Vier van ons graad 4-leerders wat dansonderrig by Body Love Dance Studio kry, het die afgelope week aan die Theatre and Dance Association, Move! National Dance Competition by die Seepunt Burgersentrum deelgeneem.

  • Silwer is behaal in Akrobatiese Dans – Studio Solo, 9-10 jaar: Aiyana Alfredo, Ella Jehle en Milla Cronje.
  • Brons is behaal in Akrobatiese Groepdans, 9-10 Jaar: Aiyana Alfredo, Alida Loubser, Ella Jehle en Milla Cronje.
  • Hierdie groepsitem het ook deurgedring na die Nasionale Kompetisie en was die wenner in die Brons-afdeling.
  • Silwer is behaal in Akrobatiese Groepdans, 12 jaar en onder: Aiyana Alfredo, Alida Loubser, Ella Jehle en Milla Cronje.
  • Hierdie groepitem het ook deurgedring na die Nasionale Kompetisie en was die wenner in die Silwer afdeling.

Die Nasionale kompetisie vind komende naweek, by die Seepunt Burgersentrum, plaas waar die leerders sal deelneem met hulle Akrobatiese Groepdans, 9-10 Jaar.

Baie geluk aan hierdie leerders met hul mooi prestasies en sterkte met die Nasionale kompetisie!