Cape Town Children’s Choir: Oudisies
Krieketuitslae: 15 November 2023
0.11A krieket het Woensdag, 15 November, teen laerskool Kampsbaai op die Conradieveld gespeel. JvR het die loot gewen en het besluit om eerste veldwerk te doen. Kampsbaai 84/3 na 15 beurte Luke Willows 2/14 na 3 beurte JVR 85/3 na 15 beurte Ben Esterhuyse 35* Jack Dawes 7* Baie geluk aan Luke Willows en Ben Esterhuyse wat aangewys is as spelers van die wedstryd. JvR wen met 7...
Tennisuitslae: 4 November 2023
Ons tennisspelers het aan ‘n sones tennistoernooi deelgeneem. Meer as 40 spelers regoor die streek het aan hierdie toernooi deelgeneem. Ons skool se spelers het uitstekende plekke vir hul onderskeie ouderdomsgroepe behaal. Ons is trots op elkeen van julle wat deelgeneem het! Dogters o.11: Stella Pansegrouw & Jeanne van Heerden 1ste plek Dogters o.12: Ané Swanepoel 1ste plek Dogters o.11: Ameli van der Walt 1ste plek Seuns o.12: Adriaan Wessels 1ste plek Seuns o.10: Rafa Lamprecht 3de...
Swemgala-uitslae: 10 November 2023
Verlede Vrydag, 10 November, het ons o.9 – o.13-leerders aan ‘n aflosgala by die Duitse skool deelgeneem. Borsslag, rugslag, vryslag en die wisselaflosse het op die dag plaasgevind. In totaal was daar 38 items en 6 skole wat deelgeneem het. Ons leerders het as volg geëindig: 1ste: 13 2de: 9 3de: 14 4de: 2 5de: 0 6de: 0 Dit is uitstekende uitslae en ons is trots op elke swemmer. Vandag sluit ons af met die finale gala van die jaar te Laerskool...
Drama-tye tydens eksamentyd
Liewe Drama-ouers Die tye is vir die eksamentyd aangepas sodat dit almal pas. Maandag: 13:30 - 14:30 gr. 1-3, geen drama vir gr. 4-7 Woensdae: 13:00 - 14:00 gr. 1-3, geen drama vir gr. 4-7 Vrydae: 13:00 - 14:00 vir gr. 4-7, geen drama vir gr. 1-3 Ons drama-afsluiting is Dinsdag, 12 Desember, 18:00 - 19:30 vir Huppelland, gr. 1-3 en gr. 4-7 Baie dankie en sterkte vir die laaste gedeelte van die...
Karri-donasie vir terrein-, nasorg- en snoepiepersoneel
Indien jy graag ‘n kersdonasie d.m.v. Karri vir die terrein-, nasorg- en snoepiepersoneel by die laerskool wil bydra, is jy welkom. Die Karri-insameling maak binnekort oop.
Ou skool- en sportdrag
Indien daar enige ou skool- en sportdrag nog iewers in die huis is, sal dit gaaf wees indien dit voor 25 Nov. na Marinda Brink se kantoor geneem word aangesien hierdie skoolklere aan die einde van November met ‘n spesiale geleentheid na ‘n geskikte skool in Namibië gestuur word. Hierdie skooltjie is werklik besonder behoeftig. Die gemeenskap is so afhanklik van enige bydraes dat ons met ‘n geruste hart ons klere aan hulle wil skenk. Ons beskou dit as nog ‘n welwillendheidsprojek. Maak asseblief seker dat die klere skoon en netjies is sodat dit vinnig aan leerders versprei kan...
Skooltye tydens die eksamen
Aangesien die graad 7’s reeds op Vrydag, 17 November, met eksamen begin, sal die skool vir almal vanaf Donderdagmiddag, 16 November, vroeër verdaag. Hierdie reëling sal tot Dinsdag, 12 Desember, geld. 13:00 - Graad 1-3 13:15 - Graad 4-7 Bus vertrek om 13:15
Welwillendheidsprojek vir 1ste kwartaal 2024
Die skool gaan volgende kwartaal skryfbehoeftes aan minderbevoorregte skole skenk. Kan julle asb. alle bruikbare ou skryfbehoeftes na die eksamen na juffrou Marietjie se klas toe stuur. Baie dankie!
Geagte Ouers / Voogde – 10 November 2023
Groot was die opwinding op Vrydag, 03 November, vir leerders, ouers en personeel om die Bokke in die stad te gaan toejuig as deel van die Bokke se trofeetoer deur die Moederstad en die res van die land. Talle geesdriftige Suid-Afrikaners het in die stadskom saamgedrom en dit was ‘n riem onder die hart om te sien dat die Bokondersteuners omtrent elke kultuur van ons reënboognasie verteenwoordig het. Die Bokke het beslis die vermoë om alle Suid-Afrikaners van elke moontlike agtergrond, kultuur en geloof bymekaar te bring en te herenig met volkstrots. Die Bokke is die enigste span wat die Webb Ellis-beker op drie verskillende kontinente (Afrika, Asië en Europa) gewen het. As Suid-Afrkaners kan ons gerus onsself ‘n klop op die skouer gee, want ons veerkragtigheid staan wêreldwyd soos ‘n paal bo water uit. Dit is belangrik dat ons nou op die momentum bou en die Proteas ook ondersteun. Wie weet, dalk is ‘n dubbele wêreldbeker vir 2023 ons beskore. Op Vrydag, 17 November, begin die finale eksamen vir die gr. 7’s. Die assesserings vir die Grondslagfase is reeds volstoom aan die gang. Vir die eerste keer skryf ons gr. 1’s en 2’s deurlopende assesserings en net die gr. 3’s volg ‘n amptelike rooster. Ek mag mos nie eintlik die ‘E-woord’ gebruik nie, maar op Dinsdag, 21 November, begin die gr. 4 – 6 leerders ook met hul eksamen en ek wens al ons leerders, ouers/voogde en personeel voorspoed toe. Eksamens verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook dikwels deur na die huisgesin. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as personeel te help om...
