Ons vier Vrydag Tuindag!

  • Leerders mag Vrydag sivvies dra.
  • Graad 1 – 7-leerders kan Vrydag blommekransies dra wat hulle tuis maak.
  • Graad 1 – 3-leerders kan vanaf môre, 11 Oktober, vetplantsteggies en blomme uit die tuin uit skool toe bring om kransies vir die klasdeure te maak.
  • Indien ouers ‘n paar ekstra takkies, soos Ivy of enige ander loof, skool toe kan stuur vir leerders wat nie ‘n kransie uit ‘n tuin sal kan maak nie, sal dit waardeer word.
  • Ons het Die Burger genooi om Vrydag foto’s te neem. Indien daar ouers is wat nie graag wil hê hul kind moet in Die Burger verskyn nie, laat weet asb. vir Raché (rache@jvrprim.co.za).