Liewe Gr. R – 7-Ouers,

Neem asseblief kennis dat julle vanaf vandag (Maandag, 26 Februarie) toegang tot ‘n benoemingsvorm (nominasies – Addendum B) het om ‘n ouer(s) by die skool voor te stel wat bereid is om hom-/haarself beskikbaar vir die 2024 BR-Verkiesing te stel.

Benoemings sluit op Maandag, 04 Maart, om 13:00 en alle getekende benoemingvorms (nominasies) moet fisies dan by die adminkantoor (Jodene) ingehandig word. Neem ook asseblief kennis dat die benoemingsvorms (Addendum B) ook in harde kopie by die adminkantoor beskikbaar is.

Maak asseblief seker die benoemingsvorm is deur die volgende persone onderteken:

  1. Voorsteller
  2. Sekondant
  3. Kandidaat

Baie dankie vir julle dringende aandag en aksie.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

BR VERKIESING 2024 - ADDENDUM B