• Ons is bewus daarvan dat die geruite rompies baie nou gesny is en nie gemaklik oor dogters se heupe aantrek nie. Die nuwe rompies wat ons inkry, gaan ritssluiters hê en vir dieselfde prys as voorheen verkoop word.
  • Ons kry slegs ‘n klein bietjie rompies op ‘n slag, want dit word afgelewer soos wat dit klaar gemaak is. Dit verkoop dus vinnig uit nadat ons weer voorraad gekry het. Indien jy spesiaal by die werk moet afvat of lank in die ry staan vir ‘n rompie, maak asb. eers aanlyn seker of daar wel nog voorraad is in die nommer wat jy wil koop voor jy die moeite doen om in die ry te staan.
  • Onthou asb. dat indien jy ‘n kennisgewing gestel het op iets wat uit voorraad is, dit nie beteken dat daardie item vir jou gereserveer is nie. Dit is slegs ‘n kennisgewing. Indien jy op die skakel in die e-pos kennisgewing kliek en dit sê die item is uit voorraad, beteken dit in die tyd wat jy die e-pos gekry het en op die skakel gekliek het, die item(s) weer verkoop is.
  • Wees asb. geduldig terwyl ons wag vir die rompies. Dogters het nog toestemming om hul skort te dra totdat ons aan almal rompies kan verskaf. Ons laai die voorraad wat ons stuk-vir-stuk kry sodat sommige ouers al gehelp kan word. Indien ons sou wag vir als om eers te kom voor ons dit op die stelsel laai, sou dit nog ‘n hele rukkie wees voor enigeen ‘n rompie kon koop. Wees asb. geduldig wanneer jy uitmis op ‘n rompie waarvan daar net ‘n bietjie by ons aangekom het.

By voorbaat dankie vir julle geduld en verstaan.