Swemgala Laerskool Kampsbaai: 17 November 2023
Vrydag, 17 November, sal die laaste gala vir die jaar wees. Ons sluit af met ‘n individuele gala by Laerskool Kampsbaai. Sien asb. die volledige program van swemmers wat aan die gala gaan deelneem. Finale reëlings sal Maandag, 13 November, aan al die leerders deurgegee word. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2023/11/Gala-17-November.pdf" title="Gala 17...
Tennisuitslae: 8 November 2023
Hierdie week het sestien van ons tennisspanspelers teen vier verskillende skole gespeel. Aloewel ons een uit die vier wedstryde gewen het, is ons trots op elke leerder wat die Jannie-naam verteenwoordig het. Hier volg die resultate:
Jan Kas-reëlings
Noudat Jan Kas in volle werking is (fisiese asook aanlyn winkel), kan ons met trots en entoesiasme sê dat almal welkom is om die nuwe klerewinkel te besoek. Kom pas gerus aan om seker te maak dat jy die regte grootte koop. Maak asseblief seker dat jy ingelig is oor die klere (veral die skoene!) wat gedra mag word. Tekkies vir gr. 4-7-leerders sal slegs by sportdrag (LO) gedra word. Dit wil sê dat swart skoolskoene vir dogters en seuns van gr. 4-7 verpligtend sal wees indien jou kind nie kaalvoete of plakkies verkies nie. Sien gerus die skakel na die aanlyn winkel om seker te maak van alle variasies van skool- en sportdrag wat gedra mag word. Indien jy sukkel om op die aanlyn winkel in te teken of meer inligting wil hê, volg gerus hierdie skakel. Jan Kas (aanlyn- en fisiese winkel) sluit vir voorraadopname en vakansie op Donderdag, 7 Desember, en open weer op Maandag, 15 Januarie 2024. Stuur asseblief alle ou skool- en sportdrag skool toe aangesien ons dit alles vir ‘n skool in Namibië sal sluit. Dit kan by Marinda Brink afgelewer word. Ons nuwe skooldrag vertoon pragtig en leerders is soveel gemakliker met die uniform. Ons waardeer jou ondersteuning om ons skool uitmuntend te...
BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL
Barbara Schreuder Dansskool bied aan: "American Academy of Ballet" Performance Awards 2023 Sondag, 12 Nov 2023, by JvR @10:30 vm Kaartjies by die deure te koop Almal welkom! Ons beoordelaar is Laurence Kaplan, direkteur van AAB New York en Iain Mc Donald, bekende danser en lektor van Johannesburg. Kom ondersteun ons dansers asb.! Die werk is pragtig en ons dansers is ons trots. Almal is al so opgewonde en het hard geoefen om hul beste voetjie voor te sit! Ons dansskool se dansers is besonders en talentvol en styg uit in beide die American Academy of Ballet en Moderne genres. Dit is prysenswaardig en deels weens heelwat individuele aandag en dat hulle in hanteerbare groepe op die perseel goeie opleiding ontvang. Die nuwe CSE Modern Assessment 2023 en die Eisteddfod 2023 Moderne en Karakterdanse was goeie blootstelling en ondervinding en ons dansers het baie goed gevaar. Nou dans hulle die pragtige AAB Ballet op Sondag, 12 Nov., en ons is trots om deel the wees van hierdie Internasionale Program. Dis 'n groot voorreg om ons dansers te kon afrig en motiveer en 'n groot eer om mnr. Kaplan te ontvang. Die volgende 25 dansers het ingeskryf en neem deel aan die AAB Performance Awards. Voorspoed en volgende jaar hoop ons dat al ons dansers die geleentheid sal aangryp! Gr. 1 Iris Caldeira, Sienna Kruger, Elia Zwane, Mika Ohlhoff en Klara Pfeiffer. Gr. 2 Christa -Bella Swart, Mika vd Walt en Isla Jooste. Gr. 3 Natalie Lawson enHeidi v Heerden. Gr. 4 Solange Stevens en Jana v Gijsen. Gr. 5 Ella Grey, Gabriella Buckenham en Danielle Fourie Gr. 6 Larah...
Aanlyn fotobestellings: Buitemuurse foto’s 2023
Bestel foto's aanlyn teen 24 November. Webtuiste: Lunchbox Photography Wagwoord: JVR2020 Indien jy die afsnydatum vir bestellings mis, kan jy steeds aanlyn bestel. Jy gaan wel net self vir die aflewering moet betaal. Stuur gerus 'n e-pos indien jy enige vrae het:...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026