Ons geliefde skoolhoof verjaar eerskomende Sondag, 28 Januarie. Meneer Beets, dankie dat elke liewe Jannie vir jou belangrik is! Jy moet lekker verjaar. ‘n Paar gr. 6’e het die spesiale gedig saamgeflans!

Aan die beste meneer waarvoor enige kind kon vra… Vir meneer Beets op sy verjaarsdag

Meneer Beets is die beste hoof,
hy sal hom altyd vir ons afsloof!
Hy sal vir almal groet,
maak nie saak, stout of soet!

Ons is altyd welkom in sy kantoor,
al voel hy soms goor.
Meneer is BAIE goed in gholf,
maar sy seun verkies ‘n krieketkolf.

Hy loer altyd in,
ons Jannies voel soos een groot gesin!
Meneer is altyd daar vir ons,
selfs wanneer ons ‘n netbalbal bons!

Hy trek altyd netjies aan,
selfs al staan hy op die tennisbaan!
Hy gee altyd wyse woorde in die saal;
daarom sal die gees nooit daal!

Meneer sal vir ons ‘n myl draf,
maar ongelukkig sluit ons nou af.
Ons skryf hierdie brief,
want vir Meneer is ons ongelooflik lief!

Met baie liefde van al die Jannies