WhatsApp-groepe vir die Nuwe Jaar
Namate ons voorbereiding vir die aanvang van die nuwe skooljaar, wil ons graag duidelikheid gee oor die opdatering van ons WhatsApp-groepe: Graadgroepe se name word outomaties aangepas na die nuwe jaar se graadname. Ouers hoef nie die groep te verlaat nie — die nuwe graadonderwysers word eenvoudig bygevoeg. Klasgroepe word gedurende die eerste week wanneer skole heropen, vervang met die nuwe jaar se klasgroepe. Hoofgroepe (algemene inligtingsgroepe) wat nie jaarliks verander nie, bly onveranderd. Sportgroepe wat volgens ouderdomsgroepe werk, word jaarliks vervang met die groepe vir die nuwe jaar. Indien daar enige inligting of dokumente op van hierdie groepe is wat jy graag wil behou, stoor dit asseblief so spoedig moontlik, aangesien sommige groepe uitgevee of vervang gaan...
Buitemuurseprogram: Kwartaal 1, 2026
Sien die Buitemuurseprogram vir kwartaal 1, 2026 hier onder:
Geagte Ouers / Voogde – 10 Desember 2025
Vandag sluit al die openbare skole in die land vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders, personeel en ouers na ‘n besige en suksesvolle skooljaar. Verlede week is die onderskeie prysuitdelings vir elke graad suksesvol afgehandel om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Ons unieke wyse van erkenning gee, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders altyd ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak met uitnemendheid en passie te doen. Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders vir hulle harde werk en wat as 2025 se Top 10-akademiese presteerders aangewys is: Katryn Silvis (Dux-leerder 2025) Dané Olivier Annalene Viljoen Andries Gouws Stella Pansegrouw Amelie van der Walt Zani Scholtz Abi Fourie Johannes Mouton Gusto Hoogendyk Weereens groot dankie aan ons Graad 7-ouers wat vir ons BRUL-JANt, die menslike skelet en anatomie van die mens (vir die NW-klas) geskenk het as deel van die 2025 Graad 7-geskenk – dit is kosbaar! Ons is ook baie dankbaar vir die leesboeke wat hulle ook as geskenk aan die skool gegee het. Graag wil ek ook vir mnr. Leon en sy span hartlik gelukwens met vanjaar se puik kleure-atletiekbyeenkoms wat op Woensdag, 03 Desember (velditems), en Vrydag, 05 Desember (baanitems), plaasgevind het. Die atletiekdag (baanitems) het Vrydagoggend vroeg om 07:15 met die tradisionele optogte om die baan begin. Die onderskeie kleurhuise se areas op die pawiljoen was indrukwekkend versier en dit alles te danke aan ons graad 7-ouers...
Laaste week: 8 – 10 Desember 2025
Hier volg 'n kort opsomming van die laaste week se aktiwiteite: Maandag, 8 Desember: Klasindelings vir 2026 word bekendgemaak Skool verdaag om 13:15 Graad 7-sokkie om 18:00 Dinsdag, 9 Desember: Sivvies Saalbyeenkoms gr. 1 - 6 Leerderraadslede vir 2026 word bekendgemaak Gr. 7-afskeid Senior Koor vir 2026 oefen Skool verdaag om 13:15 Woensdag, 10 Desember: Sivvies Gr. 7's se laaste saalbyeenkoms 08:00 - 09:30 (Gr. 7-ouers is welkom) Ontvang rapporte (harde kopie en elektronies) Skool sluit...
