Somersokkie: Stof jou dansskoene af!
Alle Gr.5 - 7-Jannies word na ons skitterende 'disco' dans op Donderdag, 17 Maart 2022, genooi! Tyd: 18:00 - 21:30 Kaartjies sal vanaf Maandag, 28 Februarie, op die Karri-toep teen R60 beskikbaar wees. Kaartjies sluit 'n worsrolletjie en 'n koeldrank in. Die snoepie sal die aand oop...
Sportnavrae
Neem asb. kennis dat Razelle Hanekom (Sportbestuurder) vanaf 17 Februarie vir die volgende 4 maande met kraamverlof gaan. Stuur dus asb. enige sportnavrae nog steeds na sport@jvrprim.co.za wat deur Leon Hanekom vir die tydperk hanteer sal word. Maak asb. seker julle ''cc'' ook die spesifieke sportkodehoofde (sien lys onder) in om effektiewe kommunikasie te bewerkstellig. Sportkodehoofde (Somer): Atletiek - Leon Hanekom by leon@jvrprim.co.za Swem - Bibi Janse van Rensburg by bibi@jvrprim.co.za Tennis - Anja Nauté by anja@jvrprim.co.za Krieket - Warren Stoman by warren@jvrprim.co.za Skaak - Raché de Goede by rache@jvrpri.co.za Baie dankie vir julle dringende...
Dapper Stappers: Gereelde vrae
Ons gaan stap een keer per kwartaal 'n lekker roete saam met leerders in Gr.4-7 en hul ouers. Indien die gesin 'n jonger boetie of sussie het wat graag wil saam stap, is hulle welkom mits hul ouers saam gaan. Indien daar ouers is wat graag betrokke by die reël van die stappe wil raak en lekker idees vir roetes het, stuur 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Die uitnodiging word as 'n Google Form per e-pos aan ouers met kinders in Gr.4-7 gestuur. Hierdie kwartaal stap ons op 26 Februarie die Kromrivierroete net na die Hugenote Tonnel. Indien iemand nie die Google Form ontvang het nie, maar graag wil saam stap, stuur gerus 'n e-pos aan...
Geagte Ouers / Voogde
Groot was die opwinding op Vrydag, 11 Februarie, met die aanbied van die jaarlikse senior swemgala. Die weer was absoluut perfek en ons leerders was so in hul noppies om hul geliefdes langs die swembad te sien wat hul luidkeels aangemoedig het om net hul beste te doen. Vir so ‘n lang tyd was daar geen toeskouers toegelaat nie en dit was net ongelooflik hoe ‘n groot verskil die teenwoordigheid van ouers, voogde, oumas en oupas tydens die swemgala gemaak het. Weer eens besef ‘n mens die massiewe negatiewe impak wat Covid-19 op ons lewens gemaak het. Ons is egter dankbaar dat ‘n bietjie van normaliteit teruggekeer het en mag ons net verder daarop bou en nie toelaat dat die pandemie ons onderkry nie. Lees gerus meer onder die sportafdeling in die nuusbrief van die uitslae en die bekerwenners. Vrydagoggend, 11 Februarie, het die Gr.1’s as ‘klinker’-superhelde skool toe gekom. Dit was groot pret en als deel om op ‘n praktiese wyse die klinkers vir die Gr.1’s te demonstreer en vinnig het hulle geleer dat ‘n mens nie sinne sonder klinkers kan bou nie. Baie dankie aan al die Gr.1-opvoeders wat ook in hul superheld-uitrustings opgedaag het. Graag wil ek vir Mika van der Walt (Gr.1-leerder) hartlik bedank wat na afloop van die geleentheid, sonder dat ‘n juffrou vir haar gevra het, al die papiere wat rondgelê het gaan optel het en dit in die vullisdromme gegooi het. Sy het dan ook tydens die Grondslagfase se saalbyeenkoms op Dindag, 16 Februarie, die Jannie van die week-toekenning ontvang vir die pragtige voorbeeld wat sy vir ons almal gestel het. Ons...
