Ons is baie trots op een van ons Gr.6-dogters wat ‘n prominente rol in “Projek Dina” speel wat tans op KykNet uitgesaai word. Doen jouself ‘n guns en kyk die vorige paar episodes op “Catch Up”. Die reeks trek reeds by episode 8 en daar is 15 episodes. Die reeks het ongelukkig ‘n ouderdomsbeperking van 16 en is dus nie geskik vir laerskoolleerders nie.

Twee van ons oudleerders, Anna en Maria Joubert, wat tans in Gr.8 in Hoërskool Jan van Riebeeck is, is ook te sien in van die episodes!