Oud-Jannie presteer

Baie geluk aan Sophia Liebenberg wat vir die 0.15A Top Skole Netbalspan gekies is wat Desember in Malta gaan toer. Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie van Sophia! Ons wens haar alle sterkte en voorspoed toe. Baie geluk, Sophia!

Fotobestellings

Leerders kan van hierdie week af foto's bestel. Elke leerder wat op die onderskeie fotodae teenwoordig was, het 'n koevert vir die verskeie bestellings ontvang. Laaste dag vir bestellings: Vrydag, 21 April 2023 Vul asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in. Klasfoto's en individuele foto's word by die klasonderwyser bestel en betaal. Julle is ook welkom om aanlyn op Lunchbox Photography se webtuiste te bestel. Wagwoord vir aanlyn bestellings:...

Skrywersbesoek: Chrystal Donna Roberts

Aan die begin van hierdie week het die televisie-aanbieder en aktrise, Chrystal Donna Roberts, met die graad 4 tot 7-leerders kom gesels. Chrystal is veral bekend vir haar rolle in televisiereekse soos Fynskrif en Fraksie, asook die 2017 film, Krotoa. Ons was verskriklik opgewonde om haar by die skool te ontvang. Sy het onlangs haar debuut as skrywer gemaak met die jeugroman Speurder Sammi, en het meer oor hierdie verhaal en die skryfproses daaragter met ons gedeel. Dit was heerlik om te hoor hoe Chrystal haar liefde vir stories deel, asook die wete dat geen droom ooit te groot is om na te jaag nie. Die leerders was absoluut gaande oor Chrystal – sy is plat op die aarde, het ‘n warm, oop gemoed en is beslis iemand by wie die leerders kon aanklank vind. Ons sien uit om haar gou weer te...

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die besondere meevallertjie van ‘n lekker langnaweek vanaf 18 – 21 Maart 2023 terdeë geniet en die tyd gebruik om kwaliteit tyd saam met jul gesin en/of familie te spandeer. Dinsdag, 21 Maart, was natuurlik die vieringe van Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense hulle eintlik aan die betekenis van die dag steur. Hierdie besondere dag was juis ingestel ter nagegedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag betoog teen die destydse paswette. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet is en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat so iets nooit weer in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef. Hierdie week mag dalk kort wees, maar dit is propvol aktiwiteite met die volgende uitstappies wat sedert Woensdag, 22 Maart, geskied het: Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 23 Maart. Die dag is ongelukkig uitgestel na Maandag, 27 Maart, as gevolg van sterk winde kon die kabelkarretjie nie gebruik word nie. Die teleurstelling was baie groot, maar die juffrouens het vinnig ‘n lekker piekniek gereël om die gemoedere weer positief te kry. Gr. 2-uitstappie na Checkers op 22 Maart. Gr. 3-uitstappie op die rooi bus na die World of Birds...

Markdag: 30 Maart

Markdag vind op Donderdag, 30 Maart, van 12:00 tot 12:45 plaas. Tafels is beskikbaar teen R15 per tafel en kan op die Karri-toep betaal word. Slegs gr. 4 - gr. 7-leerders kan hierdie kwartaal by markdag verkoop.   Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie.

Sportklinieke: 27 en 28 Maart

Ons gaan volgende week, 27 & 28 Maart, vaardigheidsklinieke vir die gr. 1 - 3-leerders aanbied. Hierdie klinieke fokus op vaardighede en is nie net vir leerders wat aan die onderskeie sportkodes deelneem nie. Dit sluit ook by ons LO-klasse aan. Dit vind gedurende skoolure plaas. Alles vind by die skool plaas sodat vervoer nie 'n probleem is nie. Die netbalafdeling word deur WPNA (pienk tannies) aangebied, die rugby deur TAG-rugby en die hokkie deur SportsHub. Maandag: 27 Maart (Netbal en TAG rugby) Gr. 1 = 08:00 Gr. 2 = 09:15 Gr. 3 = 10:30 Dinsdag: 28 Maart (Hokkie) Gr. 1 seuns en dogters = 08:00 Gr. 2 seuns en dogters = 09:00 Indien ‘n seun eerder netbal of ‘n dogter rugby wil doen, is hul welkom. Hulle kan ongelukkig nie beide doen nie. Hierdie sessies is gratis en vorm deel van...

