Indien daar enige ou skool- en sportdrag nog iewers in die huis is, sal dit gaaf wees indien dit voor 25 Nov. na Marinda Brink se kantoor geneem word aangesien hierdie skoolklere aan die einde van November met ‘n spesiale geleentheid na ‘n geskikte skool in Namibië gestuur word. Hierdie skooltjie is werklik besonder behoeftig. Die gemeenskap is so afhanklik van enige bydraes dat ons met ‘n geruste hart ons klere aan hulle wil skenk. Ons beskou dit as nog ‘n welwillendheidsprojek. Maak asseblief seker dat die klere skoon en netjies is sodat dit vinnig aan leerders versprei kan word.