Podiumpret Redenaars – finale ronde uitslae

Vier van ons leerders het aan die finale ronde van Podiumpret deelgeneem. Riley Smyth en Sabine Barnard het aanlyn deelgeneem (video opnames) terwyl Karu en Pieter Rademeyer tydens die vakansie in die Paarl hul stem laat hoor het! Al vier deelnemers het in die kategorie “Afrikaans Redenaarstoespraak – Ervare” deelgeneem. Hier volg die uitslae: Graadwenners se name word op ‘n plaatjie geskryf en in die tuin van die Afrikaanse Taalmonument geplant – sedert 2016 word sprekers met hierdie prestasie vereer. Baie geluk aan Karu Rademeyer met hierdie groot...

Unisa klaviereksamens: Uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend in hulle Unisa Klaviereksamens gevaar het. Dit wil gedoen wees! Olivia Blackmore, Voor-Graad 1, 85% Stella Zulch, Graad2, 86% Sabine Barnard, Graad 2, 92% Ella Grey, Voor- Graad 1, 92% Frank van der walt, Graad 1, 74% Daniella Boshoff, Voor-Graad 1, 91% Mari Steyn, Voor-Graad 1, 93% Neill Ferreira, Graad 1,...

Tuindag: Vrydag, 13 Oktober

Ons vier Vrydag Tuindag! Leerders mag Vrydag sivvies dra. Graad 1 - 7-leerders kan Vrydag blommekransies dra wat hulle tuis maak. Graad 1 - 3-leerders kan vanaf môre, 11 Oktober, vetplantsteggies en blomme uit die tuin uit skool toe bring om kransies vir die klasdeure te maak. Indien ouers 'n paar ekstra takkies, soos Ivy of enige ander loof, skool toe kan stuur vir leerders wat nie 'n kransie uit 'n tuin sal kan maak nie, sal dit waardeer word. Ons het Die Burger genooi om Vrydag foto's te neem. Indien daar ouers is wat nie graag wil hê hul kind moet in Die Burger verskyn nie, laat weet asb. vir Raché...

Nina Lubbe presteer in Karate

Nina Lubbe het weer haar WP-kleure in Goju Kai Karate verwerf en sy neem die 14de Oktober aan die WP-toernooi in die Paarl deel. Dit is deel van die “opbou” na die Wêreldkampioenskappe wat gedurende 2025 in Tokyo plaasvind. Baie geluk, Nina.  Sterkte met die toernooi wat voorlê. Ons is trots op...

Geagte Ouers / Voogde – 29 Sept. 2023

Na afloop van 11 besige en opwindende weke kom kwartaal 3 vandag tot ‘n einde met die sluit van die skole vir ‘n kort vakansie voordat ons die finale kwartaal van die jaar aanpak. Indien ons vinnig ‘n kort refleksie van die afgelope kwartaal sou doen, staan die volgende vir my uit: Op Vrydag, 21 Julie, het Stephanie le Roux gereël dat 13 van ons behoeftige leerders se oë by Tomlinson Oogkundiges getoets word. Esna van der Walt en Suna Karsten (almal oud-ouers) het die oogtoetse gratis behartig. Ons is so dankbaar dat 9 van die 13 leerders ‘n pragtige bril ontvang het en ons kan alreeds in ‘n kort tydjie die positiewe impak daarvan op hul akademie sien. Heelwat meer sportwedstryde en toernooigeleenthede is vir ons Jannies gedurende kwartale 2 en 3 geskep met 586 wintersportwedstryde (hokkie, netbal & rugby) wat plaasgevind het. Tydens die laaste wintersportnaweek (01 & 02 September) van die seisoen te LS Welgemoed, het 140 dogters netbal gespeel, 99 seuns rugby, 80 dogters hokkie en 80 seuns hokkie gespeel. Puik wintersportuitslae is ook die afgelope kwartaal behaal soos onder andere ons o.13A-spanne (netbal, rugby, dogtershokkie & seunshokkie) wat onderskeidelik hul wedstryde weg tydens die jaarlikse interskole teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg gewen het. Baie geluk aan Frank van der Walt wat in die WP o.12A-rugbygroep opgeneem is. Baie geluk ook aan juf. Lucia en haar o.11-netbalspan wat die seisoen onoorwonne afgesluit het. Graag wil ek al ons sportleerders loof vir hul toegewydheid en volgehoue deelname tydens die afgelope winterseisoen. Dan kan ek nie anders nie as om die afrigters hartlik te bedank vir...

