Verlede Vrydag, 10 November, het ons o.9 – o.13-leerders aan ‘n aflosgala by die Duitse skool deelgeneem. Borsslag, rugslag, vryslag en die wisselaflosse het op die dag plaasgevind.

In totaal was daar 38 items en 6 skole wat deelgeneem het. Ons leerders het as volg geëindig:

1ste: 13
2de: 9
3de: 14
4de: 2
5de: 0
6de: 0

Dit is uitstekende uitslae en ons is trots op elke swemmer.

Vandag sluit ons af met die finale gala van die jaar te Laerskool Kampsbaai.