Maak ‘n verskil hierdie kerstyd
Die bestuur van SACH droom om R200,000.00 vir die SA Kinderhuis in te samel. Sien hier onder oor hoe jy kan help:
Geagte Ouers / Voogde – 05 Desember 2025
Kan julle dit glo? Die voorlaaste skoolweek van die besige kwartaal kom vandag met die kleure-atletiek tot ‘n einde. Desembermaand het haarself kom tuismaak in ons kalenders en dit beteken ‘n welverdiende vakansie en Kersfees is net om die draai. Ek glo almal is druk besig om die finale projekte en take vir die jaar so spoedig moontlik af te handel voordat die welverdiende vakansie aanbreek. Op Donderdagaand, 27 November, het ons musiekdepartement ‘n wonderlike kerskonsert vanaf 19:00 in die saal aangebied. Die indrukwekkende draaiboek is deur Frances Samuel (‘n ouer by ons) geskryf en die storieverteller is deur Pieter Rademeyer (gr. 6) en die skaapwagtertjies is deur Petronella Gouws (gr. 3) en Frannie Samuel (gr. 1) uitstekend vertolk. Hulle drie het hulle puik van hul taak gekwyt, terwyl die senior- en junior koor onderskeidelik onder leiding van Leon Starker en mnr. Ben opgetree het. Die skoolkore en die ouerkoor saam met die Cape Town Camerata het die aand met hul pragtige kerssang betower en onwillekeurig die gevoel van nostalgie en heimwee geprikkel. Die ongelooflike aand is verder gekomplimenteer met die fantastiese optredes deur die senior ensembles, asook Elisabet Marais (graad 7) met die puik voordra van die kersgedig, ‘n Os en ‘n Eseltjie. Die aand is op ‘n hoë noot met die samesang van ‘Hoor die blye eng’lelied’ afgesluit. Sjoe, dit was ‘n belewenis met almal in die saal wat die pragtige kerslied met soveel deernis gesing het. Baie dankie aan juf. Rolene, mnr. Ben, juf. Jana en die span wat hierdie unieke en merkwaardige aand gereël het. ’n Nuwe geleentheid wat die OOV dié jaar aangepak het,...
Eksterne Musiekeksamen Uitslae
Ons wens ons leerders wat hierdie jaar aan eksterne musiekeksamens deelgeneem het baie geluk! Dit verg besonderse toewyding en harde werk om hiervoor voor te berei, en ons is baie trots op julle uitstekende resultate!
Musiekinskrywings vir 2026
Musiekaansoeke vir 2026 is oop! Skryf gerus jou kind in vir musieklesse en kontak Juf Rolene vir enige navrae. ???? Vul asseblief hierdie vorm in indien jy belangstel: https://jvr.info/musiek2026 [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/12/Musiekinskrywingsvorm-2026.pdf" title="Musiekinskrywingsvorm...
Krieketuitslae – 20 November 2025
Hier volg die week se krieketuitslae:
REDENAARS 2026
Raak deel van die Redenaars WhatsApp-groep om alle inligting rakende volgende jaar se redenaars te ontvang. Alle kommunikasie sal daar plaasvind. Gaan na ons LsJvR Community en soek die groep Redenaars (Ls JvR) Vul asseblief die vorm in indien jou kind in Redenaars 2026 belangstel: REDENAARS 2026 – Fill out form Hier is die kompetisiedatums asook inligtingsessie se datum wat in die eerste week van skool plaasvind. Dagboek asseblief hierdie datum! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2025/11/Redenaars-kompetisie-inligting-2026.pdf" title="Redenaars -kompetisie inligting...
Mila Malan presteer in binnenshuise hokkie
Drie van ons graad 6-leerders — Mila Malan, Elle Malan en Ella van der Walt — het hierdie kwartaal begin met binnenshuise hokkie as deel van die PSI-liga. Hulle het oor vyf Saterdae liga-wedstryde gespeel en uiteindelik as wenners uit die stryd getree! Die nasionale spanne is onlangs aangekondig, en Mila Malan is as goalie vir die Cape Seal Pups (O/12A-span) gekies! Mila neem van 11 tot 14 Desember aan die nasionale byeenkoms deel, waar sy teen spanne van regoor die land, asook Namibië, sal speel. Baie geluk, Mila! Ons is ongelooflik trots op...
BARBARA SCHREUDER DANSKOOL – Desember 2025
Baie geluk aan ons dapper balletdansers met hul wonderlike uitslae! Deelname is opsioneel, maar elke danser het met groot trots en toewyding deelgeneem. Die AAB-funksie het seepglad verloop en die dansers het hulself ten volle geniet. Die beoordelaar, Iain McDonald, was baie beïndruk en wil graag al die dansers aanmoedig om volgende jaar weer deel te neem. Dit is pragtige werk – opwindend, leersaam en uitstekend vir die bou van selfvertroue. Ratings Pre-Level: Silver Star Hoër vlakke ontvang die volgende toekennings: Bronze Bronze + Distinction Bronze + Double Distinction Silver Silver + Distinction Silver + Double Distinction Gold PERFORMANCE AWARDS – Uitslae (9 November 2025) Gr. 1 – Pre-Level 1 Heike Louw – Silver Star Ada Uys – Silver Star Gr. 2 – Level 2 Emily Theron – Silver Medal Double Distinction Cornelia Opperman – Silver Medal Double Distinction Emma Wilke – Silver Medal Double Distinction Mila Maree – Gold Medal Isabella Robinson – Gold Medal Gr. 3 – Level 3 Ciera February – Gold Medal Gr. 4 – Level 5 Mika vd Walt – Gold Medal with Summer School Sponsorship Christa-Bella Swart – Gold Medal with Summer School Sponsorship Gr. 5 – Level 5 Heidi v Heerden – Gold Medal with Summer School Sponsorship Natalie Lawson – Gold Medal with Summer School Sponsorship Gr. 6 – Level 6 Solange Stevens – Silver Medal Double Distinction with Summer School Sponsorship Gr. 7 – Level 6 Ella Grey – Silver Medal Double Distinction with Summer School Sponsorship Gabriella Buckenham – Silver Medal Double Distinction with Summer School Sponsorship Gr. 9 – Level 9 Kerala Allewell – Gold Medal with Summer...
