Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Woensdag, 23 Maart, skool toe gebring word.

/ Algemeen, Nuus

Hierdie week sluit ons met die besige somersportprogram af waartydens baie sportwedstryde plaasgevind het. Volgende week begin ons met wintersport. Verskeie wedstryde en sportdae is vir kwartale 1 en 2 geskeduleer. Ek kan net soos julle nie wag om ons sportspanne aan te moedig nie.

Vrydag, 4 Maart, het ons die jaarlikse junior swemgala aangebied. Selfs die weer het op dié spesiale dag mooi saam gespeel met toeskouers wat luidkeels ons Grondslagfase swemmers toegejuig het. Graag bedank ek ons ouers/voogde wat tyd afknyp om hul kind(ers) tydens sportaktiwiteite te ondersteun. Al wys die kinders dit nie, is julle teenwoordigheid tydens sportbyeenkomste kosbaar vir hulle. Baie dankie ook aan almal wat die klasbraai op Vrydagaand, 4 Maart, bygewoon het. Die lekker kuier en gesellige samesyn is kosbaar en ‘n tradisie wat ons vir nog lank sal omhels.

Die afgelope week was die fokus primêr op ons kernbesigheid, naamlik akademie. Grondslagfase het die eerste week van hul assesseringsweek suksesvol voltooi terwyl die intersenfase elke Vrydag tydens toetsperiode hul assessering vir die kwartaal aflê. Ek maak graag van die geleentheid gebruik om die opvoeders hartlik te bedank vir die handhawing van hoë akademiese standaarde. Die hoeksteen van ons suksesvolle kurrikulumbestuur sluit onder andere assesserings in wat deeglik beplan en opgestel word. Daarna volg dit ‘n effektiewe modereringsproses en elke formele assessering word deur my afgeteken. Laerskool Jan van Riebeeck was nog altyd bekend as ‘n skool wat se hoë akademiese standaarde ononderhandelbaar is en op hierdie manier van ander skole onderskei word. Baie dankie dat julle jul kinders tydens die assesseringsweke en deurlopede assessering ondersteun.

Op Dinsdag, 8 Maart, het Juffrou Michelle vir ons Grondslagfase ‘n insiggewende en praktiese boodskap oor ons waarde van die maand, naamlik Omgee tydens ons weeklikse saalbyeenkoms gelewer. Tydens die saalbyeenkoms het ons ook vir die eerste keer pragtige sertifikate vir die ‘Jannies van die Week’ oorhandig. Hierdie inisiatief is deur juffrou Nicola geïnisieer om ons Grondslagfase-leerders erkenning te gee wat werklik ons kernwaardes daagliks uitleef sonder dat die juffrouens dit vra. Trots het die volgende leerders saam met my op die verhoog verskyn:

  • Noa Rademan
  • Jan-Jurie Fourie
  • Kitty Partner
  • Christopher Hoffman
  • Cailyn Visser
  • Damian Daniels
  • Julia Schincariol
  • Louis Greeff-Cronjé

‘n Dringende versoek rig ek graag aan ieder en elk: Kyk mooi na jou skool- en sportklere asook persoonlike besittings wat skool toe gebring word. Indien jou kind met ander kinders se tasse, klere, ens. by die huis opdaag, stuur dit asseblief die volgende oggend reeds saam met hom/haar terug skool toe (verlore goedere). Die meeste van ons leerders se klere en persoonlike items is gemerk. Baie dankie vir jou samewerking in die verband.

Laat my asseblief toe om spesiaal vir Sophia Liebenberg (gr. 7) sterkte toe te wens vir môre se Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms in die Paarl. Sophia is ons enigste leerder wat vanjaar WP Klere vir atletiek verwerf het en sy gaan môre aan verspring en spiesgooi deelneem. Sophia, ons is baie trots op jou! Sterkte ook aan ons o/13A-rugby- en netbalspanne wat die naweek aan die Bulfeestoernooi te Porterville deelneem.

Ek sluit dan af met die volgende aanhaling rakende die skool se waarde van die maand, naamlik OMGEE:

“Te dikwels onderskat ons die krag van ‘n glimlag, vriendelike woorde, ‘n oor wat luister, ‘n opregte kompliment, of die kleinste bietjie omgee, alles wat die potensiaal het om iemand se lewe heeltemal te verander.”

Geniet die naweek! 

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons wil graag alle graad 7-ouers/voogde aanmoedig om so gou as moontlik vir hoërskole vir 2023 aansoek te doen. Alle aansoeke moet deur die Wes-Kaapse Department van Onderwys se aanlynstelsel gedoen word en aansoeke kan vanaf Maandag, 14 Maart, tot Vrydag, 15 April, ingedien word. Die stelsel sal jou toelaat om 3-5 skole van jou keuse aan te dui, maar onthou asseblief om jou aansoek met die nodige ondersteunende dokumentasie op te volg soos elke skool se toelatingsbeleid verreis. Besoek gerus die Departement se webtuiste hier om aansoek te doen.

/ Algemeen, Nuus

Willem Vorster en Frank van der Walt is kranige Rubik-kubus spelers. Sondag, 6 Maart, was hulle beoordeelaars in ‘n SA-kompetisie wat plaaslik by Hoërskool Seepunt plaasgevind het en is deur speedcubes.co.za aangebied.

Dit was ‘n interessante dag met baie opwinding waar spelers van regoor Suid-Afrika verskillende kubusse opgelos het – 2×2, 3×3, 4×4, pyraminx en selfs 3×3 geblinddoek!

Dit is die twee se fokus om volgende keer self as spelers deel te neem.

/ Dapper Stappers, Nuus

Sien gerus verlede week se nuusbrief of kliek HIER vir die nuusbrokkie i.v.m. kwartaal 2 se twee dag stap in die Boesmanskloof.

  • Almal wat saam stap, moet verkieslik al ten minste ‘n langerige dagstap vantevore gedoen het.
  • Kinders onder 10 is welkom, mits hulle al ‘n stap gedoen het en jy seker is hulle sal nie halfpad moed opgee nie.
  • Die bedrag betaalbaar sal binnekort op Karri gelaai word vir almal wat die vorm ingevul het. Jy sal op hierdie manier jou plek verseker.
  • Kliek HIER vir die vorm.
/ Algemeen, Nuus

Die geboorte van ‘n baba bly nou maar net ‘n wonderwerk.  Ons is baie opgewonde om die nuutste toevoeging tot ons Jannies-familie te verwelkom!  Baie geluk aan die trotste pappa en mamma wat verlede Woensdag, 2 Maart, hul babadogtertjie verwelkom het.  Ons weet dat sy sommer baie pret en vreugde aan die Hanekom-gesin sal voorsien.  

/ Algemeen, Nuus

Dit is aangenaam om te rapporteer dat die sport- en kultuurprogram amper weer in volle swang is met verskeie wedstryde, byeenkomste en galas wat plaasvind. Opvallend is die dankbaarheid onder ons ouers/voogde dat ons leerders weer die geleentheid kry om aan sport- en/of kultuuraktiwiteite te kan deelneem.

Vir die eerste keer in 2 jaar gaan van ons Jannies weer opvoedkundige kampe bywoon. Groot was die opwinding en die energievlakke op Woensdagoggend, 2 Maart, toe ons gr. 5-leerders na die SOS-Kamp vertrek en die gr. 7’s na die Melkboskamp. Hierdie puik opvoedkundige kampe is ook ‘n verlengstuk van die skool en bied ‘n wonderlike geleentheid waar karakter gebou word, kommunikasievaardighede verbeter word asook die ontwikkeling van emosionele- en leiereienskappe. Wees verseker dat die kampe wat ons bywoon ‘n gestruktureerde, veilige en vriendelike omgewing vir ons leerders bied. Ek weet die gr. 5 en 7-Jannies gaan hul gate uit geniet en ek glo dat hulle nie kan wag om al die wonderlike stories en avonture wat hulle die afgelope 2 dae beleef het, met julle te deel nie.

Ek het ook die wonderlike voorreg om leerders se werk en/of projekte te sien wat hulle op ‘n daagliks basis by my mee kom spog. Ons leerders is ongelooflik talentvol en ek wens ek kan al die spogstukke en stories met julle deel. Dit is wonderlik om te sien dat ons leerders die vrywmoedigheid het om my kantoor te kom besoek, al is dit net om te groet, ‘n storie te deel of ‘n lekkertjie te vra – dit is so kosbaar! Dit is vir my belangrik dat die leerders moet weet daar is vir hulle ‘n oopdeurbeleid na die skoolhoof se kantoor. Meeste van ons het die skoolhoof se kantoor soos die pes vermy, want dit het altyd gepaard gegaan met ‘n negatiewe konnotasie. Vir my is dit egter belangrik dat ons leerders moet weet ek het baie deernis met hulle en ek stel opreg in elkeen van hulle se welstand belang. Die skool is my “happy place”, want ek geniet my werk terdeë en dit is vir my ook belangrik dat die skool hulle “happy place” moet wees waar elkeen erkenning binne ‘n veilige leeromgewing ontvang.

Ek wil nie soos ‘n platespeler klink wat vasgehaak het nie, maar ek doen weer ‘n ernstige beroep op ouers/voogde en au pairs wat kinders agter by die skool vanuit “New Church” kom aflaai en optel om asseblief nie op die ‘aflaai en ry-sone’ te parkeer nie (sien bordjies). Hou asseblief te alle tye die ’rooi rybaan’ oop vir verkeer om te vloei. Indien jy vroeg arriveer en daar wil wag tot jou kind opdaag, parkeer asseblief in die parkeerareas en nie op die ‘aflaai en ry sone’ nie sodat die vloei van verkeer nie belemmer word nie. Ons vra ook dat kinders asseblief vinnig (“kiss and drop off”) afgelaai en opgelaai word om die vloei van die verkeer te verseker. Ons is van die min skole waar ouers/voogde wel die voorreg het om hul kinders op die skoolperseel te kan af- en oplaai. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.

Op daardie noot wil ek afsluit met die volgende aanhaling rakende die skool se waarde van die maand, naamlik OMGEE:
“Liefde en omgee is verniet, jy kan dit elke dag uitdeel sonder dat dit ooit opraak. Dit kos nie ‘n sent nie, maar is goud werd.”

Geniet die naweek en sien julle vanaand by die klasbraai wat vanaf 18:00 by die Conradievelde plaasvind.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons herinner julle graag dat aansoeke vir 2023 vir nuwe leerders oop is. Onthou asseblief om betyds vir gr. 00 aansoek te doen en laat weet enige ander belangstellende ouers buite die skool. Ons sluitingsdatum is einde Maart.

Groete

Die Huppellandspan

/ Dapper Stappers, Nuus

Ons wil graag in die tweede kwartaal ‘n twee dag stap te doen. Die roete begin in Greyton. Die stap is in die Boesmanskloof en volg dieselfde roete uit sodat ‘n mens weer in Greyton eindig.

Kostes:

Permit – R50 per persoon per dag (m.a.w. R100 per persoon vir die 2 dae)
Verblyf – R300 per persoon (10 jarige ouderdom en op)

Datum:

Begin Saterdag, 28 Mei. Stap Sondag, 29 Mei , terug.
*Sport wat daardie naweek plaasvind kry voorkeur.

Afstand & Tydsduur:

12.5 km, 5-6 ure

Moeilikheidsgraad:

Gemiddeld, afhangend van jou fiksheidsvlak. Jy moes verkieslik al ‘n langer dagstap gedoen het. Jy moet ‘n rugsak met jou kos & klere saam vat. Daar is beddegoed by die huisies waar ons sal slaap. Die roete het ‘n paar opdraendes aan die begin & einde van die stap, maar die grootste deel van die stap is plat. In die middel van die roete is daar ‘n groot swemgat en waterval om bietjie in af te koel.

Vorm:

Kliek HIER vir die vorm om in te skryf.

Navrae:

Kontak my gerus indien jy enige navrae het: suzaan@jvrprim.co.za
Volg hierdie SKAKEL vir foto’s en inligting i.v.m. die verblyf.
Volg hierdie SKAKEL om meer oor die roete uit te vind.

/ Algemeen, Nuus

Week 6 het sommer lekker flink afgeskop met ‘n baie besige sportprogram. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe al ons Jannies aktief aan die verskillende sport- en kultuuraktiwiteite by die skool deelneem. Na 2 jaar is die kinders se belangstelling om aan die buitemuurse program deel te neem op ‘n ‘nuwe’ energieke vlak. Dit herinner ons dat ons vir jare die normale funksionering van die samelewing as selfsprekend aanvaar het en groot was die ontnugtering met die koms van ‘n wêreldwye pandemie.

Hierdie afgelope week het ons Jannies aan verskeie krieket- en tenniswestryde asook die subsone atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Ek is so trots om aan te kondig dat van die 37 atlete wat daar op Woensdag, 23 Februarie, deelgeneem het, gaan 15 atlete deur na die distriksbyeenkoms wat op Saterdag, 26 Februarie, te Vygieskraal plaasvind. Ek verwys graag na die res van die nuusbrief. Ons o/13-krieketspanne het die afgelope week twee wedstryde gespeel. Ek wil nie graag leerders uitsonder nie, maar ek sal my van my taak kwyt indien ek nie melding maak van Werner Steyn (Gr. 7) wat op Dinsdag, 22 Februarie, ‘n ongelooflike kolfbeurt tydens ‘n T20-wedstryd weg teen Laerskool Parklands gehad het. Hy het ’n blitsige 102 lopies van slegs 54 balle aangeteken waarop iemand soos AB de Villiers ook baie trots sou wees. Baie geluk aan Adan Eksteen wat ook 57 lopies tydens die wedstryd geslaan het en soos julle kan aflei, het ons met ‘n allemintige 188 lopies gewen. Welgedaan aan meneer Warren en sy span, julle maak ons baie trots! Ons 6 tennispanne het ook die week goed gevaar en gaan van krag-tot-krag. Op Saterdag, 19 Februarie, het ons skaakspelers aan Laerskool Welgemoed se individuele skaaktoernooi deelgeneem. Baie geluk aan Bella Naylor wat die beste dogtersprys gewen het. Ons is baie trots op jou, Bella. Baie geluk aan al ons sportleerders en afrigters wat ons skool so mooi verteenwoordig.

Dinsdag, 22 Februarie 2022, was natuurlik ‘n baie unieke dag, want dit is Palindroomdag. Dit beteken dat die datum presies dieselfde bly al lees jy dit van links na regs of van regs na links. Hierdie 8-syfer Palindroomdae is uiters skaars. In die vorige eeu was daar geen, maar hierdie eeu is daar 29 as jy die datum skryf met eers die dag, dan die maand en dan die jaar.

Ek, juffrou Izel en die leerderraad het die wonderlike voorreg gehad om saam met 9 ander laerskole se leerderrade op Donderdag, 24 Februarie, ‘n heerlike Leierskapontbyt te Hoërskool Jan van Riebeeck by te woon. Die ongelooflike funksie is in die pragtige tuin voor die Welgemeend gehou met die voormalige Springbokkaptein, Corné Krige, as die gasspreker. Sy insiggewende toespraak het oor leierskap gehandel en sy nederigheid het ‘n groot indruk op al die jong leiers en almal teenwoordig gemaak. Hy het ons almal uitgedaag om die beste van jouself elke dag te wees en mense te inspireer dat daar hoop is. Ons land hunker so na hoop en dit maak sy boodskap so treffend. Wees elke dag jouself soos ons leuse sê, maar wees die beste van jouself elke dag – dan gaan ons ‘n groot verskil maak. Baie dankie Karien Zulch en die skoolhoof, mnr. Pieter Rademeyer, vir die uitnodiging en baie geluk met ‘n puik funksie waarop julle baie trots kan wees. Dit was so lekker om ons oud-leerders en verlede jaar se Gr.7-leerders weer in aksie te sien.

