Sportvaardigheidsklinieke : 12 – 15 April
Ons gaan volgende week, 12 - 15 April, vaardigheidsklinieke vir al ons leerders aanbied. Hierdie klinieke fokus op vaardighede en is nie net vir leerders wat aan die onderskeie sportkodes deelneem nie. Dit sluit ook by ons LO-klasse aan. Dit vind gedurende skoolure plaas en elke graad is net een dag betrokke. Alles gaan hierdie jaar egter by die skool plaasvind sodat ons nie met vervoer hoef te sukkel nie. Die netbalafdeling word deur WPNA (pienk tannies) aangebied en die rugby deur TAG rugby. Maandag: 12 April gr. 6 en 7 van 9:00 tot 11:30 Dinsdag: 13 April gr. 4 en 5 van 9:00 tot 11:30 Woensdag: 14 April gr. 3 van 9:00 tot 11:00 Donderdag: 15 April gr. 1 en 2 van 9:00 tot 11:00 Leerders kom vir die dag in hul LO-KLERE skool toe. Indien 'n seun eerder netbal wil doen of 'n dogter die rugby is hul welkom. Hulle kan net nie beide doen nie. Hierdie sessies word gratis vir die leerders aangebied. Die afrigters word deur die skool...
Waarde vir die maand: Maart
In Maart het ons op die waarde, Omgee, gefokus. Dit is waarom ons tee saam met iemand vir wie ons omgee, gedrink het. Hoekom? Dit is lekker as iemand vir jou omgee en luister na wat jy sê. Jannies gee om vir mekaar! Hierdie maand fokus ons op die waarde:...
Winter buitemuurse program
Baie dankie aan almal vir 'n heerlike somer buitemuurse program. Dis 'n fees om te sien hoe die kinders oor die paar weke ontwikkel het en dis wonderlik om te weet die aanvraag is so groot! Die winter buitemuurse program skop op Woensdag, 7 April, af en sal weer op Donderdag, 15 April, eindig. Gedurende die laaste week van skool sal daar nie enige skool buitemuurs wees nie. Ons gaan op Maandag, 10 Mei, met die winterprogram vir kwartaal 3 afskop. Ons is baie opgewonde om die gepubliseerde gazette (27 Maart 2021) se voorskrifte te ontvang en hoef nie enige drastiese aanpassings te maak nie. Die meeste van die regulasies wat ons in plek gehad het vir die eerste kwartaal sal nou ook gedurende die winterprogram gevolg moet word. Dit sluit in dat ons steeds GEEN toeskouers by enige oefeninge of wedstryde mag hê nie. Die gazette bepaal dat ons nou aan wedstryde, byeenkomste en toernooie mag deelneem. Ons is die jaar vir onderskeie sportkodes by ligas ingeskryf en wag nou op hul terugvoer (wat 'n lys van vereistes vir elke sport insluit) en wedstrydbepalings. Alle bepalings en toernooie sal op die skool se webkalender gelaai word soos dit bevestig word. Die getal spelers wat in 'n area mag wees, is vermeerder en ons gaan nie vir die winterprogram enige vooraf registrasies doen nie. Almal is welkom om aan die beskikbare sportkodes vir hul ouderdom deel te neem. Ons gaan wel die getalle monitor en aanpassings vir 'n groep maak indien nodig. Ons vra dat ouers asb. steeds die betrokke afrigter (soos op die winterprogram aangedui) in kennis stel...
