Skrywer: Leon Hanekom

Sportdag te Goudini: Rugbyuitslae

Die jaarlikse driehoekigebyeenkoms tussen ons, Goudini en FD Conradie het Saterdag 26 Mei, te Goudini plaasgevind. Dit was ‘n koue oggend en die mis het dig op die velde gelê. Ten spyte daarvan het dit nie ons spanne se moed gedemp nie en het hulle uitstekend presteer. Dit was lekker om ouers, spelers en onderwysers in goeie gees langs die sportvelde te sien. Die rugbyuitslae was as volg: 0/7’s verloor teen Goudini en wen teen FD Conradie 0/8’s wen teen Goudini en FD Conradie 0/9’s wen teen Goudini en FD Conradie 0/11’s wen teen Goudini en FD Conradie 0/13’s verloor teen Goudini en FD Conradie (net-net teen albei spanne! ) Dit was ‘n baie suksesvolle sportdag. Dankie aan elke afrigter en ouer wat die dag moontlik gemaak het vir elke speler. Hulle het dit baie geniet. Die volgende wedstryde vind in die derde kwartaal...

Lees Verder

Jannies presteer by Engelse Wiskundekompetisie

Ons is baie trots om te kan sê ons het 8 leerders wat in die top 200 leerders van die Horizon Math Kompetisie geeïndig het. Dit is ‘n ongelooflike prestasie aangesien die kompetisie net in Engels geskryf word. Van al die skole wat vir die kompetisie ingeskryf het, het Jan van Riebeeck die 5de meeste kinders wat in die top 200 is en boonop was ons die enigste slegs-Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Ons lê bo skole soos Elkanah House, Herzlia, Golden Grove, Llandudno, Oakhurst, Panorama en Greenfields. Baie geluk aan die volgende leerders wat so mooi presteer het: Graad 6: Dawid Adler en Peet Karsten Graad 7: Stef Mostert Henri Malan Benjamin Pienaar Chris Scott Gerard Snijders Christiaan Stimie Die prysuitdeling is Saterdag 9 Junie, by Star College. Wel gedaan, julle hou ons naam...

Lees Verder

Rugbyuitslae teen Reddam

Woensdag het ons 0/8-0/11 spanne teen Reddam te staan gekom. Dit was vriendskaplike wedstryde wat gereël was om ons spelers ‘n wedstryd te gee voordat ons die naweek vir Goudini en FD Conradie aanvat. Die uitslae was: 0/8 wen 25-20 0/9 verloor 20-5 0/11 wen gemaklik. Ons wil vir alle spanne sterkte toewens vir die...

Lees Verder

Rugbywedstryde teen Reddam

Eerskomende Woensdag speel ons 0/8 – 0/11 spanne teen Reddam, tuis. Die 0/7 span gaan wel saam, al het Reddam ongelukkig nie ‘n 0/7 span nie. Ons het besluit dat hulle sommer teen mekaar gaan speel.

Lees Verder

Netbalwedstryde van 23 Mei, uitgestel

Die netbalwedstryde wat vir Woensdag 23 Mei geskeduleer was, is uitgestel na Maandag 28 Mei. Goodwoodpark kan ongelukkig nie Woensdag na ons toe kom nie. Hulle het ‘n kooroptrede en is bang die leerders is nie betyds vir die optrede nie. Alle wedstryde vind by ons...

Lees Verder

Rugbyuitslae teen Milnerton

Ons 0/9 – 0/11 spanne het Woensdag teen Milnerton te staan gekom. Ongelukkig het Milnerton nie 0/7- en 0/8-spanne nie en ons klein manne het eers hierdie week se wedstryde uitgesit. Die 0/9’s het stadig aan die gang gekom, maar gemaklik gewen deur ag keer oor die doellyn te gaan. Die 0/11’s het uitstekend gespeel en was op die dag net te sterk vir Milnerton. Hulle wen gemaklik met ‘n telling van 35-5. Die 0/13’s was in ‘n titaniese stryd en met minder as vyf minute oor het ons ‘n drie gedruk. Alexander Newton se pragskop uit die hoek van die veld het vir die wenpunte gesorg. Ons wen met ‘n telling van 7-5. Baie geluk aan alle spanne. Ons hou duimvas vir al ons volgende...

