Die Junior Swemgala vind op Vrydag, 4 Maart, plaas. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings vir die dag oordra.

  • Ons sal om 09:00 afskop met die eerste item.
  • Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Hulle sal mooi moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word.
  • Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Die beleid is dat swemmers asb. met die skool se swembroek moet swem. Indien hulle nie een vir die dag kry nie, gaan ons die vergunning maak dat hulle ‘n donkerblou swembroek mag dra. Pak asb. droë onderklere in.
  • Indien ‘n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet die feeshempie en ‘n blou skort / kortbroek dra.
  • Kinders mag nie om die swembad of deur die skool hardloop nie anders verloor hulle span punte.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van ‘n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak.
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag [Vir die O/9 wisselslag AFLOS gaan ons die vlinderslag met Vryslag vervang]
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Sien die onderskeie galas se itemlys vir die program. Ons gaan nie ‘n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel leerders aan elke item gaan deelneem nie. Vir die Junior gala behoort ons rondom 12:00 klaar te maak.
  • Leerders kom gewone tyd skool toe en mag eers aan die einde van die gala huis toe gaan. Ons vra dat ouers ons asb. hiermee ondersteun en nie enige leerders voor die einde van die gala sal huis toe neem nie.
  • Ouers en buiteafrigters is welkom om die gala by te woon.
Kleuregala program 2022 - Itemlys Gr 1-3