Skooltye van verlede Vrydag

Ons wil om verskoning vra dat die skooltye verlede Vrydag verander het sonder dat ouers vooraf in kennis gestel is. Daar was 'n miskommunikasie en die boodskap wat vroeër in die week gestuur moes word, het verlore gegaan. Jammer vir enige ongerief wat dit ouers veroorsaak...

Trotse Jannie

Naam en van: Famke Schwartz Graad: 6B Waar woon jy?: Hoërskool JvR-koshuis Gunsteling vak: Ek geniet Wiskunde, want ek hou daarvan om probleme op te los. Ek is ‘n trotse Jannie omdat ek daarvan hou om mense te help.

WOW Spelfees 2020

Ons gaan weer hierdie jaar deelneem aan die WOW SPELFEES. Volg die SKAKEL na die woordelyste op ons webtuiste. Ons skryf binne die eerste 3 weke van kwartaal 3 (Julie) toets oor die eerste helfte van die woorde.

Huppelland Aansoeke 2021

Ons aansoeke vir Huppelland is nou aanlyn en ons het tot dusver 'n hele paar aansoeke ontvang. Daar is nog plek vir graad 00 en ons wil graag 'n beroep op ons ouers doen om vir vriende en familie te sê van ons oulike Pre-Primêre skool en aanmoedig om aansoek te doen vir hul kleuters. Kleuters kan by Huppelland begin in die jaar wat hulle vier 4 word. Deel gerus hierdie skakel met julle vriende:...

Woord van die week 88

kiekies Definisie: ‘n Klein foto wat meestal deur ‘n amateur-fotograaf geneem word. Sin: Die kiekies teen die muur is oud en vaal. Oorsprong: Die woord kiekies het sy oorsprong in die van ‘n bekende Nederlandse fotograaf, Israel David Kiek. Die woord is dus ‘n eponiem. Wenner: Mieke Huysamen...

Fredrich Erasmus ontvang sy WP kleure in Tennis

Ons wil vir Fredrich Erasmus baie sterkte toewens vir die naweek. Hy is deel van die Wes-Kaap Disa span (ou WP) wat die naweek in 'n toernooi in Moorreesburg speel. Die span sal teen die Wes-Kaap Kavaliers en Platteland speel. Met sy insluiting in die span ontvang Fredrich sy WP B span kleure. Baie geluk...

Chiara Roodt in “Projek Dina”

Ons is baie trots op een van ons Gr.6-dogters wat 'n prominente rol in "Projek Dina" speel wat tans op KykNet uitgesaai word. Doen jouself 'n guns en kyk die vorige paar episodes op "Catch Up". Die reeks trek reeds by episode 8 en daar is 15 episodes. Die reeks het ongelukkig 'n ouderdomsbeperking van 16 en is dus nie geskik vir laerskoolleerders nie. Twee van ons oudleerders, Anna en Maria Joubert, wat tans in Gr.8 in Hoërskool Jan van Riebeeck is, is ook te sien in van die...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannies van die week, Markus, Lukas en Lea de Ridder. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.

Jannies Talent

Daar begin groot opgewondenheid heers oor die Talentkompetisie wat op Woensdagaand, 18 Maart om 18:30 plaasvind. Ons het bekendes wat kom beoordeel en daar sal sertifikate, medaljes en trofeë aan die topdeelnemers uitgedeel word. Almal kan kom! Dis 'n lekker gesinsaand. Kaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en sal by die deure te koop wees. Daar sal ook eet- en drinkgoed vooraf te koop wees. Kom sluit die kwartaal op 'n prettige noot...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor