2024 Beheerraadsverkiesing vir Termyn 2024 – 2027
Neem asb. kennis dat ons slegs vyf benoemingsvorms vir die 2024 Beheerraadsverkiesing teen die sperdatum van 04 Maart 2024 ontvang het. Daar is net vyf vakatures vir die ouerkomponent van die Beheerraad daarom hoef die volgende nie meer plaas te vind nie: Die eerste benoemingsbekragtigingvergadering op Dinsdag, 05 Maart 2024, om 18:00 in die saal hoef, nie meer te geskied nie. Daar sal ook nie meer op Maandag, 18 Maart 2024 gestem hoef word nie. Dus baie geluk aan die volgende ouers wat die 2024 - 2027 ouerskomponent van die Beheerraad sal verteenwoordig: Merwe Scholtz Susan van der Walt Marié Cruywagen Stephen Hitchcock Hugo van den Heever My beste wense vergesel hulle en ek sien baie uit om die volgende drie jaar saam met hulle die skool na nog hoër hoogtes te lei. Vriendelike Groete Naas Beets...
Fotodag: 12 Maart 2024
Klasfoto's Individuele foto's Familiefoto's - broers en susters word saam afgeneem. Indien julle so 'n foto wil hê, kan leerders na die saal gaan sodra daar afgekondig word dat familiefoto's geneem gaan word. Kleredrag: Nuwe JvR-kleredrag. Dogters wat nog nie die nuwe rompies het nie, mag hul skorts...
Skaakuitslae: 2-3 Maart 2024
Ons leerders het 2 en 3 Maart aan die tweede rondte van die skaak WP-proewe deelgeneem. Chris Derksen, Emma Snijders en Christina du Toit dring na die volgende rondte deur waar hulle die WP sal verteenwoordig. Baie geluk, Jannies!
Roomysverkope: 15 Maart 2024
Welwillendheid 2024
Indien jy belangstel om by die skool se welwillendheid betrokke te raak of te help, sluit gerus by die welwillendheid-groep in die WhatsApp Community aan wat ons binnekort gaan skep. Die doel van die komitee is om te help met welwillendheidprojekte en om op die groep reëlings te tref indien behoeftige leerders van ons skool iets...
Geagte Ouers / Voogde – 1 Maart 2024
Baie dankie aan al ons ouers/voogde, leerders en opvoeders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die gewilde klasbraai by die Conradieveld bygewoon het. Ouers/voogde en leerders het in groot getalle opgedaag, want die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Graag wil ek my dankbaarheid uitspreek, want met die ligging van ons sportveld met die ikoniese Tafelberg as agtergrond, die statige Leeukop en die bekende Seinheuwel wat ons omring, maak die Conradieveld ‘n idilliese sportgrond. Dit was vir die personeel ook heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Amptelik was dit ook ons gr. 1-ouers/voogde se eerste klasbraai en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Ons skoolgebou en terrein is sedert Woensdag, 28 Februarie, baie stil aangesien ons gr. 7’s en 5’e weg is op kampe (onderskeidelik by Franschhoek en SOS). Ons gr. 7’s en 5’e is reeds vanaf Maandag so opgewonde en kon net nie meer wag dat Woensdag moes aanbreek nie sodat hulle na die kampe kon vertrek. Skoolkampe bied die ideale geleentheid om leerders uit ‘n bekende en gemaklike omgewing te neem en bloot te stel aan ‘n onbekende natuuromgewing wat gestruktureerd, veilig en vriendelik is. Terwyl hulle die natuur verken, word hul karakter gebou, kommunikasievaardighede verbeter, spanwerk verbeter en emosionele- en leiereienskappe ontwikkel, Dit is net ‘n wen-wen situasie vol tonne pret waar hulle beslis hulself kan wees en ander leerders beter gaan leer ken. Hulle gaan dus leer wat dit beteken om saam te werk en op die regte tye vir mekaar spasie te gee. Skoolkampe sal altyd ‘n onvergeetklike deel van ‘n...
Krieketuitslae: 27 en 28 Febr. 2024
Baie geluk aan al ons krieketspelers met die volgende puik uitslae. 27 Februarie 2024: o.8A JvR teen Llundudno JvR - 65/1 Llundudno - 39/2 JvR wen met 26 lopies o.8B teen Houtbaai JvR - 56/2 Houtbaai 43/3 JvR wen met 13 lopies o.9A teen Llundudno JvR - 47/4 Llundudno - 36/3 JvR wen met 11 lopies 28 Februarie 2024: Kampsbaai kolf eerste en teken 120/3 aan na 15 beurte JvR 120/2 na 15 beurte Wedstryd eindig gelykop. Baie geluk aan Damian Daniels wat 27* lopies bymekaar gemaak...
Jannies Karwas: 19 Maart 2024
Welwillendheid Fondsinsameling 19 Maart 2024 09:00 - 12:00 @ Laerskool JvR Nuwe Kerkstraatparkeerarea R100 per motor / R40 net vir vensters Slegs SnapScan, geen kontant
Sistemiese Toetse 2023 Verslag
Ons gr. 3’s en 6’e van verlede jaar het ons weereens trots gemaak met die aflê van die sistemiese toetse wat deur alle Wes-Kaap leerders in gr. 3, -6 en -9 geskryf word. Dit is belangrik om altyd in ag te neem dat die leerders wat kwalifiseer vir konsessies, wat deur die WKOD goedgekeur word, saam met die res van die leerders hierdie toetse moet skryf. Hulle ontvang dus geen ondersteuning bv. voorlesers of transkribeerders soos wat hulle onder normale omstandighede tydens formele assesserings ontvang nie. Vir die graad 3-leerders is tyd ‘n groot uitdaging tydens die sistemiese toetse. In die grondslagfase word daar geen tydsbeperking tydens formele assesserings toegepas nie. Wanneer leerders die sistemiese toetse skryf, word daar egter verwag dat hulle die toets binne ‘n uur voltooi. Ons resultate is indrukwekkend, al word die leerders onder druk geplaas. Volg gerus hierdie skakel vir die uitslae. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/02/Sistemies-2023.pdf" title="Sistemies...
