Individuele- en klasfoto’s: Bestellings oop
Individuele- en klasfoto's is nou beskikbaar by hierdie skakel: LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK FOTO'S Wagwoord: JVR2020 Sien verdere inligting hier onder:
Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2026
So kom ons vandag aan die einde van die tweede laaste week van ‘n opwindende kwartaal en môre, Saterdag, 21 Maart, word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is so hartseer dat min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur en dit bloot as nog ‘n openbare vakansiedag sien. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n tragiese gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag herinner ons aan die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpeville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter deur die polisie uitmekaar gejaag, terwyl daar op hulle geskiet is en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydra lewer sodat alle mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons pragtige land kan leef. Een kenmerk van Laerskool Jan van Riebeeck wat ons van baie ander skole onderskei, is dat ons ‘n waardegedrewe skool in die ware sin van die woord is, en beslis nie net op papier nie. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om daagliks te sien hoe leerders, personeel en ouers ons kernwaardes (respek, omgee, verantwoordelikheid en eerlikheid) uitleef. Dit word bevestig weens die feit dat daar op Dinsdae tydens die weeklikse saalbyeenkoms gereeld spesiale sertifikate, naamlik Jannie van die Week-sertifikate, aan leerders uitgereik word wat ons skool...
KAPERJOLLE – 11 APRIL 2026
Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! Wat kan jy verwag? 🍔 Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek en Woodstock Brewery se food truck. 🍭 Lekkergoedland: Bederf jou soettand – spookasem en slushies! 🎶 Musiek: Om jou in die regte bui te kry. 👻 Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4–7). Slegs 13:00–17:00. 🎯 Speletjies: Die vierkantspeletjies is vir alle kinders. 🍺 Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes. 🍖 Koskompetisie: Wie kook die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in! 📅 Datum: 11 April 2026 ⏰ Tyd: 12:00–18:00 📍 Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld) Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester! Toegang: 👨👩👧👦 Volwassenes: R100 – sluit proegeleenthede by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in. 🎈 Juniorkinders (Graad R–3): R100 – eindelose vermaak met speletjies in die vierkant. 🎃 Seniorkinders (Graad 4–7): R140 – toegang tot al die speletjies én die spookhuis. 🌟 Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar!...
Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 17 Maart 2026
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 17 Maart, in die NASORG plaas. Die volgende leerders tree op: Strykensemble - Jacob Venter, Coreen Scholtz, Theo Robson, Anna-Sophia Leach, Morgan Smit Lukas van der Westhuizen - saksofoon Antjie Samuel - klavier en viool Micah Nikiforos - saksofoon Frannie Samuel - klavier Samuel Smit - klavier Emma Kuys - klavier Matthias Ackerman - klavier Mathias Barkhuizen - klarinet Cara Scholtz - klavier Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek:...
Junior en Senior Kooroptredes: Kwartaal 2, 2026
Ons kore werk hard om voor te berei vir die konserte wat gedurende die tweede kwartaal vir ons voorlê. Indien daar optredes bygevoeg word, sal ons julle in kennis stel. Teken gerus die datums aan en hou die Nuusbrief en betrokke WA-groepe dop vir meer gedetailleerde inligting rakende die spesifieke geleenthede: Junior Koor 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 19 Junie GF Musiekkonsert (oggendkonsert by LJvR) Senior Koor 12 April Passion ChoralFest by Hugo Lambrechts @ 16h00 21 April Fairmont High School Choir Evening (aandkonsert en busvervoer sal gereël word) 7 Mei HSJvR Reünie Kultuuraand (aandkonsert) 18 Junie ISF Musiekkonsert (aandkonsert by LJvR) Ek herinner graag dat dit verpligtend is vir koorlede om die optredes by te woon, tensy daar vooraf verskoning gemaak is by Juf Bea (junior koor) of Juf Rolene (senior koor). Moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae nie – ons help...
Rugbyuitslae: 6 Maart 2026
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Netbaluitslae: 6 Maart 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Geagte Ouers / Voogde – 13 Maart 2026
Hoe is dit moontlik dat dit vandag weer ‘n Vrydag van die dertiende is, en nogal twee maande opeenvolgend? ‘n Mens sou kon dink een vir die jaar is meer as genoeg, maar dit wil voorkom of 2026 vol verrassings is. Dit stop ook nie by twee van hierdie buitengewone Vrydae nie. Die rare kalender sluit nog ‘n Vrydag die dertiende in, wat later in November vanjaar gaan plaasvind. Vrydag die dertiende vind dus vanjaar drie keer plaas – my innige simpatie vir diegene wat ‘n bietjie bygelowig is. Hierdie verskynsel gebeur beslis nie gereeld nie, want dit kan net plaasvind as die maand op ‘n Sondag begin. Dit het laas in 2015 plaasgevind en sal weer sy verskyning in 2037 maak. Hierdie is dalk nuttelose inligting, maar tog is dit ‘n interessante verskynsel wat menigte mense baie benoud laat. Op Vrydagoggend, 06 Maart, het ons o.7 - o.13 netbal- en rugbyspanne om 08:30 met groot opwinding na Porterville vertrek om aan Hoërskool Porterville se jaarlikse Bulfees deel te neem. Dis is beslis ‘n ‘bul’ van ‘n sportfees wat jaar-in en jaar-uit uitstekend gereël word. Die Bulfees raak net elke jaar groter en groter, maar hulle kry dit beslis reg om die sportfees baie opwindend aan te bied terwyl ons die unieke plattelandse gasvryheid ook terdeë kon geniet. Vir die eerste keer het ons o.7 netbalspan aan die fees en aan hul eerste wedstryde deelgeneem – hulle het puik gevaar, en dit so vroeg in die seisoen! Ek glo hul ouers het die nuwe ervaring net soveel soos die spelers geniet. Baie geluk aan al ons spanne wat op...
