Ons gaan volgende week, 12 – 15 April, vaardigheidsklinieke vir al ons leerders aanbied. Hierdie klinieke fokus op vaardighede en is nie net vir leerders wat aan die onderskeie sportkodes deelneem nie. Dit sluit ook by ons LO-klasse aan. Dit vind gedurende skoolure plaas en elke graad is net een dag betrokke. Alles gaan hierdie jaar egter by die skool plaasvind sodat ons nie met vervoer hoef te sukkel nie.

Die netbalafdeling word deur WPNA (pienk tannies) aangebied en die rugby deur TAG rugby.

  • Maandag: 12 April gr. 6 en 7 van 9:00 tot 11:30
  • Dinsdag: 13 April gr. 4 en 5 van 9:00 tot 11:30
  • Woensdag: 14 April gr. 3 van 9:00 tot 11:00
  • Donderdag: 15 April gr. 1 en 2 van 9:00 tot 11:00

Leerders kom vir die dag in hul LO-KLERE skool toe. Indien ‘n seun eerder netbal wil doen of ‘n dogter die rugby is hul welkom. Hulle kan net nie beide doen nie. Hierdie sessies word gratis vir die leerders aangebied. Die afrigters word deur die skool vergoed.