o.13A Krieketwedstryd vs. Pinelands, 16 Feb (WEG)
SPANNE: O.13A PLEK: Pinelands, Union Ave. VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie • Lang wit krieketbroek • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL WOENSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. 1. Conrad Bezuidenhout 2. Ruben Eksteen 3. Frank van der Walt 4. Andre Marais 5. Ruben Oosthuizen 6. Dawid-Wiese Viljoen 7. Johan Symington 8. Armand Coetzer 9. Riciano Bastiaan 10. Willem Vorster 11. Delmar Benecke Kliek HIER vir die...
o.9 Krieketfees @ Symmonds, 14 Feb
Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.9 A & B PLEK: SYMMONDSVELD Kampsbaai VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY DIE SKOOL: 16:30 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.9 Blou 1. Sion Botha 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Arjen Faling 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Willem Viljoen 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Ruwa Christie 3. Peet Swart 4. Jacob Venter 5. Stef Nel 6. Karl von Lieres 7. Luc Zietsman 8. Sebastian Zietsman Kliek HIER vir die...
Tenniswedstryde: Table View-Liga, 15 Feb (WEG)
Table View-Liga: Seuns A (juf. Mardry Wright) WEG vs Parklands SPANNE: Seuns A 1. Andre Marais 2. Jan-Willem Silvis 3. Ben Esterhuyse 4. Francois Boshoff PLEK: 1 College Avenue, Sandown, Parklands, Hoërskool WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Table View-Liga: Gemengde A (juf. Andri de Villiers ) WEG vs Van Riebeeckstrand SPANNE: Seuns A 1. Juan Cruywagen 2. Jake van der Walt 3. Stella Zulch 4. Anna Louw PLEK: Laerskool Van Riebeeckstrand WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...
Tenniswedstryde: Noord-Liga, 15 Feb (TUIS en WEG)
Noord-liga: Seuns A (juf. Marianne Conradie) TUIS vs Laerskool Brackenfell 1. Dawid-Wiese Viljoen 2. Adriaan Wessels 3. Johan Symington 4. Gustav van der Linde Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Seuns A-span PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 13:45 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Dogters A span (juf. Suné Swanepoel) TUIS vs WELGEMOED 1. Stella Lamprecht 2. Klara Maree 3. Jeanne van Heerden 4. Katia van Wyk Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Dogters A span PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie en blou JVR Eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Gemengde span (Juf Maricqe Coetzer) WEG vs SAFFIER 1. Pierre-Jacque Smit 2. John Gilmer 3. Stella Pansegrouw 4. Ane Swanepoel Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Gemengde Span PLEK: Laerskool Saffier VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...
Nuwe elektronika vir Kodering en Robotika
Opgewondenheid gons in die Kodering en Robotikaklas! Ons het gister ‘n pakkie vanuit Nederland ontvang wat aan Laerskool Jan van Riebeeck deur Plumpot Academy met JP Potgieter as kontakpersoon geborg is. Die pakkie bevat eerste-in-sy-soort elektronika wat spesiaal vir ons skool ontwerp is. Die ontwerp gaan leerders help om die toepassingsvaardighede beter te verstaan. Die skool se wapen is selfs op elke PCB (Printed circuit boards) aangebring! Dit dra by tot ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die leerarea. Kodering en Robotika het vyf verskillende fokusareas en een van hulle is robotika. Elektronika vorm deel van hierdie toepassingsvaardighede. Elke graad het ‘n projek wat spesifiek op die KABV (kurrikulum) gebaseer is. Ons is die eerste skool in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke hulpbronne gaan gebruik. Ons sien uit na die verdere ontwikkeling van hierdie leerarea onder leiding van juf. Suné...
