Positiewe woorde kweek positiewe kinders
Die gesin is die eerste plek waar kinders hulself leer ken en begin voel hulle word aanvaar of nie. ‘n Ouer se reaksie op ‘n kind se emosies – al is dit intens - sal bepaal of die kind met gemak sy emosies in die toekoms gaan deel. Ons leer hulle dat geen emosie “reg” of “verkeerd” is nie, maar dit is ook ons “werk” om hulle te leer dat, hoewel alle emosies aanvaarbaar is, alle gedrág nie aanvaarbaar is nie. ‘n Moeilike taak om ‘n kind aanvaarbare reaksies te leer op die gevoelens wat hulle ervaar! Ons is geneig om gedurig ons kinders se gedrag te korrigeer, want hoe anders gaan hulle leer? Dis egter moeilik om altyd kalm te bly en nie te laat deurskemer hoe jy werklik voel nie. Ons misluk soms. Ongelukkig word ‘n kind se gevoel van sekuriteit en selfwaarde dikwels direk gekoppel aan hoe ‘n volwassene optree en op wat hy of sy sê. ‘n Ouer se vermoë om hul eie emosies te hanteer asook hoe húlle verhoudings benader, bepaal dikwels die kind se optrede teenoor ander asook hoe hulle vriendskappe in die toekoms gaan hanteer. Dit is onmoontlik om alle situasies ”korrek” te hanteer. Tog kan ons probeer om volgehoue positiewe terugvoer te gee. Hier is ‘n paar voorbeelde om op ‘n ander manier vir jou kinders te wys dat jy hulle waardeer en raaksien. In plaas daarvan om vir jou kind te sê hy of sy is slim as hulle presteer, probeer: “Ek kan sien jy het geoefen/ jou beste gedoen…” “Ek is regtig trots op die keuse wat jy gemaak...
Ons Skoolhoof se trots
Baie geluk aan mnr. Beets en Sanelda met hul seun (Naas) se puik matriekuitslae! Dis voorwaar ‘n trotse oomblik wanneer ons skoolhoof se seun deur die premier van ons provinsie ‘n spesiale uitnodiging ontvang om na sy woning vir ‘n oorhandigingseremonie te kom. Ja, die skrif is aan die muur – Naas Beets (junior) is onder die Top 10-presteerders in die Wes-Kaap. Hy het 7 A’s gedurende die eksamen behaal. ‘n Mooi voorbeeld en inspirasie. Ons wens hom alle sterkte toe met die volgende fase op sy...
Atletiek Interskole te HS JvR – 6 Februarie 2024
Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole te Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees. Alle atlete moet asb. Dinsdagoggend reeds om 07:00 in hul atletiekklere by die skool (laerskool) aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word. Alle atlete neem deel in die oranje JvR-sporthemp. Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal 'n ingangsfooi van R20. Daar is geen parkering by die atletiekveld nie, maar wel op die Buysveld, bo die atletiekveld. Parkering kos R20. Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees. Daar sal vervoer vir alle atlete wat terug skool toe moet gaan, wees. Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en hoed. Volg die skakel na die program. Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe. Ons wil spesiaal vir meneer Hanekom bedank wat baie ekstra ure ingesit het om die byeenkoms moontlik te maak. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/02/Atletiek-Interskole-FINALE-PROGRAM-2024.pdf" title="Atletiek Interskole FINALE PROGRAM -...
WhatsApp-boodskap vervang Sportvorms
Neem asb. kennis dat die sportvorms wat ouers invul om aan te dui of hul kind(ers) aan wedstryde gaan deelneem met 'n WhatsApp-boodskap in die relevante ouderdomsgroep van die sportsoort vervang word. Ouers kan laat weet of hul kind(ers) speel of nie speel nie deur die boodskap lank in te hou en dan te reageer met 'n ???? of 'n????. Daar sal ook 'n vervoeropname in die boodskap wees. Ouers kan die relevante opsie kies. Maak asb. seker dat jy op die sportgroepe se ouderdomsgroepe in die Community is om hierdie boodskappe te ontvang. Join gerus indien jy nog nie deel is...
Senior Koorkamp 16 – 17 Februarie
Ons Senior Koor het ’n heerlike koorkamp om na uit te sien in Februarie. Dit vind op 16 en 17 Februarie by die skool plaas. Die program skop Vrydagmiddag met ’n oefensessie in die skoolsaal vanaf 14:30-16:00 af waarna die leerders kan huis toe gaan. Saterdagoggend begin die kooroefening stiptelik om 08:00 en ons sal teen 12:00 klaar wees. Die kinders kan hulle swemklere die Saterdag inpak en uitsien na ’n lekker fees by die swembad wat 11:00-12:00 sal plaasvind. Vrydag, 16 Februarie: 14:30 - 16:00 Saterdag, 17 Februarie: 08:00 -...
Valentynsdagverkope – 14 Februarie 2024
14 Februarie tydens 1ste pouse in die vierkant Produkte en verskeie lekkernye word verkoop Ten bate van graad 7-fondsinsameling
Meneer Beets verjaar!
Ons geliefde skoolhoof verjaar eerskomende Sondag, 28 Januarie. Meneer Beets, dankie dat elke liewe Jannie vir jou belangrik is! Jy moet lekker verjaar. ‘n Paar gr. 6’e het die spesiale gedig saamgeflans! Aan die beste meneer waarvoor enige kind kon vra… Vir meneer Beets op sy verjaarsdag Meneer Beets is die beste hoof, hy sal hom altyd vir ons afsloof! Hy sal vir almal groet, maak nie saak, stout of soet! Ons is altyd welkom in sy kantoor, al voel hy soms goor. Meneer is BAIE goed in gholf, maar sy seun verkies ‘n krieketkolf. Hy loer altyd in, ons Jannies voel soos een groot gesin! Meneer is altyd daar vir ons, selfs wanneer ons ‘n netbalbal bons! Hy trek altyd netjies aan, selfs al staan hy op die tennisbaan! Hy gee altyd wyse woorde in die saal; daarom sal die gees nooit daal! Meneer sal vir ons ‘n myl draf, maar ongelukkig sluit ons nou af. Ons skryf hierdie brief, want vir Meneer is ons ongelooflik lief! Met baie liefde van al die...
