Neem asb. kennis dat ons slegs vyf benoemingsvorms vir die 2024 Beheerraadsverkiesing teen die sperdatum van 04 Maart 2024 ontvang het.  Daar is net vyf vakatures vir die ouerkomponent van die Beheerraad daarom hoef die volgende nie meer plaas te vind nie:
  • Die eerste benoemingsbekragtigingvergadering op Dinsdag, 05 Maart 2024, om 18:00 in die saal hoef, nie meer te geskied nie.
  • Daar sal ook nie meer op Maandag, 18 Maart 2024 gestem hoef word nie.
Dus baie geluk aan die volgende ouers wat die 2024 – 2027 ouerskomponent van die Beheerraad sal verteenwoordig:
  1. Merwe Scholtz
  2. Susan van der Walt
  3. Marié Cruywagen
  4. Stephen Hitchcock
  5. Hugo van den Heever
My beste wense vergesel hulle en ek sien baie uit om die volgende drie jaar saam met hulle die skool na nog hoër hoogtes te lei.
 
Vriendelike Groete
 
Naas Beets
SKOOLHOOF