Geagte Ouers / Voogde
Vanjaar poog ons ‘n groter fokus op Groei-ingesteldheid (‘Growth Mindset’). Al gewonder watter boodskappe jy jouself vertel indien sukses jou die heeltyd ontwyk? Mense met vaste groei-ingesteldheid glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee hulle "gebore is" en dat dit nie kan verander nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan uitbrei/ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal baasraak. Ons doel met groei-ingesteldheid is om ‘n skoolgemeenskap te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, uitleef. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word. Dus wil ek julle versoek om jou kind/ers onder jou wakende oog ‘n kans te gee om ‘n bietjie te waag en selfs te misluk terwyl hulle nog jonk is sodat die spreekwoordelike groei-ingesteldheid se ‘spiere’ kan oefen. Vertel vir jou kinders dat bekendes soos Albert Einstein, Walt Disney, Steve Jobs, Michael Jordan en Oprah Winfrey verskeie mislukkings ervaar het. Hulle het egter nooit tou opgegooi of weggestap van hul drome nie. ‘n Mens leer dikwels die belangrikste lewenslesse wanneer jy misluk. Ek sê gereeld vir ons sportspanne dat ‘n mens eintlik net leer wanneer jy eers verloor. Kollektief moet ons, ons kinders leer dat om te verloor of te misluk deel van die lewe is,...
‘n Aand met Stef Bos onder die sterre
2 Maart 2023 R300 vir volwassenes Kinders kom verniet Kaartjies op Karri te koop Deure open vanaf 17:00 en die vertoning begin om 19:00 Kosstalletjies beskikbaar: Bestellings vir etes kan vooraf geplaas word. Kies asseblief op Karri wat jy wil bestel en maak jou betaling. Op die aand van die konsert sal julle die etes van die stalletjie kan afhaal mits jy jou kosplakker/s wys. Jy sal jou kosplakkers op die aand van die konsert by die ingang ontvang. Jou naam en bestelling sal op ‘n lys wees. Stap net na die gemerkte tafeltjie - ‘kosplakkers’. Opsies beskikbaar die aand wat vooraf bestel moet word en betaalbaar is op Karri: Chicken Strips & Fries R75 Chicken Burger & Fries R115 Beef Burger & Fries R135 Poké Bowl R165 (Norwegian salmon, radish, pickled red onion, carrots, cucumber, sushi rice, pickled ginger, edamame beans, nori and a lemon soy dressing) Falafel burger & Fries R90 Julle is welkom om vriende en familie te nooi. Julle kan namens hulle op Karri...
Interskole atletiek: uitslae
Kliek op die foto's hier onder vir die onderskeie uitslae:
Dawid-Wiese presteer in TSA-toernooi
Dawid-Wiese het die naweek aan 'n TSA-tennistoernooi deelgeneem. Hy het in die 0.14 Boys Gold gespeel en in die finaal met 7-5, 6-4 gewen. Dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om uiters trots op te kan wees. Welgedaan, Dawid-Wiese!
Tennisuitslae: 8 Feb
Op 8 Februarie het al ons tennisspanne tuis- of weg wedstryde gespeel. In die Noord-Liga het ons Seuns A-span teen Welgemoed, Dogters A teen Durbanville en ons Gemengde A teen Totius te staan gekom. Ongelukkig het beide ons seuns- en dogterspanne verloor, maar het hul pragtig van hul taak gekwyt. Die Gemengde span wen teen Totius. In die Table View-liga het ons Gemengde A-span gemaklik teen CBC gewen. Baie geluk met die pragtige...
Tennisuitslae: 1 Feb
Woensdag, 1 Februarie, het drie van ons tennispanne aan die eerste wedstryde vir die jaar deelgeneem. In die Noord-liga het ons seuns A-span (Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Nils le Roux en Gustav van der Linde) teen Durbanville te staan gekom en ons dogters A-span (Stella Lamprecht, Klara Maree, Jeanne van Heerden en Katia van Wyk) teen Gene Louw. Die seuns het werklik uitstekend gespeel en Durbanville se A-span met 4-2 geklop, wat ‘n merkwaardige prestasie is. Die dogters het ongelukkig verloor, maar hulle tellings was baie naby aan mekaar. In die Table View-liga het ons seuns A-span (Rafa Lamprecht, Pierre-Jacques Smit, John Gilmer en André Marais) teen Van Riebeeckstrand gespeel. Die seuns het baie goed gespeel en 5-1 gewen. Dit is ‘n uitstekende begin vir die jaar en ons wens al ons tennispelers sterkte met die res van die seisoen...