Studiekursus: Kwartaal 2, 2026
Sien meer inligting oor kwartaal 2 se studiekursus hier onder: Indien jou kind deel is van die studiekursus, sluit gerus by die WhatsApp-groep aan: Studiekursus (Ls JvR)
Old School-ondersteunersdrag
Ons toets tans die belangstelling. Sodra daar genoeg belangstelling is vir ’n minimum van 80 items, sal die vooraf bestellings oopgestel word vir betaling via die Karri-toep. 👉 Voltooi asseblief die aangehegte vorm indien jy belangstel. 📅 Let wel: Die vorm sluit op 28 Maart 2026, en alle bestellings moet voor hierdie datum geplaas word. Indien daar voldoende belangstelling is, behoort die truie teen die einde van Junie beskikbaar te wees. Laat die Jannie-ondersteuners uitstaan langs die sportveld! Plaas nou jou bestelling by die skakel hier onder! (Indien jy reeds verlede jaar bestel het, wil ons jou vra om asb. weer hierdie opgedateerde vorm te voltooi.) Ondersteunersdrag 2026 – Fill out form...
Skaakproewe: 7 – 8 Maart 2026
Na afloop van die skaakproewe wat op Saterdag, 7 Maart en Sondag 8 Maart, te Somerset-Wes plaasgevind het, het twee van ons vier spelers wat daaraan deelgeneem het, distrikskleure verwerf. Baie geluk aan Pieter-Steph Bothma en Daniel Lawson wat gekwalifiseer het vir die WP-proewe wat in Mei plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle en hoe julle JvR op die skaakbord verteenwoordig!...
Netbaluitslae: 28 Februarie 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Kaperjolle koskompetisie: Skryf nou in!
Dis weer tyd vir die jaarlikse Kaperjolle koskompetisie. Vanjaar se tema is: Jan van Riebeeck se pitstop-toer, wat beteken jy kan ‘n dis maak van enige land waar ou Jan voet aan wal gesit het. Hier is hoe dit werk: 🌍 Jou span kan ‘n dis maak van enige van die volgende lande: Nederland, Indonesië, Japan, Viëtnam, Maleisië, Sierra-Leone, Tansanië, Portugal, Italië en natuurlik Suid-Afrika. Jou “pitstop” moet ook volgens die tema versier word. 🔥‘n Gedeelte van jou gereg moet op die kole gemaak word. 😋 Nes verlede jaar gaan dit weer ‘n proe-kompetisie wees. Die eetgerei sal voorsien word, en jou porsies moet so twee of drie happies groot wees. 🏆Almal wat proe, mag stem vir een gunsteling-gereg en die wenner is die pitstop met die meeste stemme. Wie gaan die kroon dra as Jan Pitstop Kampioen 2026? Skryf jou span teen 20 Maart in deur hierdie vorm in te vul: SKRYF HIER...
Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 10 Maart
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 10 Maart, in die groot musiekklas plaas. Die volgende leerders tree op: Anya Greeff - Klavier Anton Titley - Klavier Natalie Lawson - Saksofoon Bella Naylor - Klavier Nina de Villiers - Klavier Ella van der Walt - Klavier Pierre du Toit en Elsie Janse van Rensburg - Klavierduet Pierre du Toit - Klavier Eliana Greeff - Klavier Daniel Oosthuizen - Klavier Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 by die groot musiekklas aan met hul instrument. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring slegs een maatjie saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om by die musiekklas te kom. Die senior koor oefen in die saal. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Groot Musiekklas (Musiekdepartement)...
Geagte Ouers / Voogde – 06 Maart 2026
Graag verwelkom ons Maart-maand in week agt van kwartaal een. Dit beteken dat die skole oor drie weke op 27 Maart vir ‘n kort en welverdiende vakansie sluit voordat ‘n besige kwartaal twee op 08 April afskop. Die seisoene is ook stadig, maar seker besig om te draai met die son wat soggens ‘n bietjie later opkom en vroeër ondergaan. Vanjaar het ons vir seker ook ‘n unieke kalenderperiode, want die Lydenstydperk (Lent) het vir die Christelike geloof begin, terwyl Ramadan ook vir Moslemfamilies begin het. Aangesien beide die Lydenstydperk en Ramadan deur die fases van die maan bepaal word, vind die Lydenstydperk elke jaar plaas in die 40 dae voor Paasfees, terwyl Ramadan elke jaar ongeveer 11 dae vroeër skuif. Hierdie jaar oorvleuel die Lydenstydperk en Ramadan. Dit is ’n seldsame oorvleueling. Dit sal eers weer in 2059, oor 33 jaar, gelyktydig plaasvind. Ons wens al ons Christen-ouers ‘n geseënde Lydenstydperk, asook aan al ons Moslem-ouers/vriende ‘n geseënde Ramadan Mubarak toe. Ons skool was vanaf Maandag weer voltallig met die terugkeer van die gr. 5- en 7-leerders vanaf hul onderskeie skoolkampe die vorige week. Ek het met van die ‘kampers’ gepraat en hulle was almal eens dat hulle die skoolkampervaring terdeë geniet het. Natuurlik was hulle verlede Vrydag met terugkeer doodmoeg van die min slaap, die uitdagings van die onbekende avontuur en al die opwindende aktiwiteite wat aangebied is. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leierskapvaardighede. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het definitief hul ouers/voogde se tuisgemaakte kos asook die gemak van hul ouerhuise gemis. Ek glo hulle...
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027