Geagte Ouers / Voogde
Dit is my eer en voorreg om aan te kondig dat die verkiesing van die nuwe Beheerrraad (BR) se ouerkomponent d.m.v. die virtule platform (VotingCrowd) wat op 30 Maart 2021 plaasgevind het, baie suksesvol afgeloop het. Ek vra om verskoning dat julle so lank vir die bekendmaking van die nuwe BR-lede (ouers) moes wag, maar ongelukkig is daar streng protokol wat na afloop van die verkiesing eers gevolg moet word om te verseker die verkiesingsproses was deursigtig en regverdig. Gun my die geleentheid om al 11 kandidate hartlik te bedank vir hul bereidwilligheid om tot diens van die puik skool te staan. Ek glo julle sal saamstem dat hulle uiters professioneel in die verkiesingsvideo’s oorkom en hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons skool is baie bevoorreg om soveel kundigheid en ervaring in ons skoolgemeenskap tot ons beskikking te hê. Baie geluk aan die volgende BR-lede (alfabetiese orde) wat ons ouerkrops verteenwoordig: 1. Marié Cruywagen 2. Esri Marais 3. Merwe Scholtz 4. Izelle Venter 5. Andries Viljoen Die res van die BR bestaan uit die volgende personeel: 6. Naas Beets (Skoolhoof) 7. Lucia de Jager (verkies om die opvoeders te verteenwoordig) 8. Ischké Felix (verkies om die opvoeders te verteenwoordig) 9. Hannes Muller (verkies om die nie-opvoeders te verteenwoordig) Graag wens ek die nuwe BR sterkte toe met die belangrike taak wat voorlê. Ek weet die nuwe BR sal die skool na nog hoër hoogtes lei tot voordeel van ons Jannies. Die einde van die 7de akademiese week bring ons by die begin van nog ‘n langnaweek. Natuurlik is dit Paasnaweek en die afgelope weke het ons honderde...
Sosiale Gholfdag 2021
Kliek op die foto vir die GOOGLE FORM om in te skryf.
Jan Karsten presteer by Wes-Kaap Geslote Skaak Kampioenskap
Jan Karsten (Gr. 7) het Saterdag, 27 Maart, en Sondag, 28 Maart, aan die Wes-Kaap Geslote Skaak Kampioenskap deelgeneem wat by Paul Roos plaasgevind het. Hy het onder andere teen die huidige SA Kampioen en Maties student, Daniel Barrish, gespeel en gelykop geëindig! Jan het ook in die eerste ronde vir kandidaatmeester (CM), Andrew Floris Bartoli, geklop asook die vorige Wes-Kaapse kampioen, Mark Lewis. Dit is 'n ongelooflike prestasie! Aan die einde van al die rondes het Jan 5de geëindig. Baie geluk Jan! Indien jy 'n intekenaar van Netwerk 24 is, gaan lees gerus die ARTIKEL vir meer inligting oor die...
Eisteddfod 2021
Beste Ouers Jou kind(ers) het die geleentheid om die jaar aan die Eisteddfod deel te neem. Beoordeling vind in Augustus/ September by ons skool plaas. Inskrywingsgelde vir Spraakkuns is R60 per item en R55 vir Sang. Fooie vir Klavier wissel (sien die Karri -toep). Betalings geskied deur die Karri-toep. Inskrywings sluit op 14 April. Afdelings: Gr 1 – 7 Gedig Gr 4 - 7 Prosa Gr 3 - 7 Onvoorbereide lees Sang en instrumentale inskrywings sal deur die musiek- en kooronderwysers gekeur word. Sodra jou kind in kennis gestel is dat hy/sy aan 'n sang- of musiekitem gaan deelneem, kan jy deur middel van die Karri-toep betaal. Enige navrae kan aan Helecia Groenewald (Musiek) of Jana Nel (Spraakkuns) gerig...
Beheerraadverkiesing 2021
Kliek gerus op die foto van elke kandidaat wat staan vir die beheerraadverkiesing vir 'n kort videovoorstelling van hulself en onderaan die foto vir elkeen se CV.
Geagte Ouers / Voogde
Hoop en vertrou dat almal ‘n heerlike langnaweek geniet het. Ons het die einde van die 6de akademiese week suksesvol bereik, nog ‘n mylpaal en ons fokus is nog steeds op die 2021 Beheerraadsverkiesing. Die verkiesing van die nuwe Beheerraad (BR) is naas die Algemene verkiesing die belangrikste gebeurtenis in die Suid-Afrikaanse skolestelsel en die land as ‘n geheel. Daar is meer as 24,000 skole landwyd wat in Maart en April nuwe beheerrade sal verkies wanneer die termyn van die vorige verkose beheerliggame ten einde loop. Julle sal later vandag toegang per WhatsApp tot die verkorte CV’s en individuele foto's van ons 11 genomineerde kandidate ontvang. Om die verkiesingsproses meer te verpersoonlik, het ons op baie kort kennisgewing besluit om ‘n kort video (90 sekondes) van elke kandidaat te skiet waartydens hulle motiveer waarom daar spesifiek vir hulle gestem moet word. Die video's sal ingesluit wees in die kennisgewing met die foto's en CV's. Die verkiesing vind op Dinsdag, 30 Maart 2021, d.m.v. VotingCrowd plaas. Dié aanlynverkiesingsfasiliteit sal op 30 Maart vanaf 06:00 beskikbaar wees en dit sluit stiptelik om 18:00. Hierdeur wil ons al ons ouers betrek deur die proses so gerieflik moontlik te maak deur in jou eie tyd en plek te stem. Ons sal Maandag, 29 Maart, meer besonderhede stuur oor die aanlynverkiesingsproses. Ek doen dus ‘n ernstige beroep op elkeen om asseblief te stem, want dit bepaal die toekoms van ons skool asook die feit dat die verkiesing net wettig verklaar sal word indien daar ‘n kworum teenwoordig is, m.a.w. 10% van ons ouers moet stem. Daar is 5 vakante posisies vir die ouerkomponent van...
Kleiduif-kompetisie vir Welwillendheid
Laaste kans om in te skryf vir die Kleiduif-kompetisie wat op 6 Mei 2021 plaasvind. As jy nie ‘n volle span bymekaar kan kry nie, kan jy steeds deelneem. Vul ‘n INSKRYWINGSVORM in en ons sal almal akkommodeer.
Uitslae en bekerwenners van die Kleuregala
Dit was vir elke onderwyser en kind so lekker om verlede week Donderdag en Vrydag 'n swemgala te hou en te sien hoe die kinders deelneem. Baie dankie aan almal vir hul ondersteuning en baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Ons het 'n paar aanpassings gemaak om by COVID-regulasies te hou en te verseker dat almal veilig is. Die gees van deelname en samesyn het steeds geseëvier. Ons is so trots op elke leeder wat deelgeneem het, dis wonderlik om ons kinders se deursettingsvermoë te sien. Baie geluk aan die volgende leerders wat swembekers wen: Lisa Marie Marais Junior Dogtersbeker: Carmen Barnard Marie Louise Lubbe Junior Seunsbeker: Delmar Benecke Hattingh Senior Dogtersbeker: Sophia Liebenberg Riëtte van Reenen Senior Seunsbeker: Alexander Benecke Die wenspan vir die dag was Oranje met 1012 punte! Vir die res van die Top 6 uitslae en die rekords, volg die skakel: Kleuregala uitslae 18 & 19 Maart 2021 Kliek HIER vir 'n paar foto's van die...
Lara Pieterse gekies vir balletopvoering
Lara Pieterse in graad 7 is gekies om te dans in die balletopvoering, Coppelia, wat van 15 tot 17 April in die Artscape Operahuis op die planke sal wees. Ongelukkig is alle kaartjies reeds uitverkoop, maar opnames sal wel na afloop van die opvoerings op DVD sowel as die internet beskikbaar wees. Navrae oor die opnames kan gerig word aan...
Die graad 7’s word genooi na ‘n fliekaand!
Bring 'n piekniekmandjie en 'n kombers en kom geniet 'n heerlike fliek saam met jou maats. Wanneer: Donderdag, 8 April 2021 (18:00 - 20:00) Waar: Laerskool Jan van Riebeeck-skoolsaal Kaartjies is beskikbaar op die Karri-toep teen R30 per persoon en sluit 'n pakkie springmielies...
Embleme
Ons het verlede jaar 2 kompetisies geloods: Een vir ‘n eeufees-embleem en tweedens om die 100 jaar feesvieringe te gebruik om in tye van die pandemie ‘n embleem van hoop te skep. Baie geluk aan die volgende leerders wat die onderskeie kompetisies gewen het: ● Klara Jansen van Vuuren Gr.2: LS JVR 100 Embleem ● Taniel Webber Gr.7 : 100-2021...
Kleiduif kompetisie vir Welwillendheid
Die Laerskool Jan van Riebeeck-Trust bied vir die eerste keer op 6 Mei 2021 by Valley Clay Target Club ‘n Kleiduif-kompetisie aan. Kry ‘n span van 5 lede en kom geniet ‘n dag vol pret en lekker lag. Die kompetisie word gevolg deur ‘n steakbraai en daar is heerlike pryse op die spel. Inskrywings is beperk a.g.v. COVID 19-regulasies. Volg die SKAKEL om in te...
Belangrike Datums
augustus 2026