Ons stap op Saterdag, 2 Maart, Kloof Corner op tot by die kontoerpad teen Tafelberg en dan tot by die grot, Andy’s Cave. Indien jy graag saam wil stap, sluit gerus by die Dapper Stappers-groep in die WhatsApp Community aan. Hier volg meer inligting:

  • Begin ongeveer 09:00 stap (onderhewig aan verandering, afhangend van die weer)
  • Begin met ‘n opdraende 1 km tot by die kontoerpad waarna ons ‘n gelyke roete tot by Andy’s Cave stap.
  • Alle leerders en ouers welkom, solank leerders wel al in die berg of bietjie verder gestap het en weet wat om te verwag.
  • Dis nie ‘n moeilike roete nie, maar die opdraende aan die begin kan uitdagend wees.
  • Bring sonbrandroom en trek gepaste stapskoene en ‘n hoed aan.
  • Pak genoeg water en peuselhappies.
  • Die vorm om aan te dui of jy wil saam stap en meer inligting sal binnekort op die Dapper Stappers WhatsApp-groep gedeel word.

Ek hoop om julle daar te sien!
Suzaan