Senior swemgala uitslae: 11 Februarie
Op Vrydag, 11 Februarie, kon ons vir 'n slag 'n volwaardige Senior swemgala aanbied. Dit was 'n wonderlike geleentheid waar onderwysers, ouers en kinders weer saam goeie weer en uitstekende swemtalent kon waardeer. Baie dankie aan almal wat die dag deelgeneem het en elke ouer, oom, tannie, oupa, ouma en afrigter wat ons swemmers ondersteun het. Baie geluk aan die volgende bekerwenners: Lisa-Marie Marais Beker (Junior dogter): Stella Pansegrouw Marie Louise Lubbe Beker (Junior seun): Delmar Benecke Hattingh Beker (Senior dogter): Sophia Liebenberg Riëtte van Reenen Beker (Senior seun): Daxton Liversage Ons bied op Vrydag, 4 Maart, die Junior swemgala aan en sal daarna die Kleurspanwenners aankondig. Volg gerus die skakel vir die dag se uitslae van die top 6 per...
Vriendskaplike aksienetbalspan vir o/11 – o/13
Heelwat van ons leerders het gedurende die af-seisoen begin om aksienetbal te speel en ons kan duidelik die verskil in hul spel sien. Een van ons o/13-mammas het aangebied om die span te bestuur. Die span bestaan uit verskeie spelers en roteer gereeld omdat almal nie elke week beskikbaar is nie. Die wedstryde vind Maandae tussen 17:00 - 18:00 by Montague Gardens se Aksienetbalbane plaas. Enige o/11 - o/13 netbalspelers wat belangstel om deel van die groep te word, kan vir Linde Liebenberg direk by 083 564 1170 kontak ....
O/11-Krieketwedstryde: 16 Februarie
Hierdie week het ons twee o/11-spanne gehad wat wedstryde gespeel het en ons is baie opgewonde om te sien dat ons getalle vir krieket so mooi groei! Die o/11 A-span het teen SASC (5) se span op die Conradieveld gespeel en met 9 paaltjies gewen. Die kaptein van die wedstryd was Ruben Eksteen. Hy het al vroeg in die dag begin planne maak vir sy span deur die weer dop te hou en strategieë te beplan. Ons o/11 B-span het teen Herzlia Highlands op hulle velde gespeel. Herzlia het 100 lopies aangeteken en ons teken 106 lopies aan en wen die dag met 6 lopies. Ouers kon weer die wedstryde bywoon en dit was lekker om hulle ook langs die veld te hê. Baie dankie aan Juffrou Ischké Felix en Juf. Sharon Mabena wat saam met die afrigters die spanne vergesel...
Tenniswedstryde: 16 Februarie
Al ses ons tennisspanne het op Woensdag, 16 Februarie, aan verskeie wedstryde deelgeneem. Die uitslae was soos volg: Noord-liga Seuns o/13 A [Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Gustav Pansegrouw & John Gillmer] verloor 0 - 6 teen Welgemoed o/13 A-Seuns Dogters o/13 A [Klara Maree, Stella Lamprecht, Katia van Wyk & Jeanne van Heerden] verloor 0 - 6 teen Welgemoed o/13 A-Dogters Gemengde D-span [Johan Symington, Ané Swanepoel, Stella Pansegrouw & Daniel Welgemoed] wen 4-2 teen Vredekloof Gemengde A Table View-liga Gemengde 1ste span [André Marais, Stella Zulch, Anna Louw & Pierre-Jaque Smit] gelyk 3-3 teen Rallim Gemengde 2de span [Jan-Willem Silvis, Noah Blomerus, Liza Hertzog & Cara Swanepoel] wen 5-1 teen CBC St. John's Seuns A [Rafa Lamprecht, Caleb Smit, Ruald naude & Thomas Boshoff] verloor 1-5 teen Elkanah House Senior Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week...