Geagte Ouers / Voogde – 26 Januarie 2024
Met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal is alle skoolaktiwiteite in volle swang. Op Maandag, 22 Januarie 2023, het die somerbuitemuurse program amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde rakende die opkoms van leerders wat aan die verskillende somersportkodes deelneem. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief te wees deur aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 23 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het: Delmar Benecke Leah de Kock Izzy du Plessis Ruben Eksteen Jeanne Koen Anna Louw Michaan Naylor Karu Rademeyer Emma Snijders Bailey Thomson Frank van der Walt Willem Vorster Stella Zulch Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkie te behartig. My beste wense vergesel hulle vir die belangrike rol wat hulle as leerderleiers by ons skool gaan speel. Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Dinsdag, 23 Januarie 2024, bygewoon het, hartlik bedank en gelukwens met die opkoms. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel van ‘n spesiale skoolgemeenskap wat omgee, te wees. Laat my toe om ons OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span hartlik te bedank vir die puik reëlings en harde werk wat die sukses van die aand verseker het. Die samesyn was kosbaar en die positiewe ‘gees’ onder die ouers/voogde was...
Senior Koor Oefentye 2024
Neem asb. kennis van die senior koor se oefentye hierdie jaar: Woensdae 07:30 - 08:15 Donderdae 07:45 - 08:15
Jannies presteer by Cape Town Tennis
7 Jannies is gekies vir die A en B-spanne by Cape Town Tennis Capping. Baie geluk aan die volgende leerders: Rafa Lamprecth, Jeanne van Heerden en Stella Lamprecht (oud-Jannie) - A-span Amelie van der Walt, Ané Swanepoel, Adriaan Wessels en Gustav van der Linde -...
Roomysverkope Vrydag, 2 Februarie 2024
Geruite rompies Graad 4 – 7
Ons is bewus daarvan dat die geruite rompies baie nou gesny is en nie gemaklik oor dogters se heupe aantrek nie. Die nuwe rompies wat ons inkry, gaan ritssluiters hê en vir dieselfde prys as voorheen verkoop word. Ons kry slegs 'n klein bietjie rompies op 'n slag, want dit word afgelewer soos wat dit klaar gemaak is. Dit verkoop dus vinnig uit nadat ons weer voorraad gekry het. Indien jy spesiaal by die werk moet afvat of lank in die ry staan vir 'n rompie, maak asb. eers aanlyn seker of daar wel nog voorraad is in die nommer wat jy wil koop voor jy die moeite doen om in die ry te staan. Onthou asb. dat indien jy 'n kennisgewing gestel het op iets wat uit voorraad is, dit nie beteken dat daardie item vir jou gereserveer is nie. Dit is slegs 'n kennisgewing. Indien jy op die skakel in die e-pos kennisgewing kliek en dit sê die item is uit voorraad, beteken dit in die tyd wat jy die e-pos gekry het en op die skakel gekliek het, die item(s) weer verkoop is. Wees asb. geduldig terwyl ons wag vir die rompies. Dogters het nog toestemming om hul skort te dra totdat ons aan almal rompies kan verskaf. Ons laai die voorraad wat ons stuk-vir-stuk kry sodat sommige ouers al gehelp kan word. Indien ons sou wag vir als om eers te kom voor ons dit op die stelsel laai, sou dit nog 'n hele rukkie wees voor enigeen 'n rompie kon koop. Wees asb. geduldig wanneer jy uitmis op 'n rompie waarvan daar net 'n...
Veranderinge op die Buitemuurse Sportprogram
Neem asb. kennis dat alle o.7 - o.9-krieket die eerste kwartaal op die Conradieveld gaan plaasvind en nie meer op die skool se veld nie. Daar is ook ‘n verandering in die gr. 4 – 7-swemtye. Tye het verander van 14:15 – 15:15 na 14:15 – 15:00. Volg hierdie skakel vir die nuutste Buitemuurse...
Atletiek: Dinsdag, 6 Februarie
Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees. Die volledige program sal volgende week beskikbaar wees. Alle atlete moet asb. Dinsdag reeds om 07:30 in hul atletiekklere by die skool aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word. Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal 'n ingangsfooi van R20. Daar is geen parkering by die hoërskool nie, dus vra ons dat enigiemand wat die dag wil bywoon van publieke vervoer of Uber gebruik maak. Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees. Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en -hoed. Ons wens vir elke atleet sterkte toe. Sien die PDF vir die name van die deelnemers. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/01/Atletiek-Interskolespan-2024.pdf" title="Atletiek-Interskolespan...
Welwillendheid: Ou skoolklere
Aan die einde van 2023 het ons ‘n groot hoeveelheid ou skoolklere aan verskeie skole geskenk wat behoeftig is. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae tot hierdie insameling gelewer het. Ons wil graag hiermee voortgaan sodat ons skool ander skole kan ondersteun. Stuur asb. enige ou skoolklere wat nie meer gedra word nie direk na my kantoor. Stuur gerus ook skoolskoene wat te klein is sodat dit ook geskenk kan word. Afsnydatum: 2 Februarie 2024 By voorbaat dankie, Marinda Brink...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026