Skaakuitslae: Kwalifiseer vir WP-proewe
Die volgende leerders het gekwalifiseer om deel te neem aan die 2de ronde van die Skaak WP-proewe te Plumstead Hoërskool en Wynberg Seunskool op 2 en 3 Maart: Kyle Meissenheimer Larah Opperman Emma Snijders Chris Derksen Christina du Toit Baie geluk,...
Beheerraadverkiesing 2024: Benoemingsvorm
Liewe Gr. R - 7-Ouers, Neem asseblief kennis dat julle vanaf vandag (Maandag, 26 Februarie) toegang tot 'n benoemingsvorm (nominasies - Addendum B) het om 'n ouer(s) by die skool voor te stel wat bereid is om hom-/haarself beskikbaar vir die 2024 BR-Verkiesing te stel. Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Neem ook asseblief kennis dat die benoemingsvorms (Addendum B) ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar is. Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken: Voorsteller Sekondant Kandidaat Baie dankie vir julle dringende aandag en aksie. Vriendelike groete Naas Beets SKOOLHOOF [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/02/BR-VERKIESING-2024-ADDENDUM-B.pdf" title="BR VERKIESING 2024 - ADDENDUM...
Musiekkonserte: 18 en 19 Maart 2024
Dit is amper tyd om musiekkonsert te hou! Op 18 en 19 Maart 2024 kry elke leerder wat ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om van die geleentheid gebruik te maak. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband plaasvind. Sien asseblief die datums en tye hier onder. Ons nooi alle ouers uit om te kom luister en saam met ons jou kind se vordering te vier. Die graad 6 en 7-musiekleerders sal in kwartaal 2 ‘n geleentheid kry om hulle stukkies in ‘n konsert te speel. Maandag, 18 Maart: 08:00-08:30 Grade 1P, 1S, 1T, 2C, 2T Maandag, 18 Maart: 08:45-09:15 Grade 2U en 3C Maandag, 18 Maart: 09:30-10:15 Graad 3E en 3TB Dinsdag, 19 Maart: 08:00-08:30 Graad 4C, 4H, 4LR Dinsdag, 19 Maart: 08:45-09:15 Graad 5F Dinsdag, 19 Maart: 09:30-10:15 Graad 5S en...
Zone-Atletiekbyeenkomsuitslae: 21 Febr. 2024
Woensdag, 21 Februarie, het 20 van ons atlete aan die Zone-atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Die byeenkoms lewer reeds baie goeie atlete op en is die tweede groot byeenkoms voordat leerders die geleentheid kry om moontlik by die WP-kampioenskappe deel te neem. Om te kwalifiseer vir die WP-kampioenskappe moet jy in die top 4 in die baanitems eindig en top 3 in die velditems. Die volgende leerders het almal gekwalifiseer om volgende week Woensdag, 28 Februarie, aan die WP-kampioenskappe deel te neem: Delmar Benecke, 1ste 800m Maia du Toit, 1ste 70m H Jana Olivier, 1ste diskus en 2de gewigstoot Stella Zulch, 1ste spiesgooi Carter Shoeman, 1ste gewigstoot en 3de diskus Frank van der Walt, 1ste gewigstoot en 2de diskus Daniella Boshoff, 2de 200m H en 4de 75m H Jeanne van Heerden, 3de diskus Ellen van Heerden, 3de gewigstoot Ons wil die atlete gelukwens met hul pragtige uitslae by die Zone-kampioenskappe. Reëlings rakende volgende week se byeenkoms sal direk met die ouers gekommunikeer...
Dapper Stappers: 2 Maart 2024
Ons stap op Saterdag, 2 Maart, Kloof Corner op tot by die kontoerpad teen Tafelberg en dan tot by die grot, Andy's Cave. Indien jy graag saam wil stap, sluit gerus by die Dapper Stappers-groep in die WhatsApp Community aan. Hier volg meer inligting: Begin ongeveer 09:00 stap (onderhewig aan verandering, afhangend van die weer) Begin met 'n opdraende 1 km tot by die kontoerpad waarna ons 'n gelyke roete tot by Andy's Cave stap. Alle leerders en ouers welkom, solank leerders wel al in die berg of bietjie verder gestap het en weet wat om te verwag. Dis nie 'n moeilike roete nie, maar die opdraende aan die begin kan uitdagend wees. Bring sonbrandroom en trek gepaste stapskoene en 'n hoed aan. Pak genoeg water en peuselhappies. Die vorm om aan te dui of jy wil saam stap en meer inligting sal binnekort op die Dapper Stappers WhatsApp-groep gedeel word. Ek hoop om julle daar te sien!...
Wintersportprogram begin 4 Maart
Neem asb. kennis dat alle somersport Vrydag, 1 Maart, eindig en dat die Winterprogram reeds Maandag, 4 Maart, begin. Die volgende spanne sal nog steeds wedstryde speel soos op die kalender aangedui: Mini-krieket en Tennis A-spanne. Tennisoefening in die oggende sal voortgaan tot 14 Maart. Volg die skakel vir die volledige winterprogram. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2024/02/Winterprogram-4-15-Maart-2024.pdf" title="Winterprogram 4 - 15 Maart...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026