Ons wil vir Fredrich Erasmus baie sterkte toewens vir die naweek. Hy is deel van die Wes-Kaap Disa span (ou WP) wat die naweek in ‘n toernooi in Moorreesburg speel. Die span sal teen die Wes-Kaap Kavaliers en Platteland speel. Met sy insluiting in die span ontvang Fredrich sy WP B span kleure. Baie geluk Fredrich!