Lees Verder

Mathletics

Indien jy vir jou kind betaal het vir Mathletics deur die Karri-toepassing, onthou om die bewyse van betaling na leon@jvrprim.co.za te stuur, sodat ons jou kind se intekenbesonderhede en wagwoord vir jou kan stuur.Baie...

Lees Verder

Mathlete van die week

Hierdie week se top drie leerders met die meeste punte vir Mathletics is: 3. Alexander de Jong – 5 263 punte 2. Cara Swanepoel – 6 048 punte 1. Daniel van Reenen – 11 303 punte Baie geluk Daniel, met jou eerste plek twee weke in ‘n...

Lees Verder

Rugbywestryde teen Monte Vista

Die rugbyseisoen het Woensdag 9 Mei afgeskop. Al ons spanne vanaf 07 – 0/13 was in aksie en ons spelers het spoggerig gelyk in hulle rugbytruie. Al ons spanne het pragtig gespeel en nie een span het verloor nie. Hier is die uitslae: 0/7 wen 15-5 0/8 wen 20-5 0/9 wen 30-5 0/11 wen 22-0 0/13 wen 14-12 Dit is ‘n uitstekende begin vir die seisoen. Ons wens vir elke span alle sterkte toe vir die wedstryde wat voorlê. Volgende week speel ons tuis teen Milnerton. Hulle het ongelukkig net 0/9 – 0/13 spanne. Ons sal ons bes probeer om vir die 0/7-0/8 spanne ook ‘n wedstryd te reël. Alle inligting rakende die wedstryd sal d.m.v. google forms, aan alle ouers wie se kinders speel, gestuur word....

Lees Verder

Horizon Wiskundekompetisie

Veertien van ons leerders neem eerskomende Saterdag deel aan die tweede ronde van die Horizon Wiskundekompetisie. Hierdie kompetisie word slegs in Engels aangebied. Die leerders het alreeds puik presteer om te kwalifiseer vir die tweede ronde. Die leerders wat deelneem is : Graad 5: Stella Malan en Armand Meyer Graad 6: Alexander Newton, Daniel Loots, Anna van Biljon, Dawid Adler en Peet Karsten Graad 7: Benjamin Pienaar, Stef Mostert, Ethan Brits, Henry Malan, Gerard Snijders, Chris Scott en Christiaan Stimie. Ons wil vir elke leerder sterkte toewens en hou vir elkeen...

Lees Verder

Mathlete van die week

Dit is heerlik om te sien hoe baie ekstra wiskunde ons leerders by die huis doen. Daar is besonder baie leerders wat na ure aan die Mathletics program deelneem. Dit help ons leerders om beter te presteer. Die top 3 leerders wat die meeste punte verlede week op Mathletics verower het is: Daniel van Reenen – 7023 punte Milan Eygenberger – 3924 punte Alexander de Jong – 3120 punte Baie geluk Daniel, jy is die Mathlete van die...

Lees Verder

SAMF-Wiskundekompetisie

Alle leerders vanaf graad 4-7 skryf vandag die eerste rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie. Leerders wat meer as 50% in die eerste rondte kry, gaan deur na die tweede rondte. Sodra alle vraestelle klaar gemerk is, sal ons die leerders bekend maak wat na die volgende rondte toe deurdring. Sterkte aan...

Lees Verder

Peet presteer by SA Interpro Tenniskampioenskappe

Peet het die langnaweek deelgeneem aan die SA Interpro byeenkoms in Bloemfontein as deel van die WP span. Die WP span het algeheel tweede geeïndig (hulle het net-net teen Boland in die finaal verloor). Peet het al sy enkelwedstryde gewen en dus ‘n baie goeie toernooi gehad, maar ongelukkig nie die SA-span gehaal nie. Dit is nog steeds ‘n ongelooflike prestasie om die Interpro span te haal – wel gedaan Peet! Peet staan in die agterste ry heel...