Leerders presteer in akrobatiese dans

Vier van ons graad 4-leerders wat dansonderrig by Body Love Dance Studio kry, het die afgelope week aan die Theatre and Dance Association, Move! National Dance Competition by die Seepunt Burgersentrum deelgeneem. Silwer is behaal in Akrobatiese Dans - Studio Solo, 9-10 jaar: Aiyana Alfredo, Ella Jehle en Milla Cronje. Brons is behaal in Akrobatiese Groepdans, 9-10 Jaar: Aiyana Alfredo, Alida Loubser, Ella Jehle en Milla Cronje. Hierdie groepsitem het ook deurgedring na die Nasionale Kompetisie en was die wenner in die Brons-afdeling. Silwer is behaal in Akrobatiese Groepdans, 12 jaar en onder: Aiyana Alfredo, Alida Loubser, Ella Jehle en Milla Cronje. Hierdie groepitem het ook deurgedring na die Nasionale Kompetisie en was die wenner in die Silwer afdeling. Die Nasionale kompetisie vind komende naweek, by die Seepunt Burgersentrum, plaas waar die leerders sal deelneem met hulle Akrobatiese Groepdans, 9-10 Jaar. Baie geluk aan hierdie leerders met hul mooi prestasies en sterkte met die Nasionale...

Klerebankkennisgewing: Klerebank sluit van 29 Sept. – 30 Okt. 2023

Die Klerebank sluit Vrydag, 29 September, en sal eers weer op Maandag, 30 Oktober, heropen. Geen bestellings of aankope sal dus gedurende hierdie tyd aanvaar word nie. Wees asseblief gerus dat klere by jou afgelewer sal word indien jy reeds klere bestel of betaal het. Die skool gaan die Klerebank oorneem en is tans besig om die konsertstoor te omskep in die nuwe Klerebank. Dankie aan Eda wat vir ‘n hele ruk gesorg het dat ons leerders met die regte skooldrag geklee...

Kennisgewing van Skoolgeld en Begrotingsvergadering vir 2024: 6 November 2023

Om aan die WKOD en nasionale regulasies te voldoen, moet Laerskool Jan van Riebeeck ons ouers / voogde 30 dae kennis gee van die jaarlikse skoolgeld- en begrotingsvergadering. Neem asseblief kennis dat dit op Maandag, 06 November 2023, om 18:00 in die Biblioteek sal plaasvind. Die gedetailleerde begrotingsvoorstelle sal vir besigtiging vanaf Maandag, 23 Oktober 2023, tussen 10:00 en 14:00 by die finansiële kantoor beskikbaar wees. lndien jy belangstel om die 2024 begroting te kom besigtig, maak asseblief gebruik van die hoofingang te Kloofstraat. Ons sien uit om julle by die vergadering te verwelkom. Vind asb. aangeheg die amptelike kennisgewing van die 2024 begrotingsvergadering. Vriendelike groete, Naas Beets [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2023/09/KENNISGEWING-VAN-2024-BEGROTINGSVERGADERING-06-NOV-2023.pdf" title="KENNISGEWING VAN 2024 BEGROTINGSVERGADERING 06 NOV...

