Donderdag, 21 September, het 16 baie opgewonde wiskundiges gereed gemaak om aan die Melkbos-Wiskundekompetisie deel te neem, ‘n kompetisie waarby ons groot sukses die laaste 6 jaar gehad het.

10 Skole en 39 spanne het op die dag aan die kompetisie deelgeneem. Skole wat tot 5 keer groter as ons is, het deelgeneem: Van Riebeeckstrand, Welgemoed, Table View, Elkanah House, Mikro en selfs Laerskool Bredasdorp het deurgekom vir die kompetisie.

Voorbereiding het reeds in April begin met vroegoggendsessies en ‘n groot groep leerders het die Wiskundedag bygewoon. Ons leerders het nie teleurgestel nie en vir die 7de jaar in ‘n ry met beide bekers huis toe gekom. Die uitslae is as volg:

  • Willem Burger, Katia van Wyk, Jan-Willem Silvis en Liza Hertzog is aangewys as die beste span op die dag.
  • Gemma de Vries, Karlien van der Walt, Calla van Vreden en Marais Groenewald eindig tweede.
  • Lida-Mari Bosman, Hila Hertzog, Pierre-Jacque Smit en Kai Allewell eindig 8ste.
  • Annabel Koen, Stella Lamprecht, Liam Joubert en Willem Vorster eindig 11de.

Al die spanne se punte word bymekaar getel om die algehele wenner te bepaal. Met hierdie puik uitslae wen ons ook die skoolbeker.

Baie geluk aan elke deelnemer. Ons is uiters trots op julle! Baie dankie aan meneer Hanekom en juffrou de Villiers wat die ekstra myl geloop het om Wiskunde vir ons leerders lekker te maak.