Lees Verder

Rugbyoefening Woensdag 2 Mei

Aangesien daar geen oefening Maandag en Dinsdag is nie weens die langnaweek, sal daar rugbyoefening vir 0/9-0/13 Woensdag wees. Die eerste wedstryd sal Woensdag 9 Mei plaasvind. Verdere inligting rakende die wedstryd sal volgende week gestuur word. Die volledige wedstrydbepalings is te sien op die...

Lees Verder

Wedstrydbepalings

Ons sal op ‘n gereelde basis almal in kennis stel van enige nuwe ontwikkelinge en ekstra wedstryde wat gereël of geskuif word. Ons eerste wedstryd is geskeduleer vir Woensdag 2 Mei teen Wolraad Woltemade. Ek deel graag die boodskap wat ek vandag van hulle ontvang het: As a result of the ongoing water crisis and the negative impact it has had on our sport fields, the school has made the decision to cancel the 2018 rugby season, effective immediately. The main driver of the decision wat the deterioration of the condition of the rugby fields, making practicing and playing matches near impossible. Please accept our apologies for the late notice, this was a consequence of only have received the fixtures yesterday. Thank you in advance for your understanding and support. Indien ons ‘n ander westryd in plek van die bogenoemde wedstryd kan reël , sal ons almal op hoogte hou. Gewysigde Rugbydatums: Rugby wedstrydbepalings 2018...

Lees Verder

Peet Karsten is op pad SA’s toe

Peet is een van slegs 6 spelers in die provinsie wat gekies is om aan die SA InterPro-tennisbyeenkoms deel te neem in Bloemfontein. Hy is deel van die Western Cape Disasspan. Die byeenkoms is vanaf die 27ste – 30ste April. Peet staan ‘n kans om ná die toernooi gekies te word vir die SA-skolespan wat later die jaar oorsee deelneem. Hy verower ook sy Wes-Kaapkleure in Tennis. Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Ons wens vir hom alle sterkte toe en weet dit sal goed...

Lees Verder

Netbalproewe uitslae

Donderdag 19 April ,was die eerste rondte proewe vir die 0/11-0/13 netbalspelers. Nadat dit Woensdag uitgereën het,het almal die geleentheid gehad om hul bes te wys. Ons spelers het besonder goed gedoen . Daar is 4 spelers wat deur is na die volgende rondte: Sarah Davids, Leila- en Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen. Baie geluk aan elke speler wat deur is na die tweede rondte. Die tweede rondte is op 25 April by Curro Durbanville. Ons hou vir elkeen...

Lees Verder

‘n Kykie terug na die tweekampseisoen

Die tweekampseisoen het einde Maart geeïndig. Dit was ‘n uiters suksesvolle seisoen en ons atlete het uitstekend presteer. Jan van Riebeeck het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer 10 atlete te hê wat gekwalifiseer het om aan die Interprovinsiale-byeenkoms deel te neem. Ons het ook vir die eerste in die top 3 skole geeïndig en gekwalifiseer om as skool te kon deelneem aan die Interprovinsiale-byeenkoms. Hier het ons altelete uitstekend presteer en Jan van Riebeeck het algeheel 3de in die kompetisie geeïndig. Ons het skole soos Durbanville, Paarl Gimnasium en Curro ore aangesit. Sophia Liebenberg is ook gekies in die WP-span wat aan die SA’s deelgeneem het. ‘n Uitstekende prestasie en sy het baie goed gevaar. Kom ons kyk hoe het ons atlete se tye tydens die seisoen verbeter het : Van ons atlete het hul hardlooptye verbeter met meer as 20 sekondes en dieselfde vir die swem. Dit was ‘n uitstekende seisoen. Die nuwe seisoen begin einde Augustus. Indien jy meer wil weet oor tweekamp, kan jy vir mnr. Hanekom e-pos by: leon@jvrprim.co.za. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan elke ouer wat tydens die jaar ondersteun het en ‘n bydrae gelewer het. Ons wil ook vir mnr. Hanekom bedank vir al die naweke wat hy opgeoffer het en die uitstekende afrigting.   Hardloop Begin Hardloop Einde Swem Begin Swem Einde   Sophia Liebenberg 3.36.38 3.16.77 53.84...

Lees Verder