Barbara Schreuder Dans Assessering Sept 2023

Baie geluk aan ons dansers met hul pragtige vertoning en assessering! Ons beoordelaar, Anene Engelbrecht, was veral beïndruk met die algemene danstegniek, variasie van passies, die hoogte van die Jete's, verskillende genres en animasie in danse, die kostuums en die genot wat ons dansers uit hul danse put. Wel gedaan aan die volgende leerders: Gr. 1 (met terugvoering, rapport en sertifikaat): Deidre Louw Michaela Lawson Klara Pfeiffer Katherine de Korte Anya Greeff Petronella Gouws Mika Ohlhoff Ciera February Kacey Coulson Iris Caldeira Sienna Kruger Elia Zwane Gr. 2 (met terugvoering, rapport en sertifikaat): Christa-Bella Swart Mika vd Walt Lucy le Roux Alayne Brink Isla Jooste Gr. 3 (met terugvoering, rapport en sertifikaat): Natalie Lawson Skylar-Blake Sables Heidi v Heerden Gr. 4 (met terugvoering, rapport, sertifikaat en gradering): Solange Stevens A+ Jana v Gijsen B+ Gr. 5: Ella Grey B+ Gabriella Buckenham A Danielle Fourie B+ Gr. 6: Larah Opperman A Jessica Schincariol A+ Michaan Naylor A+ Isabella Marais B+ Daniella Boshoff A+ Gr. 7: Kerala Allewell A+ Karlien vd Walt A+ Gr. 8/9 Lara Basson B+ Lumarie Fourie A Emma Liebenberg A Baie geluk aan...

Gholfdag: 14 Maart 2024

Registrasie sluit 23 Februarie. Stuur die bewys van betaling aan Rashard om jou bespreking te bevestig. Gebruik asb. jou naam en Gholfdag as verwysing wanneer jy in die skool se rekening inbetaal. Kontak asb. vir Rashard indien jy 'n gaatjie of enige pryse wil borg. Daar is slegs 12 4-balle beskikbaar. Die kostes sluit baanfooie en 'n ete na die tyd in. Gholfkarretjies is bespreek en is vir jul eie rekening. Kontak asb. vir Rashard indien jy enige vrae het: sport@jvrprim.co.za | 067 311...

Melkbos-Wiskundekompetisie: Uitslae 2023

Donderdag, 21 September, het 16 baie opgewonde wiskundiges gereed gemaak om aan die Melkbos-Wiskundekompetisie deel te neem, ‘n kompetisie waarby ons groot sukses die laaste 6 jaar gehad het. 10 Skole en 39 spanne het op die dag aan die kompetisie deelgeneem. Skole wat tot 5 keer groter as ons is, het deelgeneem: Van Riebeeckstrand, Welgemoed, Table View, Elkanah House, Mikro en selfs Laerskool Bredasdorp het deurgekom vir die kompetisie. Voorbereiding het reeds in April begin met vroegoggendsessies en ‘n groot groep leerders het die Wiskundedag bygewoon. Ons leerders het nie teleurgestel nie en vir die 7de jaar in ‘n ry met beide bekers huis toe gekom. Die uitslae is as volg: Willem Burger, Katia van Wyk, Jan-Willem Silvis en Liza Hertzog is aangewys as die beste span op die dag. Gemma de Vries, Karlien van der Walt, Calla van Vreden en Marais Groenewald eindig tweede. Lida-Mari Bosman, Hila Hertzog, Pierre-Jacque Smit en Kai Allewell eindig 8ste. Annabel Koen, Stella Lamprecht, Liam Joubert en Willem Vorster eindig 11de. Al die spanne se punte word bymekaar getel om die algehele wenner te bepaal. Met hierdie puik uitslae wen ons ook die skoolbeker. Baie geluk aan elke deelnemer. Ons is uiters trots op julle! Baie dankie aan meneer Hanekom en juffrou de Villiers wat die ekstra myl geloop het om Wiskunde vir ons leerders lekker te...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor