Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ons sien uit na ons jaarlikse klasbraai wat op Vrydagaand, 23 Februarie, vanaf 18:00 by die Conradieveld plaasvind. Kom kuier asb. saam deur ou en nuwe Jannie-vriendskappe te koester. Bring gerus jou eie piekniekmandjie of vleisie, kampstoele, komberse, ens. saam. Ons voorsien braaidromme en -hout. Die braaidromme word in graadgroepe van stygende orde (gr. 1 – 7) vanaf die hek tot by die klubhuis gerangskik. Kom kuier lekker saam waartydens ons die mooiste uitsig in die land kan vier!

/ Algemeen, Nuus

Om ‘n kind wat ‘n woedeuitbarsting het, te kalmeer sonder om sélf kwaad te raak, is ‘n uitdaging. Daar is wel ander maniere wat ‘n ouer kan probeer om sy of haar kind te kalmeer.

  • In plaas van: “‘n Kind wat al so groot is soos jy, tree nie meer soos ‘n baba op nie…”
    Probeer: “Grootmense voel ook soms soos jy nou voel. Dit is okay. Dit gaan weer verby…”
  • In plaas van: “Moenie wáág om dit te doen nie!”
    Probeer: “Jy mág kwaad raak, maar ek gaan nie toelaat dat jy iemand seermaak nie! Ons moet mekaar veilig hou …”
  • In plaas van: “Moenie so moeilik wees nie!”
    Probeer: “Dit is ‘n moeilike een. Kom ons kyk of ons dit nie saam kan probeer oplos nie!”
  • In plaas van: “Jy is onmoontlik!”
    Probeer: “Ek kan sien jy sukkel hiermee…”
  • In plaas van: “Hou op om so te kla!”
    Probeer: “Kan jý aan ‘n oplossing dink?”
  • In plaas van: “Gaan onmiddellik na jou kamer toe!”
    Probeer: “Ek wag hier by jou totdat jy beter voel en reg is vir ‘n drukkie…”

MARIKE BADENHORST
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

/ Algemeen, Nuus

Tydens die inligtingsaand van 23 Januarie en na vele gesprekke met verskeie ouers/voogde kom ek tot die besef dat die meeste ouers/voogde salig onbewus is oor die beginsel van Groei-ingesteldheid (‘Growth Mindset’) by die skool. Ons het groei-ingesteldheid alreeds in 2023 by die skool uitgerol en wil vanjaar dit verder beklemtoon en ontwikkel. Laat my dus toe om in ‘n neutedop die beginsel van groei-ingesteldheid te verduidelik. Pas dit gerus in julle gesinslewe toe. Dit het juis begin met ‘n mens se eie gedagtes veral as sukses jou die gedurig ontwyk. Mense met ‘n vaste-ingesteldheid (“Fixed Mindset”) glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee jy gebore word en dat dit nie kan verbeter nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal kan baasraak. Hierdie tipe mense omhels uitdagings, volhard deur struikelblokke, leer uit kritiek en soek inspirasie in ander se suksesse.

Ons doel met groei-ingesteldheid is juis om ons leerders en personeel te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, insluit. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word. Dus wil ek versoek om jou kind/ers onder jou wakende oog ‘n kans te gee om ‘n bietjie, maar tog verantwoordelik te waag en selfs te misluk terwyl hulle nog jonk is sodat die spreekwoordelike groei-ingesteldheid se ‘spiere’ kan oefen. Vertel vir jou kinders dat bekendes soos Albert Einstein, Walt Disney, Steve Jobs, Michael Jordan en Oprah Winfrey verskeie mislukkings ervaar het, voordat hulle sukses behaal het. Hulle het egter nooit tou opgegooi of weggestap van hul drome nie. ‘n Mens leer dikwels die belangrikste lewenslesse wanneer jy misluk. Ek sê gereeld vir ons sportspanne dat ‘n mens eintlik net iets leer wanneer jy eers verloor. Kollektief moet ons, ons kinders leer dat om te verloor of te misluk deel van die lewe is. Ons moet eerder fokus dat ons nie verloor nie, maar eerder daaruit leer m.a.w. jy verloor nie, jy leer net!

Op Saterdag, 03 Februarie, het ons o.13A-tennisspanne (seuns & dogters) aan Laerskool Kenridge se tennistoernooi (dubbelspel) deelgeneem. Ons tennispselers het puik gevaar. Baie geluk aan die volgende spelers:

  • Ané Swanepoel & Stella Zulch behaal 2de plek (silwer) van hul B-dubbelsgroep.
  • Adriaan Wessels & Rafa Lamprecht behaal 2de plek (silwer) van hul A-dubbelsgroep.

Op Dinsdag, 06 Februarie 2024, het die interskole atletiekbyeenkoms te HS Jan van Riebeeck se velde plaasgevind. Ons atlete het puik gevaar en 19 atlete is deur na die volgende rondte. Baie geluk aan Jana Olivier wat die o.13 gewigstoot vir dogters gewen en die rekord verbeter het. Sy het egter drie maal in 6 gooie haar eie rekord verbeter. Dit is voorwaar ‘n merkwaardige prestasie. Baie dankie aan mnr. Leon en sy span vir al die puik reëlings. Julle maak ons baie trots! Die afgelope week het daar ook verskeie tennis- en krieketwedstryde plaasgevind. Die sportprogram is in volle swang en ek versoek al ons leerders om aan ten minste een somersport deel te neem.

Baie dankie aan juf. Andri wat op Dinsdagaand, 06 Februarie 2024, die inligtingsessie rakende redenaars met al ons belangstellende leerders en hul ouers aangebied het. Redenaars leer die leerders om hul verbale- en nie-verbale kommunikasievaardighede te verbeter, effektiewe navorsing te doen, denkprosesse te ontwikkel om mense van hul standpunt te oortuig en laaste maar nie die minste nie, help dit met selfvertroue.

Soos julle bewus is, beplan ons om aktief vanaf 2024 musiek en kultuur te promoveer deur die musiek- en kultuurspyskaart uit te brei. Ons wil graag ons leerders ook aan ander musiekinstrumente blootstel, dus was ons baie opgewonde toe ons nuwe musiekinstrumente (saksofone & viole) by die skool afgelewer is. Kontak gerus juf. Rolene (nuwe Hoof van musiek en kultuur) indien jou kind in musiek belangstel en musiekonderrig wil ontvang.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Sherman Finesilver en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Don’t worry about failure,
worry about the chances you miss when you don’t even try’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons versoek dat ouers van die agterste hek (Kerkstraat) gebruik maak om hul kinders in die middae te kom haal. Ouers / voogde kan agter parkeer of self afstap nasorgsentrum toe om hul kind te gaan haal, of jy kan vir die sekuriteitswag vra om jou kind via die “walkie talkie” te laat roep. Indien die sekuriteitswag jou kind laat roep, sal die nasorgpersoneel jou kind vergesel of opstuur na die afdakkie toe.

Ouers kan ongelukkig nie by die Kloofstraathek inry nie. Dit veroorsaak ‘n groot verkeersopeenhoping indien ouers voor by die skool probeer inkom aangesien daar net een in- en uitgang is. Hierdie hek is slegs vir personeel en besoekers aan die skool.

Baie dankie vir almal se samewerking.

/ Algemeen, Nuus

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.

Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is.

Wenke:

  • Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop.
  • Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop ‘n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak.
  • Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe.
  • Dit help ook om ‘n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam.
  • Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly het.
/ Algemeen, Nuus

Februarie-maand het gister skielik sy onverwagse opwagting gemaak, want die aanbreek van 01 Januarie 2024 voel vir my soos gister. Seker soos ‘n mens bietje ouer word, kom ek weereens tot die besef dat tyd besonders vinnig verby vlieg en vir niemand wag nie. Dus indien jy vanjaar beplan om nog iets spesiaal te doen, moenie wag nie liewe vriende, doen dit sommer onmiddellik!

Graag wil ek almal hartlik bedank vir al die mooi verjaardagwense wat ek sedert Vrydag, 26 Januarie ontvang het. Ek het op Sondag, 28 Januarie verjaar, maar is reeds vanaf Vrydag, 26 Januarie, tot in die spreekwoordelike afgrond deur die leerders en personeel bederf. Ek wens julle as ouers/voogde kon die spesiale dag by die skool saam met my beleef. Dit was so kosbaar. Die leerders se opregte omgee en kreatiewe verjaarsdagwense, sal ek verewig koester.

Op Saterdag, 27 Januarie, is die tweede Ouer- en kindsportdag vanaf 07:30 by die Conradieveld aangebied. Ek kon ongelukkig eers vanaf 11:00 by die spesiale sportdag aansluit aangesien ek, Marinda en Raché vanaf 08:00 die oggend by die Oude Molen Tegniese Skool departementele opleiding moes ontvang. Dit was wonderlik om te sien dat selfs teen 11:00 die oggend, hoeveel ouers/voogde saam met hul kinders nog steeds aktief aan die sportdag deelgeneem het. Alhoewel dit sommer lekker warm was, het ons ouers/voogde en leerders met hope entoesiasme deelgeneem. Die opgewondenheid en gees was aansteeklik en almal het hul gate uit geniet. Dit is die ideale geleentheid vir leerders, ouers en personeel om sommer lekker gees te vang en die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes en spelers opgetree asook registrasies en die snoepieverkope behartig het.

Die opwinding was groot toe ons die skool se 103de bestaansjaar op Woensdag, 31 Januarie, kon vier. Leerders het smullekker roomyse op die warm dag ontvang. Die stigting van ons trotse skool is alles te danke aan Japie Louw. Hierdie jongeheer het meer as ‘n eeu gelede net eenvoudig geweier om in Engels skool te gaan en dit het tot die stigting van Laerskool Jan van Riebeeck gelei. Soos Japie en nog menigte wat na hom gevolg het, het hy vinnig ontdek dat hierdie besondere skool baie meer as net geleerdheid bied. Hier ontdek jy jouself! Hier leer jy wat dit beteken om net jouself binne ‘n veilige omgewing met gekoesterde waardes te wees. Mag Laerskool Jan van Riebeeck vir nog ‘n eeu voortbou op sy suksesse en altyd ‘n waardegedrewe omgewing koester waar ‘n kind nog kind kan wees.

Die afgelope week het ons ook met tenniswedstryde begin. Vanmiddag neem ons aan ‘n swemgala by die Duitse Skool deel asook aan mini-krieketwedstryde by Laerskool Kampsbaai. Môre neem ons o.13A-tennispanne (seuns en dogters) aan ‘n tennistoernooi te Laerskool Kenridge deel. Die sportprogram en –wedstryde is dus in volle swang en my beste wense vergesel al ons leerders en afrigters.

Op Dinsdag, 06 Februarie 2024, geskied die interskole atletiek by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde. Sterkte aan al ons atlete en afrigters. Baie dankie aan Leon Hanekom wat jaar-in en -uit aan die stuur van sake by die interskole staan.

Laat my ook toe om die skoolhoof van Hoërskool Jan van Riebeeck, Pieter Rademeyer, en sy personeel hartlik geluk te wens met hul puik matriekuitslae van 2023. Hoërskool Jan van Riebeeck is weer uitgenooi na die nasionale merietetoekennings van SOS op 09 Februarie in Pretoria. Nie net haal hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar die gesogte lys nie, maar vier van hulle vakke haal die Top 20-lys van alle skole in die land naamlik:

  • Wiskunde: 13de in SA (2de van Afrikaanse skole)
  • Ingenieursgrafika en Ontwerp: 13de in SA (6de van Afrikaanse skole)
  • Afrikaanse Huistaal: 16de in SA
  • Fisiese Wetenskap: 17de in SA (4de van Afrikaanse skole)

Mag julle voortbou op al julle suksesse!

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor die lewe en groei-ingesteldheid deur Mahatma Ghandi en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“You must be the change that you want to see in the world!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die gesin is die eerste plek waar kinders hulself leer ken en begin voel hulle word aanvaar of nie. ‘n Ouer se reaksie op ‘n kind se emosies – al is dit intens – sal bepaal of die kind met gemak sy emosies in die toekoms gaan deel. Ons leer hulle dat geen emosie “reg” of “verkeerd” is nie, maar dit is ook ons “werk” om hulle te leer dat, hoewel alle emosies aanvaarbaar is, alle gedrág nie aanvaarbaar is nie. ‘n Moeilike taak om ‘n kind aanvaarbare reaksies te leer op die gevoelens wat hulle ervaar!

Ons is geneig om gedurig ons kinders se gedrag te korrigeer, want hoe anders gaan hulle leer? Dis egter moeilik om altyd kalm te bly en nie te laat deurskemer hoe jy werklik voel nie. Ons misluk soms. Ongelukkig word ‘n kind se gevoel van sekuriteit en selfwaarde dikwels direk gekoppel aan hoe ‘n volwassene optree en op wat hy of sy sê. ‘n Ouer se vermoë om hul eie emosies te hanteer asook hoe húlle verhoudings benader, bepaal dikwels die kind se optrede teenoor ander asook hoe hulle vriendskappe in die toekoms gaan hanteer.

Dit is onmoontlik om alle situasies ”korrek” te hanteer. Tog kan ons probeer om volgehoue positiewe terugvoer te gee. Hier is ‘n paar voorbeelde om op ‘n ander manier vir jou kinders te wys dat jy hulle waardeer en raaksien.

In plaas daarvan om vir jou kind te sê hy of sy is slim as hulle presteer, probeer:

  • “Ek kan sien jy het geoefen/ jou beste gedoen…”
  • “Ek is regtig trots op die keuse wat jy gemaak het om so hard te werk…”
  • “Wat ‘n kreatiewe manier om ‘n probleem op te los!”
  • “Ek waardeer die tyd wat jy ingesit het om vir hierdie toets te leer…”

Om ‘n kind se gevoel van selfwaarde te verhoog, kan ‘n mens dalk die volgende sê:

  • “Ek kan sien jy het baie tyd en moeite hieraan spandeer…”
  • “Het jy dit alles op jou eie gedoen?”
  • “Jy is regtig goed daarmee om probleme op te los…”

En om ‘n slag jóú kind onkant te vang, wat van:

  • “Ek is so bly jy is in my lewe…”’
  • “Ek is só trots op die mens(ie) wat jy besig is om te word!”

Hierdie manier van kommunikasie laat kinders voel hulle is suksesvol en dat jy hulle onvoorwaardelik liefhet. Probeer dit!

Marike Badenhorst
OPVOEDKUNDIGE SIELKUNDIGE

/ Algemeen, Nuus

Baie geluk aan mnr. Beets en Sanelda met hul seun (Naas) se puik matriekuitslae! Dis voorwaar ‘n trotse oomblik wanneer ons skoolhoof se seun deur die premier van ons provinsie ‘n spesiale uitnodiging ontvang om na sy woning vir ‘n oorhandigingseremonie te kom. Ja, die skrif is aan die muur – Naas Beets (junior) is onder die Top 10-presteerders in die Wes-Kaap. Hy het 7 A’s gedurende die eksamen behaal. ‘n Mooi voorbeeld en inspirasie. Ons wens hom alle sterkte toe met die volgende fase op sy lewensreis.

/ Algemeen, Nuus
  • 14 Februarie tydens 1ste pouse in die vierkant
  • Produkte en verskeie lekkernye word verkoop
  • Ten bate van graad 7-fondsinsameling

/ Algemeen, Nuus

Ons geliefde skoolhoof verjaar eerskomende Sondag, 28 Januarie. Meneer Beets, dankie dat elke liewe Jannie vir jou belangrik is! Jy moet lekker verjaar. ‘n Paar gr. 6’e het die spesiale gedig saamgeflans!

Aan die beste meneer waarvoor enige kind kon vra… Vir meneer Beets op sy verjaarsdag

Meneer Beets is die beste hoof,
hy sal hom altyd vir ons afsloof!
Hy sal vir almal groet,
maak nie saak, stout of soet!

Ons is altyd welkom in sy kantoor,
al voel hy soms goor.
Meneer is BAIE goed in gholf,
maar sy seun verkies ‘n krieketkolf.

Hy loer altyd in,
ons Jannies voel soos een groot gesin!
Meneer is altyd daar vir ons,
selfs wanneer ons ‘n netbalbal bons!

Hy trek altyd netjies aan,
selfs al staan hy op die tennisbaan!
Hy gee altyd wyse woorde in die saal;
daarom sal die gees nooit daal!

Meneer sal vir ons ‘n myl draf,
maar ongelukkig sluit ons nou af.
Ons skryf hierdie brief,
want vir Meneer is ons ongelooflik lief!

Met baie liefde van al die Jannies

/ Algemeen, Nuus

Met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal is alle skoolaktiwiteite in volle swang.

Op Maandag, 22 Januarie 2023, het die somerbuitemuurse program amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde rakende die opkoms van leerders wat aan die verskillende somersportkodes deelneem. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief te wees deur aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet.

Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 23 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het:

  • Delmar Benecke
  • Leah de Kock
  • Izzy du Plessis
  • Ruben Eksteen
  • Jeanne Koen
  • Anna Louw
  • Michaan Naylor
  • Karu Rademeyer
  • Emma Snijders
  • Bailey Thomson
  • Frank van der Walt
  • Willem Vorster
  • Stella Zulch

Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkie te behartig. My beste wense vergesel hulle vir die belangrike rol wat hulle as leerderleiers by ons skool gaan speel.

Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Dinsdag, 23 Januarie 2024, bygewoon het, hartlik bedank en gelukwens met die opkoms. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel van ‘n spesiale skoolgemeenskap wat omgee, te wees. Laat my toe om ons OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span hartlik te bedank vir die puik reëlings en harde werk wat die sukses van die aand verseker het. Die samesyn was kosbaar en die positiewe ‘gees’ onder die ouers/voogde was amper tasbaar. Die doel van die aand was natuurlik om inligting oor jou kind/ers se nuwe graad ouers/voogde oor te dra, asook om die personeel bekend te stel. Ek dink almal stem saam dat die funksie absoluut die regte geleentheid was om die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Ek glo ouers/voogde het ook die geleentheid gebruik om mekaar beter te leer ken, veral die graad 1-ouers asook al die nuwe ouers en daardeur nuwe vriendskappe te bewerkstellig.

Die pret en samesyn vir die week het egter nie by Dinsdagaand gestop nie, dus glo ek dat ek weer almal môre tydens die Ouer- en Kindsportdag by die Conradieveld sal sien. Laasjaar was dit vir die eerste keer aangebied en dit was ‘n reuse sukses. Ouers/voogde en kinders word op die dag in spanne van 6 lede gedeel wat bestaan uit 3 volwassenes en 3 kinders. Julle kan aan sokker, mini-krieket, ‘tag-rugby’ en veldnetbal deelneem. Neem gerus deel, geniet die dag saam met jou kind/ers en indien jy bekommerd is oor ‘n ‘ou’ besering, ons gaan spesiaal van professionele noodhulp gebruik maak. Daar sal ook heerlike koffie, eet- en drinkgoed te koop wees. By voorbaat dankie dat julle die dag gaan ondersteun. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes gaan optree asook registrasies en die snoepieverkope gaan hanteer.

Baie geluk aan Susan (nasorg) wat vandag verjaar, ons wens vir haar ‘n geseënde nuwe lewensjaar toe!

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor die lewe en groei-ingesteldheid deur George Bernard Shaw en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Life is not about finding yourself.
Life is about creating yourself”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Belangrike Datums

maart 2026

17mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Gholfdag - King David Mowbray

19mrt(mrt 19)00:0018(mrt 18)23:59Boekverkope

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

20mrt00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (WEG) o.13A Seuns & Dogters

21mrt(mrt 21)00:0020(mrt 20)23:59Netbal: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Rugby: Kampsbaai (TUIS) o.7 - o.13

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

23mrt10:3011:30Gr.7 Musiekkonsert

23mrt11:3012:30Gr.6 Musiekkonsert

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt(mrt 25)00:0024(mrt 24)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

26mrt(mrt 26)00:0025(mrt 25)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

27mrt(mrt 27)00:0026(mrt 26)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr14:1518:00Skaak: Middagkamp

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer