Baie geluk aan mnr. Beets en Sanelda met hul seun (Naas) se puik matriekuitslae! Dis voorwaar ‘n trotse oomblik wanneer ons skoolhoof se seun deur die premier van ons provinsie ‘n spesiale uitnodiging ontvang om na sy woning vir ‘n oorhandigingseremonie te kom. Ja, die skrif is aan die muur – Naas Beets (junior) is onder die Top 10-presteerders in die Wes-Kaap. Hy het 7 A’s gedurende die eksamen behaal. ‘n Mooi voorbeeld en inspirasie. Ons wens hom alle sterkte toe met die volgende fase op sy lewensreis.