Geagte Ouers / Voogde: 28 November 2025
Die komende naweek groet ons spreekwoordelik November-maand en dan breek die laaste maand van die jaar aan. Met ’n groot skok besef ’n mens dat 2025 amper iets van die verlede is. Weereens ’n bewys dat Vader Tyd vir niemand en niks stilstaan nie. Op ’n meer positiewe noot, die langverwagte somervakansie waarna ons almal uitsien, kom vinnig nader en ek glo ook dit is welverdiend met ’n baie suksesvolle en besige jaar agter die rug. Maak gerus seker dat julle ons 2025-jaarverslag, wat op 10 Desember beskikbaar gestel word, deurlees. Dit sluit al die opwindende 2025-aktiwiteite en suksesse van Laerskool Jan van Riebeeck in. Ek wil graag vir julle die versekering gee dat ons as personeel die afgelope jaar volkome toegewyd is tot die skool se operasionele bestuur, maar ons weet ook dat ons dalk nie al ons ouers honderd persent in alle aspekte tevrede gestel het nie. Die skool maak egter voorsiening vir die breë spektrum van sy leerders en ouers en ons kan nie ’n leerder of ’n ouer uitsonder deur hulle anders te hanteer of voorkeurbehandeling te gee nie. Verder sê ek beslis nie dat die skool alles reg doen nie, maar dat alle faktore oorweeg word voordat besluite geïmplementeer word. Daar is altyd plek vir verbetering en ons gaan daaraan aandag gee, maar ek glo ook dat daar beslis nie ’n plek soos ’n “perfekte skool” is nie. ’n Skool maak ook foute, want daar werk gewone mense wat ook foute maak, soos by enige ander instansie of besigheid. Dalk vergeet ons soms dat onderwysers nie “superwesens” is nie, maar gewone mense met hul...
Prysuitdelingsgeleenthede 2025
Prysuitdelings vind op die volgende dae en tye in die skoolsaal plaas. Kom woon dit gerus by. Maandag, 1 Desember 2025: Graad 1: 08:30 Graad 2: 10:00 Graad 3: 11:30 Dinsdag, 2 Desember 2025: Graad 4: 09:00 (Geen Top 10 word aangekondig nie) Graad 5: 11:00 (Top 10 word aangekondig) Donderdag, 4 Desember 2025: Graad 6: 09:00 (Top 10 word aangekondig) Graad 7: 18:00 (Top 10 word...
Engels Graad 5-7 (HL en FAL)
Neem asseblief kennis dat graad 5-7 Engelseklasse vanaf 2026 jaarliks oor ingedeel sal word (net soos ons klasindelingsbeleid vir jaarlikse graadwisseling) om te verseker dat leerders blootstelling aan verskillende onderrigstyle en onderwysers ontvang. Dit beteken dat die huidige graad 5 en 6 Engelseklasse van hierdie jaar (2025) nie noodwendig by dieselfde onderwyser en klasmaats ingedeel sal word nie. Tot op hede het leerders van graad 5 tot 7 jaarliks Engelse onderrig by dieselfde onderwyser ontvang en saam met dieselfde groep maats in die klas gebly. Verder het ons ook besluit om slegs twee Engels HL (Home Language) en twee Engels FAL (First Additional Language) klasse per graad in te deel. Engelse onderwysers vir graad 5 tot 7-klasse: HL (vakhoof): Charlene van Rooyen HL: Mardry Wright (ook vakhoof van FAL) FAL: André Lourens FAL: Sharon Mabena Hierdie indelings sal net soos die algemene klasindelings tydens die laaste week van hierdie kwartaal bekendgemaak...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027