WP-tennisspelers

Baie geluk aan die onderstaande leerders wat gekies is vir die Cape Town (WP) tennisspanne: 0.11 Jeanne van Heerden Stella Pansegrouw Rafa Lamprecht Nils le Roux 0.12 Adriaan Wessels Ané Swanepoel Gustav van der Linde 0.13 Stella Lamprecht Dawid-Wiese Viljoen Sodra hierdie leerders aan enige van die provinsiale byeenkomste deelneem, ontvang hulle WP-kleure. Welgedaan aan elke speler. Dit is 'n uitmuntende...

Graad 5-ouerinligtingsessie

Beste Graad 5-Ouer Kom woon asseblief die graad 5-inligtingsessie op 29 Maart om 18:00 in die skoolsaal by rakende die gebruik van die skootrekenaars wat alle gr. 5's aan die begin van kwartaal 2 sal ontvang. Die volgende sal bespreek word: Leerders en ouers se verantwoordelikheid t.o.v. die skootrekenaars. Hoe dit in die klaskamer gebruik gaan word. Bespreking van 'n dokument wat ouers moet onderteken en terugstuur skool...

Geagte Ouers / Voogde

Week 9 het Maandagaand, 13 Maart, om 18:00 met ‘n suksesvolle demonstrasie van die gebruik van Skooler en Microsoft Teams afgeskop. Ons is dankbaar vir al die ouers wat opgedaag het om die gebruik van Skooler en Teams te verstaan en toe te pas. Skooler word binnekort ons amptelike kommunikasiekanaal aangesien ons wil weg beweeg van die gebruik van sosiale media as kommunikasiemiddel m.a.w. ons gaan binnekort die gebruik van WhatsApp beëindig. Skooler is ‘n buigsame ‘toep’ en ‘n ongelooflike leerplatform wat in Teams en Microsoft geïntegreer is. Ons gaan Skooler aanvanklik eers net vir kommunikasiedoeleindes tussen die skool en ouers asook ouers en onderwysers gebruik. Ons beplan om later die ander akademiese opsies wat Skooler ook bied, behoorlik te toets en dan uit te rol. MS Teams is ‘n baie veilige omgewing vir ons leerders en personeel om in te werk en dit vervang dan basies die Google Classroom. Graag wil ek vir juf. Suzaan wat die demonstrasie aangebied het asook Marié Cruywagen wat haar bygestaan het, hartlik bedank vir die insiggewende aanbieding. Verseker is die ouers wat dit bygewoon het meer ingelig, meer gemaklik met die gebruik daarvan en minder angstig om dit te gebruik. Dit is ‘n kwessie van tyd en ons het van al die spreekwoordelike groeipyne om na ‘n ander kommunikasiemiddel te beweeg, vergeet en omhels al die funksies wat die toep bied. Laat my ook toe om al die gr. 4-ouers wat na afloop van die bogenoemde demonstrasie tot laat die aand vir ‘n algemene akademiese gesprek gebly het. Ons beplan om meer gereeld hierdie tipe geleenthede te skep waar ouers/voogde, die onderwysers,...

Kaperjolle: 22 April

Dit is weer Kaperjolle tyd! Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00 ‘n Pretdag vir oud en jonk! Potjiekoskompetisie - koop 'n proe-kaartjie en help beoordeel! Spitbraai Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges "Quad"speletjies Uitspan zone vir groter kinders Lekkergoedland Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip 'n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers Musiek Kroegarea Kaartjies is op Karri beskikbaar! Kliek hier of op die Potjiekoskompetisie-advertensie vir die reëls en...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor