Jan Karsten (Gr. 7) het Saterdag, 27 Maart, en Sondag, 28 Maart, aan die Wes-Kaap Geslote Skaak Kampioenskap deelgeneem wat by Paul Roos plaasgevind het. Hy het onder andere teen die huidige SA Kampioen en Maties student, Daniel Barrish, gespeel en gelykop geëindig! Jan het ook in die eerste ronde vir kandidaatmeester (CM), Andrew Floris Bartoli, geklop asook die vorige Wes-Kaapse kampioen, Mark Lewis. Dit is ‘n ongelooflike prestasie! Aan die einde van al die rondes het Jan 5de geëindig. Baie geluk Jan!

Indien jy ‘n intekenaar van Netwerk 24 is, gaan lees gerus die ARTIKEL vir meer inligting oor die toernooi.