Interskole Atletiek terugvoer
Maandag, 6 Februarie, het 73 van ons atlete aan die interskole deelgeneem wat by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaasgevind het. ‘n Spoggeleentheid waar 10 skole (meer as 500 atlete) bymekaar gekom het om op die dag teen mekaar mee te ding. Dit was uiters warm, maar dit het nie ons atlete se moed gebreek nie en hulle het uitstekend presteer. Die atlete wat deur is na die Sone-kampioenskappe (25 Februarie, Vygieskraal) is: Ané Swanepoel, 1ste 1200m Delmar Benecke, 1ste 1200m, 1ste 150m, 150m H Nils le Roux, 1ste 1200m, 1ste 70m H (Rekord) Cato Terblanche, 1ste 1200m, 1ste 80m, 1ste 100m, 1ste verspring Bella Naylor, 2de 80m, 1ste 70m H, Rafa Lamprecht, 2de 80m, 1ste 70m H Dane Botha, 2de 100m Jana Olivier, 1ste 150m, 150m H, diskus Michaan Naylor, 2de 150m, 2de 75m H Sophia Newton, 1ste 75m H, 200m H Dawid-Wiese Viljoen, 2de 80m H, 200m H, diskus Ella van der Walt, 1ste hoogspring Mari Steyn, 1ste hoogspring Klara Steyn, 1ste hoogspring, 200m H Daniella Boshoff, 150m H Frank van der Walt, 150m H, diskus Mieke Bremer, diskus Om alles af te sluit, het ons aflosspanne in 5 van die 8 wedlope die eerste plek behaal. Baie geluk aan elke atleet wat so pragtig presteer het. Ons is trots op julle. Die dag was ‘n groot suskes en het uiters vlot verloop. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat alle reëlings rakende die byeenkoms behartig...
Krieketuitslae, 7 Feb
Dinsdag, 7 Februarie, het beide ons 0.9-spanne tuis teen Kronendal gespeel. Die 0.9-Groenspan het ‘n naelbyter gehad en die wedstryd met slegs 1 lopie gewen. Die 0.9-Groenspan het gemaklik met 27 lopies gewen. Woensdag, 8 Februarie, het die 0.11A-span teen Kampsbaai gespeel. Dit was hulle eerste wedstryd vir die jaar. Ons het eerste gekolf en 122/3 in ons 20 boulbeurte aangeteken. Ben Fouché het 37 lopies nie uit nie aangeteken en ook 3 paaltjies geneem. Kampsbaai het gaan kolf en kon slegs 95/8 in hul 20 boulbeurte aanteken. Uitstekende begin vir die seisoen. Ons 0.11B-span het teen ‘n baie sterk Rondebosch te staan gekom. Die manne het alles gegee en Rondebosh kon slegs 74 lopies aanteken. Ongelukkig kon ons slegs 46 lopies aanteken en verloor die wedstryd met 28...
Kooroefening vir Senior koor
Lede van die Senior koor moet Saterdag, 18 Februarie, om 09:00 - 13:00 by die skool vir 'n oefening wees. Dit is altyd 'n lekker afskop vir die jaar en ons kry baie gedoen. Leerders bring genoeg kos en drinkgoed saam en dra gemaklike klere. Ouers moet asb. slegs die voorste hek vir op- en aflaai gebruik. Daar sal sekuriteit wees. Kom haal asb. die leerders STIPTELIK om...
Swem: Oggendsessies
Alle swemmers (gr. 4 – 7) wat verlede jaar aan enige van die swemgalas deelgeneem het, word vriendelik uitgenooi om Maandae en Vrydae die oggendsessie by te woon. Ons moedig veral leerders wat eerste of tweede in 'n item by die swemgala gekom het, aan om dit by te woon. Jonger swemmers sal tydens die normale swemoefening geïdentifiseer word en afrigters sal aandui watter swemmers ook die sessies kan bywoon. Die oefening is vanaf 06:30 – 07:30. Leerders sal die geleentheid kry om hul klere voor die skool begin aan te trek. Korrekte skool-swemdrag en swempet moet gedra...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026