Junior Swemgala reëlings vir 4 Maart
Die Junior Swemgala vind op Vrydag, 4 Maart, plaas. Ons wil graag 'n paar algemene reëlings vir die dag oordra. Ons sal om 09:00 afskop met die eerste item. Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Hulle sal mooi moet luister wanneer 'n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie. Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Die beleid is dat swemmers asb. met die skool se swembroek moet swem. Indien hulle nie een vir die dag kry nie, gaan ons die vergunning maak dat hulle 'n donkerblou swembroek mag dra. Pak asb. droë onderklere in. Indien 'n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet die feeshempie en 'n blou skort / kortbroek dra. Kinders mag nie om die swembad of deur die skool hardloop nie anders verloor hulle span punte. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak. Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die O/9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag...
Musiekkonserte Gr.1-3
Ons skop die jaar af met twee musiekkonserte deur die Gr.1-3-leerders. Vir die jonger leerders sal dit dalk die heel eerste keer op 'n verhoog wees en maak dit 'n baie spesiale geleentheid (al is dit net dalk 3 nootjies!). Ouers is welkom om die geleentheid by te woon. Teken solank die datum aan: Dinsdag, 22 Maart (net na die langnaweek) Gr.1 en 2 - 08:30 Gr.3 -...
Roomys verkope
Vrydag, 25 Februarie, gedurende eerste pouse verkoop die sosiale komitee roomyse! Pryse wissel tussen R10 - R20. Onthou om 'n geldjie skool toe te stuur!
KLEIDUIF KOMPETISIE
Versoek: Parkering
Ons versoek dat niemand op die bus se parkering op die agterste veld onder die bome stop nie. Die skool se bussies moet dan in die son staan en dit is nie ideaal nie. Dankie vir julle samewerking!
Geagte Ouers / Voogde
Die Beheerraad se eerste amptelike beheerraadsvergadering vir die jaar is Maandagaand gehou om te verseker dat ons trotse skool 2022 soomloos aanpak en van krag-tot-krag sal gaan. Graag wil ek by voorbaat ons Voorsitter, Merwe Scholtz, en die ouerkomponent van die beheerraad naamlik Izelle Venter (onder-voorsitter), Esri Marais, Marié Cruywagen, Andries Viljoen en Marili Thomson (Tesourier) hartlik bedank vir hul waardevolle insette asook die kosbare tyd wat hulle spandeer om die funksionaliteit van ons spogskool te verseker. Op Dinsdag, 8 Februarie 2022, het 50 van ons atlete by Hoërskool Kampsbaai aan die Interskole Atletiekbyeenkoms wat deur die Duitse skool gereël is, gaan deelneem. Ons atlete het baie goed gevaar met 37 atlete wat na die volgende rondte vorder. Sien die uitslae onder die Sport afdeling in die nuusbrief. Dit was so jammer dat weens omstandighede buite ons beheer julle as ouers/voogde nie die byeenkoms kon bywoon nie. Ek het wel waargeneem dat van ons ouers vinnig ‘n plan gemaak het om vanuit ‘n ‘strategiese’- en hoër hoogte die byeenkoms op ‘n afstand dop te hou. Baie dankie aan ons opvoeders wat as beamptes opgetree het asook Razelle en Shahneé wat die administrasie van die hele byeenkoms hanteer het. Op Woensdag, 9 Februarie, het verskeie tenniswedstryde asook ‘n o/11-krieketwedstryd plaasgevind. Graag wil ek die ouers/voogde komplimenteer wat die wedstryde weer so getrou begin bywoon om ons Jannies te ondersteun. Soos Rudi Badenhorst vir my Woensdag tydens die o/11-krieketwedstryd teen Laerskool Kampsbaai gesê het: "Wat ‘n voorreg om as ‘n ouer weer na ‘n lang tydperk langs die sportveld te kan wees." Ons is so dankbaar dat ons Jannies weer aan...
Atletiekuitslae: Interskole byeenkoms
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026