Beste Ouers

Jou kind(ers) het die geleentheid om die jaar aan die Eisteddfod deel te neem. Beoordeling vind in Augustus/ September by ons skool plaas. Inskrywingsgelde vir Spraakkuns is R60 per item en R55 vir Sang. Fooie vir Klavier wissel (sien die Karri -toep). Betalings geskied deur die Karri-toep. Inskrywings sluit op 14 April.

Afdelings:
Gr 1 – 7 Gedig
Gr 4 – 7 Prosa
Gr 3 – 7 Onvoorbereide lees

Sang en instrumentale inskrywings sal deur die musiek- en kooronderwysers gekeur word. Sodra jou kind in kennis gestel is dat hy/sy aan ‘n sang- of musiekitem gaan deelneem, kan jy deur middel van die Karri-toep betaal. Enige navrae kan aan Helecia Groenewald (Musiek) of Jana Nel (Spraakkuns) gerig word.