wat almal aan die SAMF-Wiskundekompetisie deelneem is: