Woensdag, 1 Februarie, het drie van ons tennispanne aan die eerste wedstryde vir die jaar deelgeneem.

In die Noord-liga het ons seuns A-span (Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Nils le Roux en Gustav van der Linde) teen Durbanville te staan gekom en ons dogters A-span (Stella Lamprecht, Klara Maree, Jeanne van Heerden en Katia van Wyk) teen Gene Louw.

Die seuns het werklik uitstekend gespeel en Durbanville se A-span met 4-2 geklop, wat ‘n merkwaardige prestasie is.

Die dogters het ongelukkig verloor, maar hulle tellings was baie naby aan mekaar.

In die Table View-liga het ons seuns A-span (Rafa Lamprecht, Pierre-Jacques Smit, John Gilmer en André Marais) teen Van Riebeeckstrand gespeel. Die seuns het baie goed gespeel en 5-1 gewen.

Dit is ‘n uitstekende begin vir die jaar en ons wens al ons tennispelers sterkte met die res van die seisoen toe.