Ek doen ‘n beroep op ouers/voogde en au pairs wat kinders agter by die skool vanuit “New Church” kom aflaai en optel, om asseblief so te parkeer dat die ’rooi rybaan’ te alle tye nie geblokkeer word nie. Indien jy vroeg arriveer en daar wil wag tot jou kind opdaag, parkeer asseblief so dat die vloei van verkeer nie belemmer word nie. Ons vra ook dat kinders asseblief vinnig (“drop and go”) afgelaai en opgetel word om die vloei van die verkeer te verseker. Daar is verskeie motorbestuurders wat die afgelope tyd nie hulle samewerking gegee het nie en onnodig ouers/voogde warm om die kraag gemaak het. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.

Op daardie noot wil ek afsluit met die volgende aanhaling deur Jonathan Garcia-Allen oor verdraagsaamheid:

“Verdraagsaamheid is die irriterende gevoel dat ander mense op die ou end reg kan wees.”

Geniet die naweek en sterkte aan almal betrokke by sport oor die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

HS JvR hou Afrikaans-week en bied ‘n heerlike kaas-en-wyn aand op Donderdag, 3 Maart, om 18h00 aan. Dit is ‘n inisiatief wat ons graag met die Laerskool saamdoen!

/ Algemeen, Nuus

Na amper twee jaar van inperkings gaan ons weer Jannies vir Jesus hervat! Hierdie projek is in 2019 geloods om ons Jannies die geleentheid te gee om hul geloof uit te leef. Vrywillige Jannies het lekker saam gesing en na ‘n kort boodskap geluister. Ons is baie opgewonde dat die Groote Kerk ook hierdie jaar betrokke gaan raak. Ds Marietjie Steyn of hul jeugwerker (wat binnekort aangestel word) of ‘n onderwyser sal die boodskap behartig. Ons beoog ook om ons gr.7’s en entoesiastiese kitaarspelers by die aanbieding te betrek.

Ons nooi alle gr.1-7-leerders en hulle ouers uit om betrokke te raak!
Wanneer? Elke Donderdagoggend (Begin 10 Maart)
Waar? Skoolsaal
Tyd? 07:15 – 07:40

Rig alle navrae aan lucia@jvrprim.co.za

/ Algemeen, Nuus

Dis weer tyd om heerlik op 23 April 2022 op die skoolgronde saam te kuier. Merk solank die datum op jou kalender sodat julle nie uitmis nie. Ons het julle kostalente by die Oor-Die-Kole kompetisie nodig. Kliek op die GOOGLE FORM vir al die inligting en om in te skryf. Vul asb. die Google Form voor 25 Maart 2022 in om jou land/span in te skryf. Kontak vir Martie Viljoen 084 601 5640 | martie.viljoen7@gmail.com of Ria Hertzog 082 320 3288 | oov@jvrprim.co.za met enige vrae.

/ Algemeen, Nuus

Alle Gr.5 – 7-Jannies word na ons skitterende ‘disco’ dans op Donderdag, 17 Maart 2022, genooi!
Tyd: 18:00 – 21:30

Kaartjies sal vanaf Maandag, 28 Februarie, op die Karri-toep teen R60 beskikbaar wees.
Kaartjies sluit ‘n worsrolletjie en ‘n koeldrank in.

Die snoepie sal die aand oop wees.

Belangrike Datums

februarie 2026

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb(feb 27)00:0026(feb 26)23:59Adri Marais (Admin) verjaar

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer